Lê-jou-eier: Die perfekte misdaad
Met haar blonde pruik en noupassende klere slaan Camilla ‘n eensame figuur waar sy daar in die donker staan en wag. Maar binnekant kook sy. Gisteraand toe almal na ‘n tronkpartytjie George toe is het sy ‘n telefoongesprek tussen Hester en wegkruipertjie gehoor. Hester het natuurlik gedink sy en Carlos is alleen by toweropstal. Wegkruipertjie kan eers oor drie weke weer toweropstal toe kom… en Hester het heel tevrede daarmee geklink. Dit was die laaste strooi; sy wat Camilla is hang nie vir nog drie weke hier rond, voer hoenders en wonder of daar ooit goud is nie. Nee, sy gaan nie langer vir die gek gehou word nie. Sy het dadelik vir Ben gaan bel; in sy oor gehuil oor haar lewe wat in gevaar is as sy nie by môre ‘n antwoord gereed het vir ‘n sekere persoon wat wag op nuus rondom die goud nie. Ben het dadelik die rol van held oorgeneem, en belowe dat hy haar sal help. Sodra die klomp van die partytjie af teruggekom, en alles weer rustig is sal hy haar kom oplaai. Sy moet vir hom onder in die pad wag.
Al bokspringende kom ‘n trokkie aangery. Camilla wuif hom tot stilstand. “O.Ben ek is so bly jy het gekom, ek is so bang,” sê sy met die inklimslag. Sy groot hand vou om hare. “Jy het niks om te vrees nie Camilla, ek sal jou nie in die steek laat nie.” Sy sug verlig, leun nader aan hom en fluister saggies, “Dankie Ben.”
Toe hulle by die dofverligte stasie stop is dit gou duidelik dat Ben sy planne goed uitgewerk het. Op Camilla se vraag of hy alleen sal regkom verseker hy haar dat hy meer as mansgenoeg is vir die taak, en spring onmiddelik aan die werk. Camilla staan langs die trokkie, en kyk om haar rond. ‘n Doodse verlatenheid lê oor die plek. ‘n Koue rilling trek langs haar ruggraat af. Sy voel onrustig oor die Klong. Lekkervurig sê wel hy is gevang en doen nou gemeenskapsdiens…. maar wie sê lekkervurig vertel die waarheid. Dan is daar nog die kodeboodskap… en Abrie. Vererg skud Camilla haar skouers; met hulle kan sy later afreken as dit moet. Verligting spoel oor haar toe sy Ben met sy duikpak aan, en rugsak op die rug die trappies sien afklim. Hy skud sy kop, “Niks nie,” sê hy.
By toweropstal is alles nog rustig. Die honde begin blaf, maar kom stertswaaiend nader toe hulle Camilla herken. “Die katrolle en kettings waarmee jy in die skag kan afklim is alles klaar vasgemaak bo-op die skoorsteen” sê sy vir Ben. Hy knik sy kop, bekyk die skoorsteen ‘n oomblik en begin dan rats klim. Camilla hou hom angstig dop; kort voor lank gaan die dag breek, en dan sal sy weet of haar drome uiteindelik bewaarheid gaan word of nie.
Die Ben wat heelwat later bo-op die skoorsteen verskyn en byna kop eerste daar afduik is nie dieselfde kalm Ben van vroeër nie. Sy gesig is asvaal, en sy oë staan verstar in sy kop. “Ben.!!! roep Camilla benoud, en begin aan hom skud. “Praat met my Ben…. wat is verkeerd.” “Dit sssspooook daarbinne” is al wat sy uit hom kry. Dan was die stories oor die spook tog waar dink Camilla. Maar spook of nie spook nie sy wil weet van die goud. Sy stap die opstal waar die eishmasjien en glase staan binne, gooi ‘n stywe dop brandewyn in ‘n glas en vat dit vir Ben. “Drink hierdie, dan voel jy sommer gou beter,” sê sy in ‘n stem wat drup van die stroop; intussen wil sy die man skud dat hy homself so deur ‘n spook op hol laat jaag.
