Opstel oor ’dis tyd vir ‘n ‘n nuwe begin’

Die land se kinders is behoorlik aan die opstelle skryf, lyk dit my!

Om ‘n opstel te skryf daaroor dat dit tyd is vir ‘n nuwe begin, behels twee dinge.

In die eerste plek moet jy skryf hoekom jy voel dit is tyd vir ‘n nuwe begin. Is daar iets in jou huidige situasie wat nou nie meer aanvaarbaar of reg is nie? Is jy dalk in ‘n fase van jou lewe wat afgehandel is, byvoorbeeld aan die einde van jou laerskool en dat dit noodgedwonge tyd is vir ‘n nuwe begin? Of is dinge tussen jou en jou ou of meisie nie meer so lekker nie en dat dit tyd is om die verhouding te verbreek? Dalk is jy deur ‘n moeilike tyd waarin jy siek was of depressief of ongelukkig? Dalk het jy jou vir ‘n lang tyd onttrek van jou maats en voel jy dat jy nou gereed is vir nuwe vriendskappe? Oordink die ‘nou’ situasie waaroor jy wil skryf. Bedink ‘n bietjie wat die redes is waarom hierdie fase of omstandighede nou verby is. Beskryf dit. Skryf jou redes vir jou besluit dat dit tyd is om aan te beweeg.

In die tweede deel van die opstel kyk jy na dit wat jy in die eerste deel geskryf het: Wat is die alternatief? Dink bietjie en beskryf hoe jy dit ‘nuwe begin’ sal aanpak. Wat sal jy nou anders doen? Is dit tyd om uit te kyk vir ‘n nuwe meisie? Het jy haar reeds in die oog? Hoe gaan jy haar benader? Of is dit tyd vir ‘n nuwe vriendekring? Wat gaan jy doen om dit te bewerkstellig? Of wil jy dalk harder leer as in die verlede, omdat jy ‘n beter punt nodig het om keuring te kry vir ‘n sekere kursus? Hie gaan jy dit regkry? Gaan jy langer ure studeer? Gaan jy minder you tube videos kyk? Wil jy dalk ‘n nuwe stokperdjie probeer? Wat is dit? Wat het jy nodig om dit te doen? Het jy nodig om ‘n bietjie navorsing op die internet te doen?

Beskryf die nuwe begin soos jy jou dit voorstel. Gee jou verbeelding vrye teuels en skryf daardie opstel. Skryf hom self soos net jy dit kan doen en geniet dit.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Het jy ‘n stilwordplekkie?

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

Advertisements

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s