Ai, jai jai, ek moes my darem nou die dag inhou om nie kliphard uit te bars van die lag nie! Ou Toortsie doen toe weer ‘n persoonlikheidstoets, die HOEVEELSTE een al. Ag, eintlik het sy nie besef dis waarvoor sy haar inlaat nie, sy het net ‘n geleentheid gesoek om tee te drink, toe loop sy in hierdie persoonlikheidstoets in.
Ons almal weet mos sy is ‘n ekstrovert, maar weet julle wat, sy is amper net soveel introvert ook. Iewers het iemand nou die dag daaroor geskryf, dat tussen mense is jy soos ‘n ekstrovert, maar op jou eie is jy eerder introvert. Watse soort vert is dit nou weer?
Wel, met ou Toorts weet mens mos nooit. Om die waarheid te sê, ek dink ook nie sý weet eintlik nie! Al verskil is, op hierdie stadium wonder ons nie meer daaroor nie.
Maar hoekom ek toe so lekker lag? Kyk, ons weet mos ook dat ou Toortsie instorm in ‘n ding in, lank voordat sy dink, en dat die dink eers lank ná die tyd inskop, wanneer dit heeltemal te laat is. Die dame wat die kursus aanbied, sê toe dat Toortsie wel sou moes ‘analiseer’, anders sou sy nie die boek kon skryf nie, en ek dog so by myself: ‘Hoe bedoel mevrou dan nou?’ Hê? Analiseer? Bedoel mevrou óns Toortsie het geanaliseer? Hoe nou? Verstaan ek die woord reg?
Ek het maar toe vir Google loop vra wat ‘analiseer’ beteken, en hulle sê: ‘to examine something in detail to find out what it means or is made of‘. Analiseer? Ons Stormtoortsie?
Wel, dít moet ek erken, sy hét baie opgelees oor Banting en resepte, maar is dit analiseer? Sy was juis so opgewonde toe Seegogga een dag vir haar gesê het dis ‘navorsing‘, sies tog, sy het nog altyd so minderwaardig gevoel omdat sy nie eintlik navorsing doen soos regte skrywers nie, toe red die dierbare Seegogga haar sowaar! Sy het vir twee weke op die wolke gedans net omdat sy dan wel navorsing doen en sy het dit nie eens geweet nie!
En ja, sy dink nogals effens oor die resepte. Kyk, party goed maak sy letterlik 20 keer en verander elke keer ietsie tot dit uiteindelik na haar smaak is. ‘n Bietjie van dit by, ‘n bietjie van daai minder, maar is dít analiseer? As dit wel só is, hóé gaan ons weer vir Toortsie daar bo uit die wolke uit kry? As sy nou moet weet sy doen navorsing én sy analiseer?
Groetnis
Ursula
Toortsie by Finesse: Toe kom die reën
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal
“ambivert”…nou ook nie seker meer. Altyd interesant as iets gelabel word, en dan meer aansien kry – waar dit maar net die logiese stappe is. So eintlik is Toortsie so sommer moeite ‘n baie praktiese deeglike Grend Analiseerder. Nog iets om op die cv te skryf as softskills.
LikeLiked by 2 people
Oeeeee! Ambivert én praktiese deeglike grand analiseerder! Ons kry haar nie weer uit die wolke uit nie!
LikeLiked by 2 people
Moet asseblief nie soos my man word wat alles analiseer en dan met sy eie opinies voor die dag kom nie….altyd skuins van die regering. Onthou ‘n mens kan ooranaliseer ook!!! Geniet jou wolk in die tussen tyd.
LikeLiked by 2 people
Nou waar pas Ursela in?
LikeLike
BTW wat het van haar geword?
LikeLiked by 1 person
💃
LikeLike
Sy is agter Toortsie die wolke in!
LikeLiked by 1 person
Kliek bietjie by die kategorieë op Ursula. Al jou antwoorde lê daar. 😂
LikeLike
🙂 Funny! LOL
LikeLiked by 1 person
Bly is ek nou om vir Ursula weer raak te loop! So gehoop sy maak ñ draai toe ons by die Toweropstal was.xxx
LikeLiked by 2 people
Mens weet net glad nie meer waar Ursula haar bevind nie.
LikeLiked by 1 person
Daar versaak Ursula die kerksingery en kom vertel ons ‘n ding of twee! 😀
LikeLiked by 1 person
Toemaar, wanneer dit weer haar beurt is, is sy op haar pos! 😁
LikeLiked by 1 person
Mens moet ook nie te veel van jouself weet nie want dan is jy nooit tevrede nie
LikeLiked by 1 person
Ek dink ook so! 😁
LikeLiked by 1 person
Watter soort vert? Makisaki, solank dit nie pervert is nie. Ek raak baie introvert wanneer dit my pas.
LikeLiked by 2 people
Beslis nie daardie een nie! 😂
LikeLiked by 1 person
Ambivert is 100% reg. Dis die ding met skrywers, jy dink altyd jy doen nie genoeg om wel oor ‘n onderwerp te kan skryf nie. Hehehe!
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike