Ons almal gaan soms deur ‘n woorddroogte, so waar kry ‘n mens altyd iets om oor te skryf?
Ons raak almal sekerlik geïnspireer deur verskillende goed. Iets gebeur, wat die woorde in jou kop laat uitspring, en daar het jy ‘n storie! Jy kyk wat rondom jou gebeur en dit gee jou die idee om iets te skryf. Dalk wil jy sommer net die storie vertel, of dalk wil jy ‘n lessie gee, of skinder, of hoe dit ook al vir jou pas.
Goed wat op Facebook en ander sosiale netwerke gebeur, kan dien as inspirasie.
Ander blogs kan ook as uitstekende inspirasie dien. Jy lees by iemand en jy het dalk lus om sommer ‘n hele bloginskrywing oor dieselfde onderwerp te skryf, of dalk antwoord daarop, jou opinie gee. Dan moet jy mos altyd die ander bloginskrywing waarna jy verwys, ‘tag’.
‘n Heerlike bron van idees is die ‘Daily Post‘ en ‘Weekly post’, wat ‘n woord gee waaroor jy kan skryf. Jy mag dit natuurlik hanteer net soos wat jy enigsins wil. Skryf oor die woord, of waaroor die woord jou laat dink, of skryf oor heeltemal iets anders wat dalk deur hierdie woord in jou kop wakker gemaak is. Deur aan die Daily Post of Weekly Post deel te neem en altyd daardie bloginskrywing te ‘tag’, gee jy jou blog ‘n bietjie wyer blootstelling en maak jy jou blog bekend.
Tans maak ek nogals heelwat gebruik van die woorde wat mense intik by Google en dan kom hulle by my uit. ‘n Voorbeeld hiervan is die ‘opstelhulp‘ wat ek gee, omdat soveel mense by ons blog uitkom as gevolg van die woord, ‘opstel’. Soms tik iemand ‘n frase in, wat ek dink ek kan beantwoord op my eenvoudige manier, soos ‘Hoe kan jy jou man laat glo jy het hom lief?’
Op die ou end maak dit regtig nie saak hoe en waaroor jy skryf nie, solank jy net dit geniet! Dis tog waaroor dit gaan, ons skryf omdat dit vir ons lekker is.
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Het jy ‘n stilwordplekkie?
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal
Gewonder waar jy skielik aan die wysheid kom. Mmmm. Nou wat sal ek nou skryf oor: stywe voël? Of: hoe kan ek my meisie laat kom?
LikeLiked by 2 people
Ja. Ek kry ook vreeeeemde versoeke. Ek soek maar uit watter ek kan gebruik.
LikeLike
Goeiste Seegogga, laat jy my skoon verstik van skok en lag!
LikeLiked by 1 person
Die ergete us, daai ouens gaan nou almal hier by my beland oor dit nou op my blog verskyn!
LikeLiked by 2 people
Eina.
LikeLike
Seegogga, klink my jy moet hierdie outjies help, jong !
LikeLike
Jou ‘Ma se seksboek’ is vir meisies geskryf. Dalk moet jy een vir seuns ook skryf!
LikeLike
Ek wroeg op die oomblik met die skryf wat ook al. Soos met enigiets anders is daar perke ook hieraan.
LikeLiked by 1 person
Ja wat. Môre skryf jy weer. Lyk my dis weer tyd vir ‘n bloguitdaging.
LikeLiked by 1 person
Jy verstaan my verkeerd…. ek sukkel nie met wat kan ek skryf nie. Omdat ek omgee vir die mense agter die blog is my wroeging daardie mens.
LikeLike
Okay. Hoe werk my kop?
LikeLike
Toortsie, dis nou ń goeie vraag om vir Kameel te vra! Sy ken ons al so goed, so sy behoort jou deeglik te kan uitlê.🤗
LikeLike
Ek het dit eintlik vir myself gevra, nou gee jy ‘n nuwe kleur hieraan. 😁 So Kameel, uitdaging vir jou!
LikeLike
Jy het ‘n kopdokter nodig!!!!! 😀😀😀😀😀 Dit was nou ‘n maklike uitdaging. 😄
LikeLiked by 1 person
Ag nee man! Vertel my iets wat ek nie weet nie? En after all. Wat gaan die kopdokter vir ons vertel wat ons nog nie weet nie? Mmmmm?
LikeLiked by 1 person
Kon dit nie weerstaan nie… sorry!! 😕
LikeLike
Kon dit nie weerstaan nie… sorry!! 😕
LikeLiked by 1 person
Taak yitstekend uitgevoer! 😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Ek kry dus volpunte 😊
LikeLike
Natuurlik!
LikeLike
Hoekom skryf ons (ek) blogs? Want ek soek geselskap. Daar is niks lekker as ‘n op en wakker gesprek (kommentare) deur bloggers wat ‘n mens laat dink – en soms om verskoning laat vra – nie. Jy sien, op ‘n blog hoef jy nie mooi vroulik te sit met enkels gekruis en ‘n vriendelike glimlag op jou gesig nie. Jy kan sommer jouself wees en klets tot laataand.
LikeLiked by 3 people
Dis vir my ook verskriklik lekker. 😁
LikeLiked by 1 person
Dis waar Hester…ek sit partykeer in my nagklere… partykeer met net ‘n handdoek om my….sommer so met deurmekaar hare en vaal gesig en praat te lekker.
