Ek het hierdie vriendin wat onmoontlik is om te beskryf…. jy moet haar beleef. Daar tussen die mielielande het ek van haar gehoor… haar reputasie het haar vooruit geloop. Ek sou haar seker nooit ontmoet het, was dit nie dat sy tot bekering gekom, en by ons bybelstudiegroep aangesluit het nie. Ons was ‘n gesellige klomp vroue bymekaar, maar J het ‘n “extra strong flavoured spice” kom byvoeg wat kosbaar was in sy andersheid. As bybelstudieleidster het ek dinge uit haar mond gehoor wat ander seker na hulle asems sou laat snak. Soos sy eendag vir my gesê het, “Ek weet nie hoekom nie maar as ek met jou praat vloei dinge uit my mond wat ek nie nie vir ander sou vertel nie.
Ons paaie het geskei toe ek en Ken stad toe getrek het. ‘n Paar jaar gelede het haar man selfmoord gepleeg en sy het nader aan haar kinders in die stad kom bly. (Ek het ‘n blog oor haar en haar swaaiende tieties in Spieëldans geskryf.) Ons sien mekaar nie maar kontak mekaar deur whatsapps…. en so af en toe ‘n telefoonoproep. Wanneer sy bel kry ek so tien woorde in, verder lag en lag en lag ek dat die trane loop. Nee, sy is nie ‘n komediant nie…. wat dit so skreeusnaaks maak is dat sy doodernstig is.
Saterdag sit ek met ons kleinseun op my skoot en gee sy bottel. My selfoon lui; dit is J. Ek druk die foon met my skouer teen my oor vas en ons sê ons hello’s. Skaars begin praat toe lag ek so dat ek eers die baba vir sy pa moet gaan gee. Die gesprek… of eerder haar vertelling was iets in die lyn – sonder tussenposes.
“Ek kyk op Facebook en sien jou gesiggie. Dis mos my Kameel hierdie, sê ek vir myself…. dieselfde gesiggie, dieselfde lag. Onthou jy Kameel hoe ons onder gebed gelag het wanneer Judy bid en sê; “Lord take Vanessa, pull her over your lap and give her a good smack.” Wanneer ons uitloop sê Rita baie ernstig vir my “Hi J I don’t know how much longer I can bear it.” Sal dit nie lekker wees as ons almal weer saam kan kuier nie. Ek sal net almal wil opsoen. Ons het almal ouer geword maar die Here is goed vir my Kameel… ek wil hê jy moet vir my bid ek ly aan depressie. Ek was by die hartspesialis toe wil hy my nie glo dat ek ‘n pace maker wat van yster gemaak is al vir 39 jaar in my hart het nie. Hy roep toe ander dokters en daar staan hulle en luister terwyl ek hulle vertel dat dr…. ek dink hy was later ‘n professor Marius Barnard nog die pace maker ingesit het. Dr Marius het nie self die operasie gedoen nie… hy het net bygestaan met sy span en raad gegee. Dr Kingsly (ek is nie seker of sy Kingsly of Kinsley gesê het nie) het die operasie gedoen. Ek was baie arm daardie jare toe moet ek ‘n hartklep kry. Daar was na proefkonyne gesoek vir ‘n spesifieke hartklep… toe sit ek my naam op. Hi Kameel is die Here nie wonderlik nie, ek word toe gekies as proefkonyn. Daar lê ek op die operasietafel en dr Marius praat met sy span. “If a woman is as skinny as this one you can listen to her heartbeat by pressing your ear to her chest” en net daar Kameel buk hy en druk sy gesig op my kaal tietie. Daarna sê hy vir die ander ses jong doktertjies om dit ook te doen. Kameel ek lê daar en hier druk hierdie jong manne hulle gesigte teen my tietie dat my nipple sommer so regop staan. Ek weet nie hoekom hulle nog geopereer het nie. Ek wou al lankal vir dr “Kingsly” ‘n brief geskryf het om te sê die operasie was onnodig… na daardie doktertjies na my hart geluister het was my hart reggeskok. Kameel hoekom vertel ek jou hierdie dinge… hoekom as ek met jou praat kom al hierdie dinge uit. John het altyd gesê. “Do you know why I married you? It is because you make a drama of everything… whether you’ve burned the onions or cooked the steak in its plastic.” Kameel die oumanne hier in die stad is vreeslik agter my aan. Ek ken mans en ek sien mos hoe hulle kyk. Weet jy wat doen ek dan? Ek trek my boutjies so styf wanneer ek verby hulle stap en hou my kop so hoog. Hulle moenie dink hulle kan met my sukkel nie. O liewe Kameel ek moet gaan, daar lui my dogter al die hek se klokkie vir die derde keer. Bye
Nou het ek ook lekker gelag
LikeLiked by 1 person
Bly jy het dit geniet 😊 Dankie vir die inloer!!!
