Vroegoggend: ‘n Bakkie dubbelroom ongegegeurde joghurt met bloubessies, brame en granaatpitte daaroor gestrooi.
Die Bantingmuffins wat ek gebak het uit Toortsie se Bantingresepteboek, het sy doel gedien by die 11 uur tee en ook sommer middagete, met botter en kaas bedien.
Vir aandete het ek die Geurige Maalvleisrol uit Toortsie se Bantingboerekos in die oond en dit gaan bedien word met ‘n heerlike mengelslaai met alles in waaraan jy kan dink.
Dan is daar ook ‘n Banting Tiramisu Mousse in die yskas, wat vingerleklekker is. Wil jy graag die resep hê? Dan sal jy op 21 Maart 2018 die Banting Bootcamp op Koringberg moet kom bywoon! (Kliek hier om die nodige inligting te kry.) Dis ‘n vakansiedag.
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Het jy ‘n stilwordplekkie?
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal
Lyk en klink heerlik.
LikeLiked by 1 person
Alles wat jy maak lyk altyd vir my lekker!
LikeLiked by 1 person
Man, dankie. Indie ou dae het ek geglo dat, as daar kondensmelk in iets is, is dit altyd lekker. Nou is die geheime bestanddele botter en room en roomkaas. 😁🥂
LikeLike