Kameel en die tamatierank

20180223_122804Die tamatieplant het heel onskadelik gelyk toe hy so onverwags sy kop tussen die plante uitgesteek het. Eers wou ek hom uittrek… maar besluit daarteen. Ek het voorheen groentetuine gehad; en ‘n tamatieplant was nog nooit ‘n probleem nie…. ‘n paar stutte, bietjie tou en voila kort voor lank pluk jy die heerlikste tamaties. Maar hierdie plant het begin rank…. en rank…. en rank. Oor die tou wat vir hom gespan was… oor al wat ‘n  plant is.. oor die staander wat Ken vir hom staangemaak het… deur die reling van die dek…. en hy is vinnig oppad huis toe. Een van die dae staan ek in my kombuis en pluk die verspotte klein tamatietjies wat hy so af en toe as beloning vir ons gee.

Die tamatieplant beeld presies uit hoe ek op die oomblik oor my eie omgewing voel. Vir soveel jare het ek ‘n  huishouding van orde gehardloop. Elke ding het sy plek, en alles het perke…. en toe tree Ken af. Ken is nie ‘n tuinier, handy man, boer, of enigiets van daardie aard nie…. nee, hy is ‘n kantoorverslaafde. Die voëlnes het nie ‘n kantoor nie. Toe skoonseun hulle laat bou het, het hulle werkspasies vir elkeen van ons in die kantoor in hulle huis laat inbou. Dit het goed gewerk, maar toe word hulle seuns groot en die kantoor raak over crowded.

Vir die laaste drie jaar werk Ken – met tye hoogs frustreerd – op sy skootrekenaar, en toe bars die bom. Hy maak ‘n plastiese tafel voor sy relaxer staande. Bring die kussings van die bank in ons kamer en stapel dit op die relaxer om hom hoogte te gee. Skuif die ou kis wat as koffietafel in die sitkamer dien diekant toe, haak sy grote oorfone oor die oukas, gooi al wat ‘n remote is in ‘n laai en sit sy boeke in die remote kissie….en maak dit heel duidelik dat alles van nou af so sal bly. ‘n Saamgeflanste kantoor binne in die voëlnesgroote sitkamer.

Dat my bors toetrek van benoudheid oor ‘n huis waar elke ding nie op sy plek staan nie, skeel hom min. Al troos op die oomblik is my sus Rika (wat nog presieser as ek gelewe het) se woorde na haar man se dood. “In ons hele huis het ek hom nie ‘n plekkie van sy eie gegun om te lewe nie.”

As ek net daardie tamatieplant kan uitruk… maar op ‘n onverklaarbare wyse het dit Ken se tamatieplant geword, en dit beteken “hands off.”

 

Advertisements

32 thoughts on “Kameel en die tamatierank

  1. Onthou jy ons kindertyd-storie…Jan en die boontjie…tamatierank. Dalk gaan daar groot verrassings een die einde van Ken se tamatieplant wag, Kameel. Kyk maar net eenkant toe. Vir vredes onthalwe, en om hom sy deeltjie te gun. Ek is self effens te erg oor die regte goed op die regte plek sit, so jy het my bewondering en empatie.

    Liked by 1 person

    1. Dis presies wat ek van die tamatieplant dink Una… hy is soos Jan se boontjierank. As jy soos ek is sal jy verstaan dat ek op die oomblik moeilik asemhaal tussen die deurmekaarspul. Voel bietjie magteloos na 44 jaar se orde wat ek kon handhaaf… en nou dit. Aan die ander kant kan ek bly wees dat almal so mooi saamgespeel het tot nou toe 😀😀😀😀 Sowaar, ‘n mens weet nie waarin jy jou nog in die lewe gaan vasloop nie. Vertrou dit gaan ok met Bertus?

      Liked by 1 person

  2. Ek voel vir jou. My man se lessenaar, rekenaar en oorgrote tv-skerm is ook in die klein sitkamertjie saam met die groot, opgestopte sitkamerbanke en stoel waarvan hy nie wil ontslae raak nie. Jy moet mooi dans om daar te loop sonder ongelukke. En die lawaai! Nou weet jy hoekom slaap ek in die pophuis en leef op die strand.

    Liked by 1 person

    1. Ek sal maar moet ekmyself. Ek is rêgtig dankbaar dat ek al die jare van kindergrootmaak tot nou die huis op my manier kon “run.” Ek sou sekerlik kop verloor het was dit chaos om my.

      Liked by 1 person

  3. Miskien kan jy op n ander manier vir hom n klein plekkie of hoekie inrig, mens kry baie oulike idees en goetertjies te koop, koop dalk n meer gepaste tafeltjie dan hoef die kamer se bank se kussings nie te sorg vir hoogte nie en dalk n meerdoellige houer vir die boeke… en dalk kan die remotes terug in hulle plek. Ek dink as mens net n bietjie dink kan mens n oulike plekkie ontwerp.

    Liked by 2 people

    1. Ons een skoonseun is ‘n handige carpenter. Hy het net baie min tyd. Al gedink ek moet hom vra om ‘n kleiner lessenaar te bou wat laer is… en kan oopskuif as Ken wil opstaan. Sal sien of daar iets van kom.

      Liked by 1 person

      1. Wat van iets soos wat hulle in die hospitaal vir aiente gebruik om te eet. Dan kan hy op en af stel en op sy skoot wees of hy kan hom opi wieletjies skuif. Selfs as hy buite/opi dek wil sit. Dan kan mens net aan die kant paar rakkies sit. Kompak en smal as jy dit eenkant toe moet skuif…

        Liked by 1 person

    1. Ek dink ek moet julle twee vir ‘n tydlank in die voëlnes vrylaat en sien waarmee kom julle voor die dag 😊 Ek glo hierdie ding sal homself ook uitwerk… en wanneer ek terugkyk sal ek sien dat dit ook ten goede meegewerk het. Ek besef daar is baie dinge waarom ek my vingers moet loslaat om self vry te kom. Die Here het al ‘n lang pad met my hieroor gestap… en elke keer wanneer Hy op iets druk gee dit hierdie struggle in my af. Wanneer ek dan uoteindelik laat gaan besef ek nog ‘n ketting is gebreek. Aan jou gedink vanoggend…. gaan dit goed?

      Liked by 1 person

    1. Heel duidelik is jy aan die man se kant in hierdie saak. Tot ons 16jarige kleinseun loop gister hier in…. bewonder die “kantoor,” en sê “Wow oupa dis nou cool…. so sal ek ook kan lewe.” Nou moet ek eers gaan oplees of tamaties goed is vir ‘n vrou se bloeddruk ook!!!

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s