Hoe kan jy jou man laat glo dat jy regtig lief is vir hom?

Hierdie is ‘n vraag wat iemand gevra het wat op ons blog beland het. Dis ‘n baie moeilike vraag, want mense verskil. Baie keer doen ons alles in ons vermoë en tog wil ons huweliksmaat dit nie glo nie as gevolg van skade wat hy/sy in sy/haar kinderdae opgedoen het.

Om te bid vir my huweliksmaat is sekerlik stap een. Bid dat die Vader sy oë sal oopmaak dat hy sal sien hoe lief ek hom werklik het. Bid vir myself sodat God my hart sal oopmaak om vir my man op die beste moontlike manier te wys dat ek vir hom liefhet.

Net so belangrik is getrouheid. Ek kan nie verwag dat my huweliksmaat my gaan glo dat ek hom/haar liefhet as ek flirtasies met al wat leef en beef aangaan nie. Deur in my optrede getrou aan hom te wees, sê al baie dinge.

Wat praat ek met hom, voor hom, oor hom as hy nie by is nie?

Dit sal ook goed wees as jy sy liefdestaal kan ontdek en moeite doen om in sy taal te praat en nie joune nie.

Is jou huweliksmaat een wat hou van opbouende woorde? Sê dan woorde wat hom eer, woorde van waardering, sê vir hom/haar hoe lief jy hom/haar het. Sê dit elke liewe dag, sonder ophou.

Of is hy/sy een vir fisiese kontak? Dan is ‘n drukkie hier en ‘n knypie daar, ‘n terloopse aanraking en seks wonderlik. Doen dit as jy jou huweliksmaat wil wys dat jy hom/haar liefhet, selfs as jy nie heeltemal so mal is daaroor nie. Doen dit met liefde en blydskap sonder om negatiewe opmerkings daaroor te maak.

Dalk is jou huweliksmaat ‘n takiesmens wat hou daarvan dat jy vir hom/haar klein goedjies doen. So iemand sal hou daarvan dat jy haar help skottelgoed was, of vir hom die tang aangee terwyl hy besig is om in sy werkswinkel te werk.

Kwaliteittyd is ‘n ander liefdestaal. Hou jou man daarvan dat jy tyd saam met hom spandeer? Sommer net by hom sit, selfs al praat julle nie? Soos om ‘n opera of rugbywedstryd saam met hom/haar te gaan kyk, of saamdrentel in die winkels en ‘n sonsondergangdrankie saam met hom geniet?

As jou geliefde ‘n geskenkiemens is, is goetertjies aandra baie belangrik. Nie een groot geskenk een maal ‘n jaar nie, maar amper daagliks ietsie: ‘n Blommetjie wat jy langs die pad pluk, ‘n skulpie of klippe, ‘n sjokoladetjie. Gereeld. Kort-kort.

Die wonder is dat, sodra jy jou geliefde se liefdestaal begin praat/doen en hy/sy begin geliefd voel, hy/sy gaan begin reageer daarop! Maar net so belangrik is, as jy weet wat sy taal is, sal jy dit begin herken as hy/sy dit met jou praat.

Natuurlik kan jy sommer konsentreer daarop om al vyf hierdie tale te leer praat, sodoende is ons verseker dat ons wel iewers ‘n snaar sal aanraak.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Het jy ‘n stilwordplekkie?

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

Advertisements

12 thoughts on “Hoe kan jy jou man laat glo dat jy regtig lief is vir hom?

    1. Ja! Dis as gevolg van dinge wat kleintyd met ons gebeur het en verkeerde dinge wat ons oor onsself begin glo het. Dis regtig jammer, maar terselfdertyd is daar regtig metode om dit om te swaai.

      Like

    1. Ek ook! Ek moet ook besin. Ek hou byvoorbeeld vreeslik baie daarvan om in die berg ‘n sundowner te gaan drink. So my man doen dit graag vir my, maar dan vergeet ek baie keer om lovey dovey te wees as ek daar is. Ek sal my sokkies moet optrek!

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s