So speel ek toe ‘n daggie boerin

Gister was weer die dag vir die jaarlikse koeirollcall, en soos almal mos nou al weet, ís dit maar ‘n misserige storie.

Vir dié wat nog nie weet hoe dit werk nie, al die koeie kom staan voor my, ek roep hul nommer uit en die betrokke koei lig haar linkervoorpoot en sê ‘moe’. Daar is natuurlik ‘n nóg makliker manier! Hul stap in gelid, in nommervolgorde by my verby, en ek tiek hulle net een vir een af.

Die realiteit is dat hulle trop vir trop gehaal word, bietjies-bietjies in ‘n drukgang kom, en hul oornommers dan gelees word. Party steek hulle koppe weg, party wil nie saamwerk nie en steek hul regterpote op, die ander doen mooi wat hulle moet. Probleemkoeie word met ‘n blou merker op die rug gemerk, sodat daar weer aan hulle aandag gegee kan word.

Die jong versies het altyd ‘n idee van hul eie en die werkers wat hul naderbring, moet wakker wees, hul loop nog nie mooi rustig almal in gelid nie en wil sommer al vier pote gelyk opsteek as dit hulle beurt is.

Gelukkig hoef ons hierdie keer nie die koeie-in-melk af te gemerk het nie. Die melkstal is gerekenariseerd en ons weet mos watter koeie is die dag gemelk.

Iewers het ‘n buurman se bees besluit die gras is groener aan ons kant van die draad. Die rede gaan ek nou nie hier uitspel nie, ek vermoed hier loop meer koeie, sien! Hierdie koei word toe afgekeer en bly staan in die kraal terwyl ons die bure almal in kennis stel van hierdie koei wat haar baas soek.

So tussen troppe deur gaan kyk ons gou hoekom die spilpunt gaan staan het en ek kry sommer ‘n meganiese les oor spilpunte wat vasval, en modder en wat nog als. So ampertjies verdwaal ek tussen die mielies en waar het julle my dan kom soek? Huh? Sou julle my darem kom soek het?

Ons gaan kyk waar die trekkers werk en kom terug. O gits! Hier staan die verdwaalde koei nog. Sy moet nou net in ‘n land ingejaag word waar daar vir haar water en kos is, maar toe ons die hek oopmaak, raak sy aan die hardloop, met my seun agterná. Al wat ek kan sê, ek het nie geweet ‘n koei kan só hardloop nie! Gelukkig het hier ‘n bakkie aangekom met mense op wat kan help, anders het koei en seun seker nou nog gehardloop!

Hierdie foto is drie weke gelede geneem. Nou steek my kop nie meer uit nie.

Dis lekker op die plaas.

Toortsie

Toortsie by Finesse: Toe kom die reën

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

Advertisements

29 thoughts on “So speel ek toe ‘n daggie boerin

    1. Goster s’n was vir my rustig, maar dis beslis harde werk vir die ouens wat hulle moet asnbring en die name uitroep ens. Gelukkig gebeur dit net een keer per jaar. Daar was een jaar wat ek dit 3 keer moes doen. Dan sit ek in die stal tussen die mis by ‘n stoel en tafel. 😁 Vandat die stal nou gerekenariseerd is, is dit beslis makliker en die foute defnitief minder.

      Liked by 1 person

    1. Hierdie foto is al ‘n paar weke gelede geneem. Dis nou so hoog dat ek my hand in die lug opsteek en dit steeds nie uitsteek nie. Ek het maar net die spilpunt dopgehou en so saam met hom geloop. 🙂
      Ja, die Towerinne sou beslis kom soek het, hulle is goed met so ‘n soekery.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s