In die ou dae was daar in die WP beheerpaneel ‘n baie lekker lys: Nuutste bloginskrywings, gewildste bloginskrywings en gewildste blogs, en dit dan, Afrikaanse blogs. As ek wou blogs lees, het ek net daar gaan kyk en altyd ‘n verskeidenheid gehad om uit te kies. Deesdae is daar net nuutste bloginskrywings en uit die klompie wat gelys word, dalk twee of drie Afrikaanses.
Nou kom die probleem: Hoe weet ons van nuwe blogs? Die beste raad is nog wat Xenavir my gegee het, was dat die nuweling by ander blogs moet lees en kommentaar lewer. Maak jouself bekend.
Hier is ‘n paar oulike blogs wat ek raakgeloop het en ek sal bly wees as julle in die kommentare, of, as julle wil, op jul eie blogs ook’n lys sal maak van oulike blogs wat julle raakgeloop het. Verkieslik Afrikaanse blogs. Ons is mos nie ‘n eksklusiewe groepie wat nie nuwe blogmaats wil intrek nie, nee wat, ons omarm graag nuwe maatjies. Dalk is al hierdie blogs nie heeltemal so nuut nie, dalk is ek net die agteros wat hul nou eers ontdek het.
2) virgoC
3) zeesbees, krummels en katkuite
4) Sonell is ook eintlik ‘n nuweling, of ek het haar laat ontdek, maar sy is alreeds lekker deel van die bloggergemeenskap, of so lyk dit vir my.
Nou is dit jou beurt.
Onthou om elke blog te tag. Jy maak ‘n bloginskrywing in daardie blog oop. Kleur sy adreslyn (url) in. Regskliek. Copy. Dan kom jy na jou blog en kleur die woord wat na daardie blog verwys, in. Regskliek. Paste.
En as jy my naam noem, of enige ander blogger se naam, is dit hoe ons maak om te verseker die persoon weet ons het van hom gepraat. ❤
Toortsie
Toortsie by Finesse: My geselskap
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Baie baie dankie! Ek sal ook so paar deel.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie, x
LikeLike
😁
LikeLike
Dankie… toe ek my blog geskuif het het ek nie eers die nuwe blogslys gehaal nie… snik!
LikeLiked by 1 person
Bedoel jy daai tyd? Kan nie wees nie!
LikeLiked by 1 person
Ek belowe jou Ek het seker iets verkeerd gedoen dat dit nooit geregistreer het nie
LikeLiked by 1 person
Is die taal wat jy gekues het, Afrikaans? Dis tog seker waar ek jou ontdek het?
LikeLiked by 1 person
Jip … bloos… my Ingils is erg beperk. Ins die begin het ek na die lyste gekyk en daar gelees maar naderhand het ek nie meer gekyk nie want almal wat saam geskuif het het ek darem gevolg
LikeLiked by 1 person
Dis vreemd.
LikeLiked by 1 person
Gelukkig maak dit nie saak nie.
LikeLiked by 1 person