LikeLiked by 1 person
Goud sê ek jou, sulke mense is suiwer goud.
LikeLiked by 1 person
Presies wat jy daar sê Hester!!!
LikeLiked by 1 person
As jy nie Spieëldans gelees het nie, lees dit gerus. Dit was so kosbaar wat sy daar kwytgeraak het.
LikeLiked by 1 person
Ek maak so
LikeLiked by 1 person
My tipe vriendin!!! Kameel, sy is kosbaar, en ek glo jy weet dit maar alte goed.
LikeLiked by 1 person
Geweet jy sal van haar hou. Sy is ‘n fees Una en ek geniet haar gate uit. Sy is voorwaar kosbaar en het so ‘n sagte hart.
LikeLiked by 2 people
xxx
LikeLike
Haal ek ook nou eers asem! 😂
LikeLiked by 1 person
Is sy nie ‘n fees nie? Jy moet net weet wanneer jy met haar praat gaan daar dinge uitkom 😀😀😀 wat jy nie sommer uit ‘n ander se mond sal hoor nie.
LikeLiked by 1 person
Klink opwindend
LikeLike
Kameel, jy moet haar meermale bel en vir ons kom oorvertel, dit kikker sommer ons dag op.
LikeLiked by 1 person
Ek lag steeds oor die tieties en die doktertjies deel van haar vertelling…!!!☺
LikeLike
Dit is kostelik!!! Het jy spieëldans gelees wat ek ook haar geskryf het? Sy is ‘n absolute fees 😀😀😀
LikeLiked by 1 person
Ek het, al lankal. Sal weer bietjie gaan loer.
LikeLiked by 1 person
Ek is sommer dadelik mal oor haar
LikeLiked by 1 person
Dankie vir inloer 😊 Ja sy is baie spesiaal!!
LikeLike
Sy klink na goeie terapie.
LikeLiked by 1 person
Sy is!! Ook maar goed ons het haar nie by die Toweropstal gehad nie 😀😀😀 wat sou nie dan alles gebeur het nie!!!
LikeLike
Reblogged this on Wag 'n Bietjie.
LikeLike
Spesiale mense
LikeLiked by 1 person
Ja baie spesiaal!!!
LikeLiked by 1 person
Ek het nou so lekker gelag! Sy is kostelik. Gaan nou dadelik spieeldans weer lees.
LikeLiked by 1 person
Bly sy het vir jou ook bietjie vreugde gebring. 😀😀😀😀
LikeLike
Hierdie vriendin van jou klink soos ‘n fees. Ek het spieeldans ook gaan lees en lag lekker vir altwee stories
LikeLiked by 1 person
Sy is voorwaar ‘n fees. Lê netnou in die bad -.ja ek weet dis laat in die dag om nou eers te bad 😕 – en dink aan my vriendinne. Kom toe agter dat ek eintlik baie eienaardige vriendinne het. Geen wonder hulle het altyd by die bybelstudie vir my gesê hulle hoor eers my lag, en dan volg my lyf.
LikeLiked by 1 person
Ek het ook nie veel van hulle nie, maar die paar wat ek het, is weird, goeie weird, amper soos ek
LikeLiked by 1 person
Ek het nou by jou gaan lees oor die dansvloer en duik episode. Jy skryf dit so mooi…. en ek vertrou dit gaan nou goed met jou!!!
LikeLiked by 1 person
Dit voel regtig asof die ergste nou gebeur het, so ons loop vorentoe
LikeLiked by 1 person
Jinne sy klink na ‘n interessante mens.
LikeLiked by 1 person
Sy is…. en haar lewensgeskiedenis sal maak vir ‘n goeie boek vol drama.
LikeLiked by 1 person
Hierdie is die lekkerste blog wat ek vandag gelees het. Lekker lag ek met die mooiste hart prentjie daarby.
LikeLiked by 1 person
Sy is ‘n ware tonic die vriendin van my. Bly jy het haar ook geniet. 😊
LikeLike