Verklaring oor my taal…

Aangesien dit vandag Internasionale Moedertaaldag is, pos ek graag weer hierdie bloginskrywing wat ek baie lank gelede geskryf het. Hierdie bloginskrywing word steeds daagliks gelees en, van al my skryfwerk, die een wat die tweede meeste gelees word. Soos Wolfie sê, kom ons wees trots op ons taal!

Afrikaans is my taal. My Moedertaal. Die taal waarvoor ek lief is. Die taal wat ek nog my lewe lank in die huis praat, waarin ek skool gegaan het en waarin ek onderrig is op universiteit. Ek is NIE ‘n taalkundige nie en is baie meer syfervaardig en musikaal as taalvaardig. Maar dis my taal. Dis die taal waarin ek blog. Ek lees wel soms Engels en praat dit ook as dit nodig is sonder verset, maar ek verkies beslis ‘n Afrikaanse boek. As ‘n boek oorspronklik in ‘n ander taal geskryf is, en oorvertaal is na Afrikaans, verkies ek die Afrikaanse weergawe. Dis die taal waarin ek gemaklik is.

Al kry ek al die kritiek in die wêreld, al dink ander dalk dis ‘n kombuistaal, sal ek, sover moontlik, vir die res van my lewe Afrikaans praat en dit probeer bevorder op alle terreine binne my bereik. Ek kan met trots sê dat ons plaaskinders se taalgebruik verbeter danksy my betrokkenheid. Ek het al ‘n Xhosa-sprekende kind op ‘n eistedfodd laat sing: “So ry die trein.” Pragtig!

Ek GUN elke persoon in die wêreld om die taal van sy keuse te praat. Ek dink nie Afrikaans is ‘n beter taal as ander tale nie. Maar ek verkies Afrikaans!!

Wie weet wat op die maagkant van hierdie T-hemp staan??? 😀

Groete

Toortsie

Toortsie by Finesse: Toe kom die reën

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

44 thoughts on “Verklaring oor my taal…

  1. Praat Afrikaans of hou jou bek! – daardie t-shirt en hemde het ek ook al op my blog geplaas lol! Ek stem saam met jou! my ander siening: educated the uneducated ABOUT Afrikaans in English – dis wat ek met van my inskrywings beoog…om SA bekend te stel en ook om die oningeligtes in te lig, want HOE ANDERS sal hulle dan weet – as hulle nie die taal dan verstaan nie. 🙂

    Liked by 2 people

      1. Ke nna le Leafrikanere, ke a leboga, setšhaba sa rena tšêšo. [phew – was bietjie ‘n gesukkel, maar soort van reggekry – sal NIE probeer dig in Sotho nie, darem so effense agtergrond na 6 jaar, waarvan 2 op skool was. 🙂 -] Toorts, ek druk my miskien heeltemal verkeerd uit as ek hier by jou kommentaar los, sal ek maar in die toekoms eerder net lees…LOL! [ek het geweet jy het nie ‘n probleem nie, dis nie waarom ek die kommentaar hier gelos het nie, toemaar! Dis koud hier – ek sien natuurlik hoe sluk jy heerlike tuisgemaakte gemmerbier daardie kant af, ek wens ek het ‘n tenkvol hier gehad, ek sou lekker daarin wou rondswem!]

        Like

  2. Ek is ook baie lief vir Afrikaans, ons praat dit by die huis. Dis die taal waarin ek leef.
    Om veeltalig te wees is egter ‘n gawe en ‘n talent. Ek wens baie keer ek kan sommer baie, baie tale praat want mens het so groot voorsprong wanneer jy met iemand in hulle eie taal kan kommunikeer. Ek is spyt ons is nie ‘n behoorlik ‘n inheemse swart taal op skool geleer nie, maar daai jare was ander jare.

    Liked by 1 person

    1. Hoe lui die spreekwoord? Iets soos – Hoe meer tale die man, hoe meer man die man! Ek respekteer regtig elke ander persoon se keuse van taal, en ek bewonder ander wat baie tale kan praat. ek het maar net my persoonlike eie keuse bevestig. BB! Jy is SO OULIK om 3 tale te praat en te skryf en te sing en te dig! Bravo!!

      Like

  3. Hi Toortsie – alles wat mooi is vir die nuwe jaar!

    Afrikaans is een van die GROOT redes hoekom ons die pad terug na Afrika wil vat. Ek het onlangs twee Afrikaanse boeke gelees – een van Deon Meyer en dan boek 1 van die Manheim sage – en was weereens verstom oor die pratige woorde wat ons tot ons beskikking het.

    😉

    Liked by 1 person

  4. Ek is dit roerend eens. Ek was vir lank in die buiteland voor ons vir die eerstekeer weer “Afrikaanse” televisieprogramme kon begin kyk (danksy ShowMax) en was onaangenaam verras hoe Afrikaans in die volksmond n soort vrot Engels geword het.

    Liked by 2 people

          1. Ek het daai t-hemp. Praat Afrikaans…of hou jou bek.
            En agter-op Afrikaans is ‘n giftige taal. Ingelse X het 1 keer gelees Afrikaans is ‘n giraffe taal, toe wil hy weet wat het ‘n kameelperd met Afrikaans te doen. Shame

            Liked by 1 person

  5. Toortsie, dankie vir die aanhaling van my woorde, dis ‘n groot kompliment.

    Weet jy nou dat jy so praat van die Xhosa meisie wat in Afrikaans sing laat jy my dink aan my een vriend wat nou in Thailand woon. Hy het ‘n Thai meisie en die vrou leerspesiaal Afrikaans om met my en en sy Afrikaanse vriende te kan praat. Dis so oulik hoe sy met haar Thai aksent so mooi ons taal praat. Ek will summier ‘n paar woorde in haartaal leer om haar te beloon, sy doen mos moeite!

    Liked by 1 person

          1. Ek ken al ‘n paar. Ek kan omtrent 16% Japanees praat en dit 50% verstaan (tedanke aan my werk) Volgens my Duitse klas is ek 18% vloeiend in Duits, en ek ken ‘n bietjie Sotho en Zulu. EK het myself ook Latyn geleer. O ja en ek kan ‘n bietjie Frans, Arabies en Spaans praat maar net ‘n klein bietjie. As digter is ek lief vir tale en woorde.

            Liked by 1 person

  6. Mens moenie skaam wees vir jou taal nie, maar ek hou nie van die swart hemp se slagspreuk nie. Ek wens regtig die ander tale in SA se sprekers, begin ook besef dat hulle trots op hul tale moet wees.Ek krimp ineen as ek hoor hoeveel ouers praat net Engels met hul kinders. Eentaligheid is armoedig!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!