Ek hoor duidelik in my kop: ‘Die duiwel soek om aan te kla, terwyl die Here soek om te vergewe.’
Ek sê: ‘O, dít moet ek onthou. Wie se woorde is dit?’
Toe word ek wakker.
Ek het ‘n bedrywige droomnag gehad. Was dit dus die heel laaste woorde van my droom, of die heel eerste gedagte van die dag, of iets tussenin?
Ongeag watter een van die drie dit was en of dit ‘n mengsel was en of dit my eie droomwoorde was en of dit woorde is wat iemand anders gesê het, wie ek nou nie weet wie dit is nie, dis ware woorde wat dalk vandag by my gaan bly.
Want dis ware woorde.
Die duiwel is altyd daarop uit om mense aan te kla, om mense sleg te maak, skuldig te verklaar, terwyl Jesus die Een van liefde is. Hy is die Een wat ons wil red, wil vergewe, wil liefhê, as ons Hom net wil toelaat. Hy is die Een wat vir ons ‘n lewe van oorvloed wil gee, wat vir ons in hierdie deurmekaarwêreld ‘n rigtingwyser wil wees, wat ons hand wil vashou, wat ons deur krisistye wil help. Hy is die Een wat vir ons ‘n toekoms wil skep, ‘n verwagting.
Hoekom wil ons Hom dan nie toelaat om dit te doen nie? Hoekom bly ons Hom dan verwerp, ontken dat Hy bestaan? Hoekom gooi ons Sy goedheid in Sy gesig terug?
Toortsie
Toortsie by Finesse: Toe kom die reën
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal
Jesus het gepraat van die nou en breë weg. So hartseer soos dit is gaan baie hom verwerp. Die aanklaer…. vir hom moet ons op ons hoede wees. Dus wakker loop!!!
LikeLiked by 1 person
Hy (die aanklaer) het net een doel voor oë en dit is om ons te verlei na dit wat onwaar is.
LikeLiked by 1 person
Reblogged this on die lewe na 40 and commented:
Dankie vir hierdie skrywe, Toortsie. Dis sooo waar dat die duiwel altyd daarop uit is om ‘n mens aan te kla en te verkla en sleg te maak, maar dank die Here, Hy wat in ons is is sterker!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Ook vir die reblog.
LikeLike