Die brandewyn skop vinnig in, en Ben vertel Camilla van sy ondervinding. Die kelder is so driekwart onder water. Hy het geduik en die kelder van hoek tot kant deursoek maar daar is geen teken van goud nie. Dis toe hy homself by die skag wou ophys dat hy in die regterkantste hoek ‘n opening gesien, en ondersoek gaan instel het. Die opening het na nog ‘n vertrek toe gelei. Met ‘n tou wat daar vasgemaak is het hy homself in die vertrek laat afsak. Behalwe vir ‘n ou stowwerige kis in een hoek, was die vertrek leeg. Vol vertroue dat die goud in die kis weggesteek is het hy die deksel opgelig….maar daar was net ‘n paar ou boeke in. Terwyl hy deur die boeke geblaai het, het hy die aardige gevoel gekry dat hy nie alleen is nie, en toe hy omdraai staan daar ‘n ou man met ‘n baard agter hom, en wys met ‘n beskuldigde vinger na die boeke toe. Ben het teruggedeins, binne in die kis te lande gekom en in die proses sy flits laat val. Toe hy uiteindelik weer die flits in sy hande het…. was die ou man weg.
Met leë beloftes stuur Camilla Ben terug George toe, en stap dan die Parkhome binne. Sonder veel seremonie gooi sy Hester se slaapkamerdeur oop; ignoreer Carlos wat met kaal bolyf in die bed sit en rook, en haar een van sy skitterende glimlagte gee. “Waar is die goud?” Vra sy in ‘n sissende stem, en ruk die kwilt van ‘n nog slapende Hester af. “Die wat,” vra Hester deur die slaap. “Die GOUD Hester, die GOUD wat julle ons belowe het!!” Haar stem het so in volume toegeneem, dat daar oral in die Parkhome nou lewe kom. Deurmekaar hare, en slaapgesigte verskyn meteens van oral. “Vir wat skop jy so ‘n bohaai op dat niemand kan slaap nie?” vra Scrapy. “Wil ek ook weet,” sê Toorts wat nogsteeds haar tronkklere van die vorige aand se partytjie aanhet. “Ag bly stil julle klomp treurige misdadigers!!” gil Camilla nou heeltemal buite beheer van haarself. “Ons is gekul….. daar is nie GOUD nie!!” en met die woorde begin haar skouers ruk, en trane oor haar wange stroom. Haar drome lê aan flarde, en die wipplank ryery van die afgelope weke het uiteindelik sy tol geëis.
Ek nomineer nou vir Una om verder te vertel.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Ag Camille, ek was nog nooit so verlig om van die towerinne te hoor nie, al is dit slegte nuus. Genade. Una ek hoop jy kan die sluwe spul aan die kaak stel. Onthou daar is beloninggeld van die Gupta-outjie beskikbaar.
LikeLiked by 1 person
Lekkervurig niks kan my nou troos nie. Ek lê hier met dikgehuilde oë en wonder waarheen nou. Die kroek in dié deurmekaar spul gaan les opsê as ek net weer my bearings kan kry.
LikeLike
Lekkervurig gaan lees asb hieronder https://toortsie.com/2018/02/19/kameel-die-misdaad-2/#comment-30411
LikeLike
Kameel! Fantasties, jy moet gaan boeke skryf!
LikeLiked by 2 people
Dan leef ek die heeltyd in ‘n fantasie wêreld 😊
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n goeie plek om te wees.
LikeLiked by 1 person
Dink dis bietjie soos om van daardie spinasietert te geeët het.
LikeLiked by 2 people
Nee, ek sal nou nie weet nie. Ek was mos weer die enigste nugter persoon by die paartie.
LikeLiked by 1 person
Ek eet ook nie die spinasietert nie… maar sien hoe dit ander affekteer. Lyk asof hulle in ‘n onwerklike lewe beland.
LikeLiked by 1 person
Wel, Alice in Wonderland het ook mooi dinge beleef nadat sy die magic mushroom geëet het 😀
LikeLiked by 1 person
Daar was beslis bietjie papegaaislaai in daardie spinasietert, maar dit het gesorg dat jy ‘n besondere stukkie hierbo neergepen het, Kameel!
