Die polisiepartie

Vervolg op Lekkervurig se hoofstuk.

Was dít nou ‘n storie, glo julle vir my! Ek wil amper sê ‘n deurmekaarspul, maar deurmekaar was dit ook nie regtig nie. Eerder vreemd.

Dis polisiemanne, dis Huisgenoot, tiewie, bloggers en dan nog die lot Valke ook wat hier aangevlieg gekom het. Hier het nog ‘n klompie SARS manne ook gekom en ‘n klomp dames van een of ander welsynsorganisasie.

Maar dat ons partie gehou het, is beslis gewis. Ek dog ons moet vir alles sorg, maar hulle het verder gedink: Hul het ook ‘n hele klomp verversings saamgebring, so ons het geëet en die span het gedrink, gedans, gerook en gesels, twee hele dae aanmekaar. Ek dink nie hier is geslaap nie, hier is nie plek nie!

Ag, hul was tog te ordentlik ook nog, ewe vir my vertel hul het nooit geweet spinasietert kan só lekker wees nie! Hul was behoorlik blink om die kiewe van al die skilpadjies en ribbetjies en lekker vet skaaptjops.

Arme Coetzee moes behoorlik bontstaan met die braaiery, maar daar was darem baie gewillige hande wat hom gehelp het. Dankie ook vir almal wat my gehelp het in die kombuis en ekstra dankie aan die span wat aanhou boor en delf het aan ons skat! Dís tog eintlik hoekom ons die polisiepartie gehou het: Om hulle besig te hou solank die werkery aangaan, of hoe?

Soos wat almal mekaar beter leer ken het, het die gesels al lekkerder geraak, die musiek al harder en die dansery al losser.

Met dié wat ek vir die man onder die seiltjie moes kos aandra, het hy baie geselserig geword. Maar Atul se stories het my baie bekommerd. Ek kon nie altyd volg wat hy sê nie, hy het soms erg in raaisels gepraat, maar daar is iets wat my bly pla. Hy kon nie uitgepraat raak oor twee goeie vriende van hom nie. Hy sê hul het al baie keer saamgewerk, goeie ouens, sê hy. Hul is eintlik ‘n driemanskap.

Hy vertel die een ou is so lief vir boerdery en hy dra altyd ‘n hoed en ry graag trekker. Hy sê hy het eintlik verwag die ou sal ook by die partytjie wees, want hy wéét blykbaar van hierdie samedromming.

Die ander een is blykbaar so lief vir bergklim en ken hierdie wêreld baie goed. Hy was blykbaar jare gelede ‘n gids by die Kango Grotte, sê hy. Hy sê toe die blok vir hulle familie ‘n bietjie warm begin raak het, het hierdie vriend vir hom gesê hy moet hier na Toweropstal kom, dis ‘n veilige wegkruipplek, en dan kan hulle drie sommer hul ongedane sake afhandel. Hy verstaan nou nie hoekom hier soveel ander mense ook is nie.

Nou weet ek nie so lekker nie. Ek kry ‘n vreemde kouete in my ribbes. Iets voel darem vreeslik verdag, dink julle nie ook so nie?

Ek benoem vir Wegkruipertjie om te gaan ondersoek instel oor al hierdie sake, sy doen dit mos wegkruip-wegkruip! En dan moet sy sommer gaan duik daar in die watertenk ook asseblief dat ons nou vir eens en vir altyd weet wat die ware toedrag van sake is: Is hier goud, of nie?

Toortsie

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896

Toortsie by Finesse: My geselskap

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

96 thoughts on “Die polisiepartie

  1. Kyk, ek is behoorlik so deurmekaar soos kots…jammer dat ek dit so kras stel! So dit wil begin lyk of DIE TWEE, julle weet wie, wel kop in een mus is?

    Kyk, ons klomp kan ordentlik paartie! En nogal so saam met die poelieste ook. Coetzee ken van braai, en jou kos was uit die boonste rakke. Ek was natuurlik so bang vir die SARS manne, skoon aan die rook gegaan.

