Wat leer ek hieruit?

Dít is nogals ‘n gewoonte wat ek as jong volwassene aangeleer het, dat wanneer iets misluk, my eerste vraag was wat ék daaruit kan leer.

Wat het ek verkeerd gedoen? Wat kan ek anders doen? Beter beplanning, dalk? Vroeër begin? Meer op ander mense se hulp en raad vertrou, of dalk juis eerder my eie kop volg?

In plaas daarvan om my brein onmiddellik in topspoed te sit en te dink vir wie kan ek blameer, hoe ek myself kan verontskuldig, is my vraag eerder: Hoe kan ek dit volgende keer beter doen? Hoe kan ek dit verhoed dat dit volgende keer weer misluk?

En ek kan jou belowe, ek hét baie flops in my lewe gemaak, en ek maak steeds baie foute. Ek glo dit het te doen met my halsoorkop geaardheid.

Saam met dit glo ek dat as jy ‘n leerbare gees het, dit baie van die foute in jou mondering regstel oor tyd.

Ek oefen byvoorbeeld tans baie TPM (Transformation Prayer Ministry) op myself sodat ek die proses behoorlik onder die knie kry. Ek evalueer ook elke TPM sessie wat ek met ‘n kliënt het agterná om te sien waar ek dalk afgedwaal het of dit anders moes hanteer.

Auguste Rodin het blykbaar gesê: ‘Nothing is a waste of time if you use the experience wisely.’

Kom ons spandeer eerder die tyd om aan onsself te verbeter, teenoor so gou as moontlik die skuld op iemand anders te pak.

Toortsie

Toortsie by Finesse: Toe kom die reën

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

Advertisements

3 thoughts on “Wat leer ek hieruit?

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s