LikeLiked by 3 people
Onthou ons kan jou SIEN as jy so sit in jou handdoek met deurmekaar hare.
LikeLiked by 1 person
Wat vertel jy my nou (skok.) Sal my van nou af mooi aantrek, make up op my gesig smeer, parfuum aanspuit, mooi netjies sit met my enkels gevou, en op my mooiste glimlag wanneer ek met julle gesels. 😗
LikeLike
🙂
LikeLike
😄 Ek dink ons het party oggende ‘n hele pajamapaartie.
LikeLiked by 3 people
Regoor die hele bloggosveer
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLike
Ek sit soggens van halfses af in my kooi, met koffie en beskuit en kuier op die blogs. Dis dan my tyd met virtuele vriende.
LikeLiked by 2 people
Ek is uit die aard van die saak hheldag voor my rekenaar, maar glip so elke nou en dan “weg van die werk af” om te gaan gesels.
LikeLiked by 2 people
Ek ook! Soos net mooi nou.
LikeLiked by 1 person
😇 Ek het jou NIE verlei nie!
LikeLike
laat my mos dink aan daardie interessante vriendin van jou nouu die dag. En wat as die handdoek nou sou afval?
LikeLiked by 1 person
Dan moet ek seker maak soos sy en ‘n spieëldans doen. Weet nie of ek na die gesiggie bokant lyf sal kyk en dink ek is nog so oulik nie. 😀😀😀😀😀
LikeLiked by 2 people
😁 💃 julle raak lekker laf op hierdie Vrydag.
LikeLiked by 1 person
Dis mos naweek !!! 😄
LikeLiked by 1 person
In die laaste tyd ly ek aan absolute woorddroogte! Seker oor daar nie veel gebeur in my lewe nie.
LikeLike
O, dan moet ons ‘n plan maak! Kom ons dink aan ‘n uitdaging vir die perdebytjie. Hester, waar is jy?
LikeLiked by 1 person
Ek kan nie wag nie! Die skelmstuk by die Toweropstal het my totaal gedreineer!
LikeLiked by 1 person
Perdebytjie ek gee jou een woord dan skryf jy daaroor. Glibberig 😊
LikeLiked by 2 people
Dis nou ‘n glibberige onderwerp, Kameel!😝😄
LikeLike
Presies 😀😀😀😀😀
LikeLiked by 1 person
So glad soos ‘n jakkals. Het jy nie mooi jakkalsfoto’s nie?
LikeLiked by 1 person
Ja ek het eintlik…reeds van hulle geplaas. Miskien kan ek nog so een of tweetjies pos. Dankie vir die idee, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Of so glibberig soos?
LikeLiked by 1 person
Hou my dop!
LikeLiked by 2 people
Ek weet ons kan op jou staatmaak. 😁
LikeLiked by 1 person
Sommer net vanoggend se soekenjinterme:
tyd vir ‘n nuwe begin
my skool het ‘n skooldag opstel
windpomp opstel
ysbrekers
(Nou WAT skryf mens oor my skool het ‘n skooldag? Het die skool gewoonlik nie skooldae nie? Wat doen hulle dan met hulle tyd?)
LikeLike
Ek is dom met tag, ek kan darem al ‘n ander se blog deel – maar ja, dit is ‘n lekker plek hierdie hetsy te lees of sommer net te griffel. Ek sukkel maar met onderwerpe en skryf basies om goed bas te pen op soort van ‘n tydlyn vir myself en te voel dat ek my storie deel sonder die ewige veroordeling van ‘n ander.
LikeLiked by 1 person
Om te tag is maklik. Laat Toortsie gou jou vertel.
Jy kliek op die bloginskrywing waarna jy verwys.
Dan kleur jy die adreslyn (url) van daardie bloginskrywing in.
Regskliek. Copy.
Dan kom jy na jou eie bloginskrywing en kleur die woord in wat na daardie blog verwys. Regskliek en paste.
LikeLike
Auwh dankie Juf Toorts, my blogland juffrou wat my al male sonder tal help sin maak het. 💐💐
LikeLike
Kon jy regkom?
LikeLike
Ek moet dit nog uitprobeer. Maar sal jou wel sê of weer vra as ek nie regkom nie.
LikeLiked by 1 person
Ek hou niks van ‘n woorddroogte nie. Dan draai ek maar na my geliefde Pinterest vir inspirasie in die journalling lyste. Mens kry interessante temas daar. Dalk is die geheim om ten spyte van die droogte net aan te hou skryf. Dalk toets die Muse mens om te sien hoe graag jy wil skryf en kommunikeer.
LikeLiked by 1 person
Pinterest! Wat ‘n oulike idee!
LikeLiked by 1 person
Jy moet gerus daar gaan loer. Allerlei idees en resepte. X
LikeLiked by 1 person
Ja, ek lier daar, maar dis’n oulike idee om inspirasie vir blogs te kry. Nog nooit so ver gedink nie. 😁
LikeLiked by 1 person
Nou weet jy. 😜 Soek net journalling ideas. Jy kry sommer ‘n lys vir ‘n hele maand. Hehe!
LikeLiked by 1 person
Dankie! En ek sien ek het weer rof getik die vorige kommentaar. Ek vergeet soms om deur te lees as ek op my foon tik.
Ek gaan nou daar kyk. 😁
LikeLiked by 1 person
Moenie stress, ek verstaan 😜
LikeLike
😁
LikeLiked by 1 person