    Liked by 4 people

    1. Hoekom was jy vang vir Sars? Het jy dan iets om weg te steek?
      Daar is natuurlik ‘n ánder vraag: Kan ons die man onder die seil se stories glo? Vir wie glo kns, ‘n erkende skelm? Of, hulle wie ons ken? 😱

      Liked by 1 person

      1. Ek glo niks wat daardie man onder die seiltjie sê nie…. hy is ‘n uiterste skelm. In elk geval die valke het hom nou hier weg….. so bye, bye!!!

        Liked by 2 people

          1. Laas wat ek van haar gehoor het is toe Una haar byna verdrink het daar in die kelder. Sy is nog nie weer gesien nie!!!

            Like

  2. Jong, ja, ek weet nou nie meer nie. Is hierdie ‘n misdaadtoneel of ‘n hippie-bootcamp? Almal was hoog deur die blare en het vreeslik gelukkig gelyk, veral daai afvaardiging van Kindersorg. Almal was so gelukkig dat hulle nie eens agtergekom het dat ek ‘n man saam met my gesleep het wat aan my vasgeboei is nie. Carlos. Die goudkoper wat ek saamgebring het van Las Vegas af. HET JULLE HOM OOIT RAAKGESIEN? Maar waar is die goud? Niemand stel belang nie – almal wil net banting spinasietert eet.

    Liked by 2 people

    1. Hester ek krap ook kop oor Carlos!!! Die man is charming…. is hy die prins in jou lewe? Was jy bang Camilla lok hom van jou af dat jy hom so aan jou vasgeboei het?

      Liked by 3 people

      1. Nee Kameel, hy is die verteenwoordiger van die ouens wat die goud by ons gaan koop, maar ek moet sorg dat hy ons nie ‘n rat voor die oë draai nie – jy weet watse skelmstreke kan hierdie sindikate pleeg. Ek hou hom dop soos ‘n valk .

        Liked by 1 person

    2. Ek dink dis omdat ons nie regtig ingestel is om skelm te wees nie. Partytjies en etes is veel aanlokliker. Maar ek stem saam ons moet nou begin doen waarvoor ons hier is. My Byeboerwa staan gereed om die buit te laai…onopsigtelik daar neffens die skoorsteen.

      Liked by 2 people

  3. Hierdie Carlos outjie, Hester. Hy lyk na ń goeie mens…? Eerlik. Opreg. Of hoe sal jy hom beskryf? Gewillig. Behulpsaam. Hoekom is hy aan jou vasgeboei? Sal iemand hom wil steel? Of was dit ń paartie trick?

    Liked by 2 people

  4. Toorts kyk ek skeel of verskyn jou blog nie daar by die blou paddamense nie. Lyk ook nie of wegkruipertjie getag is nie. Kyk ek is so moeg gepaartie dat ek miskien die kat by die stert beet het…. vra maar net.

    Like

  5. Ek wil net vir julle almal sê, hierdie storie wat nou al ‘n week aanhou, het my oneindige genot verskaf. Julle is so ‘n oulike klomp en ek wens ons kon regtig saam paartie hou!
    Julle skerp sê-goed is sommer lekker pret. Dankie julle ou klomp skelms!

    Liked by 3 people

    1. Weet nie van die ander nie maar ek geniet dit net so perdebytjie. Bars partykeer kliphard uit van die lag….. en die verbeelding van die klomp is fassinetend.

      Liked by 3 people

      1. Eerlik, ek weet nie hoe ek nou weer gaan regkom as hier uiteindelik ñ einde opduik nie. Pla my eintlik glad nie as dinge stadig gaan nie. Sodra ek alleen begin voel, loer ek net na die nuwe kommentare, en dan kry ek weer woema.