LikeLiked by 1 person
Dankie perdebytjie 😊
LikeLiked by 1 person
Nou, net om te verduidelik oor die gesprek met Wegkruipertjie, want ek bly in die moeilikheid en dit nie deur my eie toedoen nie: Wegkruipertjie is op ‘n geheime sending vir die regering en kan nie terugkom nie. Ek is NIE tevrede daaroor nie, maar wat kan ek doen? Hoe moet ek weet hoekom daar nie goud is nie? Dit was nie my storie nie, vra vir Klong en Abrie. Hier sit ek nou met Carlos (wat nou ‘n paar tande kort omdat ek hom ‘n snotklap gegee het – wat laat hom dink hy kan in my bed rook?). Wat gaan ek vir sy familie vertel?
LikeLiked by 2 people
En net hier het jy nou my trane laat opdroog en laat skaterlag. Arme Carlos…. tel net die tande op en gee dit vir Una 😀😀😀😀
LikeLiked by 2 people
Haai ja, Una sal die tande waardeer – die goud daarin meen ek.
LikeLiked by 1 person
Haai weet jy, die ongevoelige man. Dat hy nou sowaar jou bed uitkies as ñ rook-zone. Red nou ñ nasie met sulke ongepoetsheid! Sê vir jou familie jy het probeer keer, maar die res van die beddens was beset. En ñ man het mos darem sy behoeftes…☺☺☺ Jammer, ek is effe snaaks vir myself.
LikeLiked by 3 people
Hester wil hom mos aan haar vasgeketting hou.
LikeLiked by 1 person
Haha, dis wonderlik as jy jouself amusant kan vind – min mense het daardie vermoë.
LikeLiked by 2 people
Was dit voor of na die tyd dat Carlos gerook Hester (jy hoef nie te antwoord nie)
LikeLiked by 2 people
Jy kan hoop sy antwoord nie…. anders waai jou tande ook.
LikeLike
Wel dit , was nie GEDURENDE nie, anders het ek albei sy arms ook gebreek.
LikeLiked by 3 people
😂😂
LikeLiked by 1 person
Wat soek hy in elk geval in jou kooi?
LikeLiked by 2 people
Ek het al vertel 😡 Ek moet hom aan my vasgeboei hou sodat hy nie wegraak nie. Nou kort hy ‘n klomp tande. Hoe gaan ek sy pa oortuig dat hy in die kelder gaan speel en sy tande uitgeval het het. (Of kan jy aan ‘n beter verskoning dink?).
LikeLiked by 1 person
Miskien sal ‘n stel splinternuwe goue voortanne die ding doen. Ek weet net nie waar ons nou goud gaan kry daarvoor nie, aangesien die sg goud net ‘n ” pie in the sky” was. Abrie moet direk verantwoordelik gehou word vir al die moleste!
LikeLiked by 2 people
Ja, ek wonder
LikeLiked by 2 people
Dink ons moet Abrie gaan teer en veer…. om ons so om die bos… ek bedoel toweropstal te gelei het.
LikeLiked by 1 person
Hy lag heerlik in sy mou!
LikeLiked by 1 person
As hy weet wat goed is vir hom, sal hy saam met die Gryptas en Duduzani verdwyn!
LikeLiked by 1 person
*****
Uitstekend, PUIK!
Nee wat, nou verwag ek elke weeg n one pager kortverhaal van jou, hoor! Jy het nou n standard hier kom stel!
Bliksems, ek voel verraai…. geen goud!!!!
LikeLiked by 4 people
Dankie vir kompliment ekmyself… maar net gister gewonder hoe bly enige skrywer in kontak met die wêrklike lewe as die karaktets in die verhaal jou brein so oorvat.
LikeLiked by 2 people
Ek wonder nogal ook daaroor, Kameel. Mens kan so maklik ontvlugting vind in jou karakters.
LikeLiked by 1 person
Dis rêgtig asof hulle begin lewe Una.
LikeLiked by 1 person
☻☻☻Spook!!!!!!! Ben het die spook gesien!!!!!! O nee, Lekkervurig, nou moet ek eers gelawe word. Bring daai brannewyn en eish… Watwou die sluwe skelms aan die kaak stel! Ek gaan sit, vir lank. So baie skuld gemaak! Nou is die goud elders, IEMAND het ons goud gesteel. Want regtig, Abrie sou mos nou nie só kon jok nie? En ek is SO moeg vir hoenders oppas, sowaar, dis seker wat ek vir altyd in die tronk ook gaan doen, hoenders moet kosgee.
