Iewers in verlede jaar, seker in Desember, het ek met Revive Our Hearts se 30 dae van dankbaarheid begin en dit toe sommer op Facebook ook aangekondig dat ek vir 30 dae elke dag my dankbaarheid op een of ander manier gaan betoon. Ek is nog nie klaar met Revive Our Hearts se 30 dae nie, maar op Facebook trek ek nou al by dag 70 rond.
Daar is een persoon wat elke dag dan reageer met haar dankbaarheid en soms sit sy sommer op haar eie FB haar dankbaarheid vir die dag. Dis natuurlik baie lekker! Dalk moet ek een dag van dankbaarheid aan haar wy.
Gister kry ek toe twee verskillende opmerkings of navrae hieroor. Die een persoon vertel toe net dat sy dit elke dag lees en dit geniet.
Die ander persoon vra my of dit ‘n projek is? Sy het gedink dat dit dalk ‘n 40-dae uitdaging is, maar toe hou ek aan.
Dit gee my toe sommer rede om te dink: Hoekom doen ek dit? Hoekom hou ek steeds aan daarmee?
Wel, die rede hoekom ‘n mens mos gewoonlik so ‘n uitdaging oor 30 of 40 dae doen, is met die gedagte om ‘n gewoonte aan te leer en dan aan te hou waarmee jy begin het.
Die grootste deel van die eerste 30 dae was tydens ons vakansie en dit het vir my gevoel of ek vir soveel materiële dinge dankbaar was, daar was nog soveel ander goed wat ek nog moes noem!
En so het ek aangehou en trek nou by dag 70. Party dae vergeet ek. Party dae herinner iemand anders my daaraan en net dít is ook al genoeg stof tot dankbaarheid. Dalk is die gewoonte regtig vasgelê?
Hê ‘n dankbare dag!
Toortsie
Toortsie by Finesse: Het jy ‘n stilwordplekkie?
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal
Dis ‘n baie goeie gewoonte Toorts. Ann Voskamp het mos so begin en aangegaan tot sy ‘n boek oor 1000 gifts geskryf het.
LikeLike
Ek wonder of dit die boek is wat ek het? Jy get een keer’n boek oor dankbaarheid aanbeveel
LikeLiked by 1 person
Ai Toortsie, jy laat my skaam voel. Dis so ñ wonderlike iets wat jy aangepak het.
LikeLiked by 1 person
Nee man, dit was sommer weer in een of ander lawwe oomblik! 🙂 Jy doen so baie wonderlike goed, jy laat my weer skaam voel! 🙂
LikeLiked by 1 person
Mooi Toortsie, jy is ‘n voorbeeld vir my!
LikeLike
🙂 Ek wonder darem oor daardie een!
LikeLiked by 1 person