        Liked by 3 people

  6. Word daar al weer probeer om iets in die geheim te doen? Ek sien daar is nie ‘n link by Inlinkz nie vir die inligting wat hier dedeel word nie. Dit laat my wonder oor Toortsie. Is haar banting boeke eintlik net ‘n verskoning om geheime kodes die wereld in te stuur. Dit klink vir my of Toorts ook ingekry weat Hester se leifdadigheidstannies ingekry het en dat sy drome droom wat vir haar soos tegte gebeure laat voel. Anders as Eskom se eks baas was ek nog nie by Saxonworld Shebeen nie

    Ek het so tussendeur die gewerskaf uitgevind dat die Skimmelkrans stasie op munisipale grond is.Daar is mos ‘n lekker watertenk daar vir die winterreens wat in die Kaap gaan val. Ek het met my vriend by wie ek nou die dag gaan eet oppad hiernatoe, gepraat (hy is op die stadsraad en juis die grondsake komitee voorsitter) en dis heeltemal in die haak met hulle ek kan maar die tenk kry en hom per trein vervoer na my huis in Bellville. Anders gaan dit later net ‘n onkoste vir hulle wees as hulle dit moet verwyder. Die vervoerkoste is baie minder as die koste van so groot lekker tent. Ek gaan net ‘n paar sterk manne reel om die tenk op ‘n trein te laai. My blomme gaan in die Somer kan blom 🙂 🙂

    Liked by 2 people

    1. Abrie asseblief tog net nie weer nie…. net as ek my vertroue in jou terugkry dan kom daar weer ‘n ding. Los daardie watertenk net daar totdat seegogga daar ingeklim het.

      Liked by 1 person

      1. Abrie op hierdie Saterdagoggend vergewe ek jou vir vyf minute. Ek het nou kliphard gelag toe ek lees jy sê by die tyd dat ons klaar is met hierdie boek gaan hy swaarder wees as ‘n kanselbybel 😁😁😁😁😁

        Liked by 1 person

        1. Toorts ek weet nie meer wie om hier te glo nie…. Una sê sy het amper vir wegkruipertjie verdrink in die kelder vol water…. dan lees ek weer die kelder is droog en daar is net ‘n kis in. Abrie het aan die begin gesê my kop in dié storie is nie dronk nie….maar vanoggend is my kop heeltemal dronk. Was ek nie so bang vir noutes nie het ek self vanoggend in daardie skag afgeklim en gaan kyk wat gaan daar aan. Onthou ek het nie spinasietert geeët nie, so ek dink nog redelik nugter. Ek is baie lus en bel daardie mannetjie wat so uit Camilla se hand uit eet, en vra hom om vir my in die skag te klim. Eendrag maak mag se voet, ek voel die rebellie binne my skop. As daardie perd eers opgesaal is loop hy almal voor hom plat…. come what may!!!

          Liked by 3 people

            1. Ek wil net uit iemand betroubaar se mond hoor wat gaan in die kelder aan… dan sal ek tevrede wees. En ja, waaaaaar is wegkruipertjie??? Abrie se behebtheid met die watertenk maak my sommer ook de vieste in. Hy het kamtig daar gaan inloer…. maar die goud is nie daar nie. Ek wil die man glo…. maar hy maak dit moeilik. Jy het mos saam met hom ‘n glasie geklik (as dit ooit die regte woord is) so wat dink jy lekkervurig?

              Liked by 1 person

              1. Ek dink ons moet die skag oopmaak terwyl ons vir Wegkruiper wag. Miskien is daar ‘n leidraad vir ons in die kis en miskien sal die geraamte vir ons duidelikheid gee. Sê nou daar is ‘n spook? Iemand sal weer tenk moet in, Una?

                Liked by 2 people

                1. Hoekom vra jy nie vir seegogga nie lekkervurig…. sy is gewoond aan al die grillerige goed onder die see? Ek dink ook iemand moet gaan kyk wat nou eintlik in daardie kelder aangaan!!!

                  Liked by 1 person

                    1. Jy kan maar opsit…. Hester weet die klomp het gisteraand alweer gaan party. Sê sy en Carlos was alleen. Sien nie eers hoe ek die plek onder hulle neuse gespring clean het nie.