Camilla, jy moet nou sterk wees, vir m…vir ons almal se onthalwe. Want regtig, as ek saam met jou aan die huil gaan, vandag van alle dae, gaan ons twee ñ Kaapse dam kan opvul.
LikeLiked by 2 people
Ek het nie eers geld om êrens heen te vlug nie Una. Sit ook gestrand hier tussen die hoenders. Ben het verlief geraak op Camilla…. en sy bestaan nie eers nie… anders kon ek my op hom beroep het. O weë, wat gaan ons doen.
LikeLiked by 1 person
So ñ onbetroubare man! Maar ai Kameel, sy is darem so ñ sprankelende ene, en so mooi op haar wikkelhakkies…ñ Man bly mos maar ñ man, jong.
LikeLiked by 2 people
Dis juis…. ek sien nie vir die res van my lewe kans vir haar nie. Ek wil sommer net ontspan en Kameel wees.
LikeLiked by 1 person
Uns sien asb belangrike boodskap hier onder
https://toortsie.com/2018/02/19/kameel-die-misdaad-2/#comment-30411
LikeLiked by 1 person
🤔😉
LikeLiked by 1 person
Ek dink ons moet daai geskrifte wat Camille en Ben (is dit die loodgieter???) gekry het bestudeer. Wie onder ons is ‘n spookwhisperer? Die Bebaarde sppok het na die boeke gewys – miskien is die sleutel na die ligging van die goud daarin versteek.
LikeLiked by 2 people
Gaan jy in daardie spookkelder inklim? Ek moet eers tot verhaal kom…. niks laasnag geslaap nie, en toe die teleurstelling. My brein is nie in staat om behoorlik te dink nie.
LikeLiked by 1 person
Kom ons maak gou ñ lysie, en dink wie ñ Spookwhisperer kan wees…Hester, Scrapy, Perdebytjie, Kameel, Camilla, Toortsie, jy, Woestynkind, Ekmyself, Sonell, en ek. Het ek iemand uitgelos? Moet sê, dalk sal Scrapy dit kan doen. Haar kop is stewig op haar skouertjies vas.
LikeLiked by 3 people
Wel Una, ek sien jy is volgende aan die beurt. Dalk moet jy dan vir Scrapy nomineer om te gaan hoor hoekom staan en wys daai spook na die boeke? Haar seun het mos vir haar ‘n ghostbuster-thingy saamgegee en as daar ‘n spookstorie is, wil ek hom hoor.
LikeLiked by 2 people
Hierdie klink na ñ blink plan, Hester!
LikeLiked by 2 people
Nee moet asb nie op my reken nie, ek glo nie in spoke nie, so ek sal glad nie aan hulle kan “whisper” nie…
LikeLiked by 2 people
Laat jy my lag ekmyself 😀😀😀
LikeLike
☺
LikeLiked by 1 person
Ek lyk reeds soos ‘n spook. Miskien moet dit ek wees!
LikeLiked by 1 person
😀😀😀😀 Het jy intussen baard gegroei!!! Moet daardie tert wees.
LikeLiked by 1 person
Ek le en lek my wonde, hier onder die boom op die hangmat, ek het gehoop op n ou wilds/bosveldplasie vir my en my boer en nou is dit ook taboooooo, met die dat die verdomde goud weg is….
LikeLiked by 1 person
En my en Una se villa in Italië is ook daarmee heen. Is daar nog ‘n hangmat? Is moeg in die kamer gelê en huil. Die spul kroeks wat ons so aan ons neuse rondgelei het.
LikeLiked by 1 person
Ja, hier is nog een, stap oor, ek gaan gou vir ons ietsie sterks ingooi, dan kan ons verder suip-en-sanik. Sien jou nou.
LikeLiked by 1 person
Jy laat my alweer lag… ek is vinnig besig om weer myself te vind.
LikeLiked by 1 person
Liewe Towerinne, aangesien Kameel se alter ego so woel daar by die opstal, dink julle nie dis dalk tyd vir Toortsie se Ursula om ‘n draai te kom maak nie?
LikeLiked by 2 people
Ursula het haar laaankal vir my vervies. Sy sing deesdae in die kerk, dis al waar ek haar raakloop.
