Toortsie se bevinding oor die misdadigers

In blogland is die afgelope maand hard gewerk daaraan om ‘n misdaad te pleeg. Die verlore Krugermiljoene was op die spel. Indien jy nog nie die storie gelees het nie, kan jy natuurlik gaan kyk by Inlinz, waar die hele verhaal, hoofstuk vir hoofstuk, lê.

Ek het die hele verhaal gevolg, deelgeneem daaraan, dit geniet, gelag, maar wat is my bevinding van die hele storie?

Nadat ek dit behoorlik ge-analiseer het (!), nadat ek alles deeglik deurgelees, deurgekyk en besin het daaroor, kan ek met alle eerlikheid en ook met beslistheid, oortuiging, en ‘n gevoel van rustigheid in my hart sê:

Ons bloggers is níé misdadigers nie. Beslis nie. Dat hulle wel ‘n lawwe lot is wat ‘n geleentheid aangryp, is beslis waar, maar misdadigers? Nooit! Hulle hou van pret en plesier en partytjie hou en saam kuier en al was die misdaad op die ou end nie heeltemal so suksesvol soos hulle gehoop het nie, het hulle ‘n WONDERLIKE tyd gehad waarin hulle hulleself en ook hulle mede-bloggers op ‘n heel nuwe manier leer ken het. Ons bloggers is ‘n groep mense op wie jy kan staatmaak. Hul raak soms op hol en wantrou selfs mekaar, maar op die ou end is hulle ‘n klompie liewe mense met wie jy maar die pad kan loop.

Lank lewe blogging! Lank lewe blogmaats! Lank lewe fiktiewe verhale waarin ons sommer net laf kan wees.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Toe kom die reën

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

 

22 thoughts on “Toortsie se bevinding oor die misdadigers

    1. Jy het dit goed gestel Abrie. Ek het ook ‘n meer gestruktueerde (groot woord) lewe vir myself en my kinders voorgestel… dan gebeur die lewe, en kom mors alles op.
      Nou weet jy ook hoekom ‘n man net een vrou moet hê…. sit ‘n klomp vroue bymekaar en kyk wat het gebeur 😀😀😀

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!