                      Liked by 1 person

          1. Kameel, ek en Wegkruipertjie het regtig in water geduik. Jy laat my wonder…Kon ons verkeerd verstaan het? Want hoe kan daar nou nie water in wees nie? Ek is steeds te bang om na haar te gaan soek, want sê nou net. Nou lê ek maar laag. As jou rebellie inskop, ek is saam met jou. Laat hy inklim, ons betaal hom met een van Carlos se goue tande. Hy het BAIE. Ek sê liewer niks van Abrie se nuutste idee nie, hy is heeltemal te slim vir my. Meeste van die tyd verstaan ek nie kop of g…t waarvan hy praat nie. Hoekom nou ewe skielik op ander tenks fokus? Wat dan van die kelder? En waar is jy? Ek loop en soek jou al heel oggend.

            Liked by 2 people

            1. Hoe moet ek nou kwaad bly en my rebellieperd opgesaal kry as jy my laat lag Una. Carlos se goue tand 😀😀😀😀 Jy sal eers verby Hester moet kom…. sy pas daardie man soos goud op. Ek moes asemskep na Abrie se storie. Loop hier tussen die bome rond en luister na die voëltjies. Hulle het altyd ‘n kalmerende invloed op my. Fluister; ek is bang vir myself as daardie perd inskop…. maar as ek hom nie meer in toom kan hou nie laat ek jou weet, en ons vee die wêreld skoon voor ons.

              Liked by 3 people

                  1. Ek het gisteraand aan Perdebytjie voorgestel ons bind Carlos vas en ‘oes’ sy tanne. Vir ñ neseiertjie. Presies wat Hester in gedagte het. Maar ons spring haar voor. Perdebytjie wou nie aan my idee byt nie, sy kry alweer jammer…

                    Liked by 2 people

                    1. Hoe jammer om so ‘n aantreklike man so te verniel. Sy glimlag is omtrent goud werd. Daardie werkie kan jy kry…. laat my aan die tandarts dink…. not my favourite place!!!

                      Liked by 1 person

              1. En Kameel, ek is maar bang vir perde. Ek ry nie op hulle rond nie, hulle kan byt en skop. So gebruik asseblief ñ ander metafoor, iets soos oor leeus. Hulle kan ek nog hanteer. Maar ñ perd!

                Liked by 2 people

                1. Hierdie perd is wild Una, maar “not to worry” (ek kannie eers vanoggend in Afrikaans dink nie so ontstig is ek) ek bind jou aan my vas…. ek weet hoe om hom te ry!!!

                  Liked by 2 people

                1. Ek wag vir jou. Na lekkervurig se kode klink dit mos of die goud in die watertenk kan wees. Ag kom ons kyk na die voëltjies en vergeet vir eers van die klomp. Wie weet een van die dae sit ons by ons villa in Italië en jy kan…. wie nou weer se loop dophou… en ek sal na sy stem luister.

                  Liked by 1 person

                  1. Ek stem saam. Kom ons waardeer die voëltjie sang en kom net tot verhaal. Die troebadoers wat so loop en rondsing, dis na hulle wat ek wil luister in Italië, Kameel. Kyk ook, maar dit gaan oor die amazing geluide wat daardie mannetjies kan voortbring. Sjoe, hierdie klink nou effe verkeerd, maar jy weet wat ek probeer sê.

                    Liked by 1 person

    1. Ja, ons het dit ontsyfer. Dis as volg:
      ‘Klong
      Die vroumense is geflous. Hulle besef nie ons pleeg die perfekte misdaad nie. Die goud is by Skimmelkransstasie in die watertenk. Wag dat hulle in kelder afsak dan laai ons goud en laat waai. ‘

      Die spinasietert? Daar is ‘n geurmiddel met skop in. 😂

      Liked by 1 person

      1. Nou maar Toortsie, hoekom wonder party van julle dan nog oor die ligging van die skat en vir wat ruk julle nie vir ZYIRV en POLMT in die bek nie? Of is julle besig met misleiding en disinformasie??

        Like

Kommentaar is gesluit.