LikeLiked by 2 people
😀
LikeLiked by 1 person
Ag hoe bly ek is nou die geheim is uit! Ek het nog heeltyd gedink ons word vir die gek gehou, tot voordel van ander. Daarom dat ek nie wou duik nie (kan nie swem nie), wou boor nie en wat nog alles nie. Ek wou sommer net by wees en die partie geniet, en hoor hier, ek hét! En Dankie Kameel dat jy nou voet neergesit het en die ding opgelos het, anders het ons in Mei 2019 steeds hier gesit en wonder.
LikeLiked by 2 people
Dit was tyd Toorts. Liewe land… ek sit ‘n paar kilos van George af…. en daar is mense wat my soek. Sal nog dink ek paartie dan sit ek in die tronk.
LikeLiked by 1 person
Dan kan jy my outfit leen! 😂
LikeLiked by 1 person
En my foto agter tralies laat neem 😉
LikeLiked by 1 person
Netso 😂 Daardie tralies is gelukkig baie lig en mobiel, jy sal maklik daaragter kan uitkom.
LikeLiked by 1 person
Ben sal my wel daar uitkry…. al sit ek in Ford Knox 😀 Ai, hoe lekker om ‘n held in die verhaal te hê.
LikeLiked by 1 person
Ja! Regtig waar! Helde is skaars deesdae.
LikeLiked by 1 person
Ek het mos gese daar is net ou water in daardie tenk.
Camilla, ek is bly jou held op die lood gieter het opgedaag maar iets klink nie vir my lekker nie. Ben draai dalk ‘n storie aanmekaar met sy bobbejaan spanner. Wie se hy gee nie bloot voor dat hy so verskrik is nie, net om ons daar uit te hou met sy spookstories?
Buitendien of Ben of Lekkervurig jok. Lekkervurig beweer en ek haal aan: Gaan ons nou af kelder toe om die kis en geraamte van naderby te bekyk….miskien is daar ‘n leidraad. Onthou ons het met die drone se sonar vasgestel die kelder is droog en daar is net ‘n geraamte en skatkissie te sien. Dis seker waar ons moet oorbegin,
https://lekkervurigeaffere.blog/2018/02/15/eendrag-maak-mag/#comment-1458
‘n Droe kelder? En Ben beweer dis is 3/4 onder water? Maar ek glo eerder vir Ben. Die enigste kruisverwysing vir Lekkervurig se storie is die brief in geheime ink wat sy aan die towerinne geskryf het en daar staan:
Wat niemand weet nie, is dat Scrapy se drone ge”hack” is. Hy het sonar allerlei vermoëns wat van ver af beheer kan word. So het ons al vasgestel dat daar wel ‘n kelder is, maar daar is net ‘n klein kissie en ‘n geraamte te vinde. Is dit die moeite werd om die kelder binne te gaan – miskien is daar waardevolle inligting wat ons kan help om die goud op te spoor? Sê nou dit is Abrie se Oupagroot? Sê nou dit spook in die kelder?
Danksy die Drone is ‘n geheime boodskap onderskep – ons vermoed dit is tussen Abrie en Storieklong.
https://lekkervurigeaffere.blog/2018/02/14/n-reuse-kinkel/
“ons” Wie is die ons waarna sy verwys? Die “ons” is sy, En in haar inklose briefie word geen melding van ‘n droe kelder gemaak nie eers later in haar kommentaar (miskien het die water die ink weggewas). Maar daar word wel melding van ‘n spook gemaak en nou Ben ook. Dalk is die 2 nog kop in een duipak.
Kameel dankie vir jou inisiatief maar ek is nie so seker of die goud nie in die kelder is nie. Miskien moet die drone gebruik word om Lekkervurig dop te hou.
LikeLiked by 1 person
Abrie ek vertrou lekkervurig met haar baie vrae niks…. sy is te slim. Ek vertrou Ben voordat ek daardie drone vertrou….. noem dit vroulike intuïsie maar ek glo Ben se behebtheid met Camilla is eg. Hopenlik vind scrapy uit of jou oupagroot daar spook!!! Waar die goud is weet ek nie…. maar dit is definitief nie in die kelder nie daarvan is ek nou seker.
