Waaroor kan ek skryf?

Ons almal gaan soms deur ‘n woorddroogte, so waar kry ‘n mens altyd iets om oor te skryf?

Ons raak almal sekerlik geïnspireer deur verskillende goed. Iets gebeur, wat die woorde in jou kop laat uitspring, en daar het jy ‘n storie! Jy kyk wat rondom jou gebeur en dit gee jou die idee om iets te skryf. Dalk wil jy sommer net die storie vertel, of dalk wil jy ‘n lessie gee, of skinder, of hoe dit ook al vir jou pas.

Goed wat op Facebook en ander sosiale netwerke gebeur, kan dien as inspirasie.

Ander blogs kan ook as uitstekende inspirasie dien. Jy lees by iemand en jy het dalk lus om sommer ‘n hele bloginskrywing oor dieselfde onderwerp te skryf, of dalk antwoord daarop, jou opinie gee. Dan moet jy mos altyd die ander bloginskrywing waarna jy verwys, ‘tag’.

‘n Heerlike bron van idees is die ‘Daily Post‘ en ‘Weekly post’, wat ‘n woord gee waaroor jy kan skryf. Jy mag dit natuurlik hanteer net soos wat jy enigsins wil. Skryf oor die woord, of waaroor die woord jou laat dink, of skryf oor heeltemal iets anders wat dalk deur hierdie woord in jou kop wakker gemaak is. Deur aan die Daily Post of Weekly Post deel te neem en altyd daardie bloginskrywing te ‘tag’, gee jy jou blog ‘n bietjie wyer blootstelling en maak jy jou blog bekend.

Tans maak ek nogals heelwat gebruik van die woorde wat mense intik by Google en dan kom hulle by my uit. ‘n Voorbeeld hiervan is die ‘opstelhulp‘ wat ek gee, omdat soveel mense by ons blog uitkom as gevolg van die woord, ‘opstel’. Soms tik iemand ‘n frase in, wat ek dink ek kan beantwoord op my eenvoudige manier, soos ‘Hoe kan jy jou man laat glo jy het hom lief?’

Op die ou end maak dit regtig nie saak hoe en waaroor jy skryf nie, solank jy net dit geniet! Dis tog waaroor dit gaan, ons skryf omdat dit vir ons lekker is.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Het jy ‘n stilwordplekkie?

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

63 thoughts on “Waaroor kan ek skryf?

      1. Jy verstaan my verkeerd…. ek sukkel nie met wat kan ek skryf nie. Omdat ek omgee vir die mense agter die blog is my wroeging daardie mens.

        Like

  1. Hoekom skryf ons (ek) blogs? Want ek soek geselskap. Daar is niks lekker as ‘n op en wakker gesprek (kommentare) deur bloggers wat ‘n mens laat dink – en soms om verskoning laat vra – nie. Jy sien, op ‘n blog hoef jy nie mooi vroulik te sit met enkels gekruis en ‘n vriendelike glimlag op jou gesig nie. Jy kan sommer jouself wees en klets tot laataand.

    Liked by 3 people

    1. Dis waar Hester…ek sit partykeer in my nagklere… partykeer met net ‘n handdoek om my….sommer so met deurmekaar hare en vaal gesig en praat te lekker.

      Liked by 3 people

        1. Wat vertel jy my nou (skok.) Sal my van nou af mooi aantrek, make up op my gesig smeer, parfuum aanspuit, mooi netjies sit met my enkels gevou, en op my mooiste glimlag wanneer ek met julle gesels. 😗

          Like

        1. Dan moet ek seker maak soos sy en ‘n spieëldans doen. Weet nie of ek na die gesiggie bokant lyf sal kyk en dink ek is nog so oulik nie. 😀😀😀😀😀

          Liked by 2 people

  2. Sommer net vanoggend se soekenjinterme:
    tyd vir ‘n nuwe begin
    my skool het ‘n skooldag opstel
    windpomp opstel
    ysbrekers

    (Nou WAT skryf mens oor my skool het ‘n skooldag? Het die skool gewoonlik nie skooldae nie? Wat doen hulle dan met hulle tyd?)

    Like

  3. Ek is dom met tag, ek kan darem al ‘n ander se blog deel – maar ja, dit is ‘n lekker plek hierdie hetsy te lees of sommer net te griffel. Ek sukkel maar met onderwerpe en skryf basies om goed bas te pen op soort van ‘n tydlyn vir myself en te voel dat ek my storie deel sonder die ewige veroordeling van ‘n ander.

    Liked by 1 person

    1. Om te tag is maklik. Laat Toortsie gou jou vertel.
      Jy kliek op die bloginskrywing waarna jy verwys.
      Dan kleur jy die adreslyn (url) van daardie bloginskrywing in.
      Regskliek. Copy.
      Dan kom jy na jou eie bloginskrywing en kleur die woord in wat na daardie blog verwys. Regskliek en paste.

      Like

  4. Ek hou niks van ‘n woorddroogte nie. Dan draai ek maar na my geliefde Pinterest vir inspirasie in die journalling lyste. Mens kry interessante temas daar. Dalk is die geheim om ten spyte van die droogte net aan te hou skryf. Dalk toets die Muse mens om te sien hoe graag jy wil skryf en kommunikeer.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!