Kameel – Doktertjies en ‘n hart

Ek het hierdie vriendin wat onmoontlik is om te beskryf…. jy moet haar beleef. tumblr_nhs4liSLXW1qc4rz2o1_500Daar tussen die mielielande het ek van haar gehoor… haar reputasie het haar vooruit geloop. Ek sou haar seker nooit ontmoet het, was dit nie dat sy tot bekering gekom, en by ons bybelstudiegroep aangesluit het nie. Ons was ‘n gesellige klomp vroue bymekaar, maar J het ‘n “extra strong flavoured spice” kom byvoeg wat kosbaar was in sy andersheid. As bybelstudieleidster het ek dinge uit haar mond gehoor wat ander seker na hulle asems sou laat snak. Soos sy eendag vir my gesê het, “Ek weet nie hoekom nie maar as ek met jou praat vloei dinge uit my mond wat ek nie nie vir ander sou vertel nie.

Ons paaie het geskei toe ek en Ken stad toe getrek het. ‘n Paar jaar gelede het haar man selfmoord gepleeg en sy het nader aan haar kinders in die stad kom bly. (Ek het ‘n blog oor haar en haar swaaiende tieties in Spieëldans geskryf.) Ons sien mekaar nie maar kontak mekaar deur whatsapps…. en so af en toe ‘n telefoonoproep. Wanneer sy bel kry ek so tien woorde in, verder lag en lag en lag ek dat die trane loop. Nee, sy is nie ‘n komediant nie…. wat dit so skreeusnaaks maak is dat sy doodernstig is.

Saterdag sit ek met ons kleinseun op my skoot en gee sy bottel. My selfoon lui; dit is J. Ek druk die foon met my skouer teen my oor vas en ons sê ons hello’s. Skaars begin praat toe lag ek so dat ek eers die baba vir sy pa moet gaan gee. Die gesprek… of eerder haar vertelling was iets in die lyn – sonder tussenposes.

“Ek kyk op Facebook en sien jou gesiggie. Dis mos my Kameel hierdie, sê ek vir myself…. dieselfde gesiggie, dieselfde lag. Onthou jy Kameel hoe ons onder gebed gelag het wanneer Judy bid en sê; “Lord take Vanessa, pull her over your lap and give her a good smack.” Wanneer ons uitloop sê Rita baie ernstig vir my “Hi J I don’t know how much longer I can bear it.” Sal dit nie lekker wees as ons almal weer saam kan kuier nie. Ek sal net almal wil opsoen. Ons het almal ouer geword maar die Here is goed vir my Kameel… ek wil hê jy moet vir my bid ek ly aan depressie. Ek was by die hartspesialis toe wil hy my nie glo dat ek ‘n pace maker wat van yster gemaak is al vir 39 jaar in my hart het nie. Hy roep toe ander dokters en daar staan hulle en luister terwyl ek hulle vertel dat dr…. ek dink hy was later ‘n professor Marius Barnard nog die pace maker ingesit het. Dr Marius het nie self die operasie gedoen nie… hy het net bygestaan met sy span en raad gegee. Dr Kingsly (ek is nie seker of sy Kingsly of Kinsley gesê het nie) het die operasie gedoen. Ek was baie arm daardie jare toe moet ek ‘n hartklep kry. Daar was na proefkonyne gesoek vir ‘n spesifieke hartklep… toe sit ek my naam op. Hi Kameel is die Here nie wonderlik nie, ek word toe gekies as proefkonyn. Daar lê ek op die operasietafel en dr Marius praat met sy span. “If a woman is as skinny as this one you can listen to her heartbeat by pressing your ear to her chest” en net daar Kameel buk hy en druk sy gesig op my kaal tietie. Daarna sê hy vir die ander ses jong doktertjies om dit ook te doen. Kameel ek lê daar en hier druk hierdie jong manne hulle gesigte teen my tietie dat my nipple sommer so regop staan. Ek weet nie hoekom hulle nog geopereer het nie. Ek wou al lankal vir dr “Kingsly” ‘n brief geskryf het om te sê die operasie was onnodig… na daardie doktertjies na my hart geluister het was my hart reggeskok. Kameel hoekom vertel ek jou hierdie dinge… hoekom as ek met jou praat kom al hierdie dinge uit. John het altyd gesê. “Do you know why I married you? It is because you make a drama of everything… whether you’ve burned the onions or cooked the steak in its plastic.” Kameel die oumanne hier in die stad is vreeslik agter my aan. Ek ken mans en ek sien mos hoe hulle kyk. Weet jy wat doen ek dan? Ek trek my boutjies so styf wanneer ek verby hulle stap en hou my kop so hoog. Hulle moenie dink hulle kan met my sukkel nie. O liewe Kameel ek moet gaan, daar lui my dogter al die hek se klokkie vir die derde keer. Bye

 

Advertisements

34 thoughts on “Kameel – Doktertjies en ‘n hart

    1. Sy is voorwaar ‘n fees. Lê netnou in die bad -.ja ek weet dis laat in die dag om nou eers te bad 😕 – en dink aan my vriendinne. Kom toe agter dat ek eintlik baie eienaardige vriendinne het. Geen wonder hulle het altyd by die bybelstudie vir my gesê hulle hoor eers my lag, en dan volg my lyf.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s