LikeLike
Ja ek stem saam Lekker vurig gebruik haar eie stories as bewys vir haar eie stories. Vertrou jou intuisie Kameel. Daar is darem een ding wat waar geword in haar kode en inklose blog(die opmerking oor JZ)
ONTSYFER VOOR 12h00 15 Februarie 2018. (Miskien is JZ ook al weg…)
LikeLiked by 2 people
Juts en jurie…rerjg Abrie
LikeLiked by 1 person
Ag dankie 🙂 🙂
LikeLiked by 1 person
Julle kyk te veel teevee. Abrie, jy het in jou crime scene blog vertel hoe die plek mens mislei. Miskien kyk julle uit die verkeerde perspektief. Towerinne, vra Abrie bietjie oor die ander bouval wat hy nog wil kiek. Pffft. Daar is die knoop in die storie….🤔 O, ja, Abrie, lees weer terug. Hester was saam met my, dis die ons in my pond….met die hack en sonar. Ek het ook vir julle R5 miljoen beskikbaar na die gupta mannetjie, lekker ignoreer julle dit. Lees mense, lees. Hier is liederelike verdagmakery. Ja, Kameel…💸💸💸
LikeLiked by 1 person
Lekkervurig…. daar bly iets pla rondom jou. Jy doen baie goed… dit stry ek nie… maar iets bly my krap. As jy op die einde onskuldig is sal ek omverskoning vra…. tot dan is daar ‘n paar misdadigers wat ek nie oor rustig is nie.
LikeLike
.
LikeLike
So ‘n kameel se bek kort jam
LikeLiked by 1 person
In jou guns dit is ‘n toweropstal (en ek erken ek het lekker gelag toe jy my blog aanhaal oor die misleiding 🙂
Wat teen jou tel. Die 5 miljoen dek net onkostes en is kleingeld in vergelyking met grootoupa se Kruger skat – skat
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n storie, dorie
LikeLiked by 1 person
“Beware of the verbose few…”
LikeLiked by 1 person
Verskoon tog, my afwesigheid. Ek was so uitgeput, na die braaiery, dat ek net moes verdwyn. Toe duik daar soveel dinge, onverwags, op, waaraan ek onverwyld, aandag moes gee, dat ek nou maar net af en toe kan lees. Julle verhaal loop baie mooi en daar gaan een of ander tyd, ‘n onverwagte wending kom. Sterkte!
LikeLiked by 3 people
Daai wending beter gou kom, die Boss en towerinne soek na ‘n sondebok vir ‘n soeke na spookasem….
LikeLiked by 2 people
Wonder ook oor die wending. Sit almal in die duister en wag vir wat volgende gaan opduik.
LikeLike
O, hier is jy! 😁 Dankie vir al jou harde werk met die braaiery. Sjoe, die mense het dit datem geniet.
LikeLiked by 1 person
⚡Ek kan ook nie vir ‘n minuut my rug draai nie, dan gryp die misdadigers mekaar aan die keel. Beide Abrie en Kameel is nou oortuig dat Lekkervurig ander motiewe het. Is hier geen eerbare misdadigers hier nie? Probeer Lekkervurig ons om die bos lei of gedra Abrie hom nou weer soos ‘n stout seuntjie. As jy besig is met verdere poetsbakkery Abrie, sal jy ge⚡ word. En hou asseblief op met hierdie obskure verwysingskakels van jou; ek probeer BOEK hou van wat aangaan sodat ons die pad vorentoe kan bepaal en jy maak die verslaggewing vir my moeilik. As jy iets wil sê, klim op jou seepkissie en praat sodat almal kan hoor.
LikeLiked by 1 person
En luister nou vir my, of daar nou water in die kelder is of nie (dit klink vir my of die plek ‘n badprop het), ek wil weet van die spookstorie.
LikeLiked by 2 people
Agge nee Hester…. die plek het ‘n badprop 😀😀😀😀😀 Die naam toweropstal is baie gepas…. now you see me, now you don’t!!!
LikeLiked by 1 person
😜
LikeLike
Lekkervurig sê dankie Hester. My lyf is blou gemoker deur Toweropstal se boelie(s). Ek stem vir daai spookstorie….Una, waar is jy?
LikeLiked by 1 person
Lekkervurig ek probeer ernstig wees oor jou blougemokerde lyf…. maar dis moeilik!!
LikeLike
Jinne, jy moet sien hoe lyk my selluliet en my hart,😢😖
LikeLiked by 1 person
Ai vrou…. jy laat my nou sleg voel. Seĺluliet alleen is klaar erg genoeg!!!
LikeLike