Vervolg op Lekkervurig se hoofstuk.
Was dít nou ‘n storie, glo julle vir my! Ek wil amper sê ‘n deurmekaarspul, maar deurmekaar was dit ook nie regtig nie. Eerder vreemd.
Dis polisiemanne, dis Huisgenoot, tiewie, bloggers en dan nog die lot Valke ook wat hier aangevlieg gekom het. Hier het nog ‘n klompie SARS manne ook gekom en ‘n klomp dames van een of ander welsynsorganisasie.
Maar dat ons partie gehou het, is beslis gewis. Ek dog ons moet vir alles sorg, maar hulle het verder gedink: Hul het ook ‘n hele klomp verversings saamgebring, so ons het geëet en die span het gedrink, gedans, gerook en gesels, twee hele dae aanmekaar. Ek dink nie hier is geslaap nie, hier is nie plek nie!
Ag, hul was tog te ordentlik ook nog, ewe vir my vertel hul het nooit geweet spinasietert kan só lekker wees nie! Hul was behoorlik blink om die kiewe van al die skilpadjies en ribbetjies en lekker vet skaaptjops.
Arme Coetzee moes behoorlik bontstaan met die braaiery, maar daar was darem baie gewillige hande wat hom gehelp het. Dankie ook vir almal wat my gehelp het in die kombuis en ekstra dankie aan die span wat aanhou boor en delf het aan ons skat! Dís tog eintlik hoekom ons die polisiepartie gehou het: Om hulle besig te hou solank die werkery aangaan, of hoe?
Soos wat almal mekaar beter leer ken het, het die gesels al lekkerder geraak, die musiek al harder en die dansery al losser.
Met dié wat ek vir die man onder die seiltjie moes kos aandra, het hy baie geselserig geword. Maar Atul se stories het my baie bekommerd. Ek kon nie altyd volg wat hy sê nie, hy het soms erg in raaisels gepraat, maar daar is iets wat my bly pla. Hy kon nie uitgepraat raak oor twee goeie vriende van hom nie. Hy sê hul het al baie keer saamgewerk, goeie ouens, sê hy. Hul is eintlik ‘n driemanskap.
Hy vertel die een ou is so lief vir boerdery en hy dra altyd ‘n hoed en ry graag trekker. Hy sê hy het eintlik verwag die ou sal ook by die partytjie wees, want hy wéét blykbaar van hierdie samedromming.
Die ander een is blykbaar so lief vir bergklim en ken hierdie wêreld baie goed. Hy was blykbaar jare gelede ‘n gids by die Kango Grotte, sê hy. Hy sê toe die blok vir hulle familie ‘n bietjie warm begin raak het, het hierdie vriend vir hom gesê hy moet hier na Toweropstal kom, dis ‘n veilige wegkruipplek, en dan kan hulle drie sommer hul ongedane sake afhandel. Hy verstaan nou nie hoekom hier soveel ander mense ook is nie.
Nou weet ek nie so lekker nie. Ek kry ‘n vreemde kouete in my ribbes. Iets voel darem vreeslik verdag, dink julle nie ook so nie?
Ek benoem vir Wegkruipertjie om te gaan ondersoek instel oor al hierdie sake, sy doen dit mos wegkruip-wegkruip! En dan moet sy sommer gaan duik daar in die watertenk ook asseblief dat ons nou vir eens en vir altyd weet wat die ware toedrag van sake is: Is hier goud, of nie?
Toortsie
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896
Toortsie by Finesse: My geselskap
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Netso,Toortsie! Ek sê heeltyd daar is twee slange in die gras saam met daardie Grypta vent!
LikeLiked by 1 person
Kyk, ek is behoorlik so deurmekaar soos kots…jammer dat ek dit so kras stel! So dit wil begin lyk of DIE TWEE, julle weet wie, wel kop in een mus is?
Kyk, ons klomp kan ordentlik paartie! En nogal so saam met die poelieste ook. Coetzee ken van braai, en jou kos was uit die boonste rakke. Ek was natuurlik so bang vir die SARS manne, skoon aan die rook gegaan.
LikeLiked by 4 people
Hoekom was jy vang vir Sars? Het jy dan iets om weg te steek?
Daar is natuurlik ‘n ánder vraag: Kan ons die man onder die seil se stories glo? Vir wie glo kns, ‘n erkende skelm? Of, hulle wie ons ken? 😱
LikeLiked by 1 person
Dis nou ń diep vraag hierdie.
LikeLiked by 2 people
Ek glo niks wat daardie man onder die seiltjie sê nie…. hy is ‘n uiterste skelm. In elk geval die valke het hom nou hier weg….. so bye, bye!!!
LikeLiked by 2 people
Hallelujer!! Nou kan ons sekerlik daai goud begin soek. Want ons weet nog niks nie. Waar is Wegkruipertjie??????
LikeLiked by 1 person
Laas wat ek van haar gehoor het is toe Una haar byna verdrink het daar in die kelder. Sy is nog nie weer gesien nie!!!
LikeLike
NEt so – ek wonder of haar blonde hartbreker haar nie vir Vaaltyn iewers heen gevat het nie… ons moet maar duime vashou sy kry boodskap dat ons haar nou nodig het….
LikeLiked by 1 person
Ag dis ‘n verligting
LikeLike
Jong, ja, ek weet nou nie meer nie. Is hierdie ‘n misdaadtoneel of ‘n hippie-bootcamp? Almal was hoog deur die blare en het vreeslik gelukkig gelyk, veral daai afvaardiging van Kindersorg. Almal was so gelukkig dat hulle nie eens agtergekom het dat ek ‘n man saam met my gesleep het wat aan my vasgeboei is nie. Carlos. Die goudkoper wat ek saamgebring het van Las Vegas af. HET JULLE HOM OOIT RAAKGESIEN? Maar waar is die goud? Niemand stel belang nie – almal wil net banting spinasietert eet.
LikeLiked by 2 people
Man, as ek nou eerlik wil wees oor wat die sekerste is, die Bantingkos of die goud, wel, ja.
LikeLiked by 1 person
Ek kry ook daai gevoel, maar Wegkruipertjie weet van duik en as daar iets is, sal sy dit kry.
LikeLiked by 1 person
Hester ek krap ook kop oor Carlos!!! Die man is charming…. is hy die prins in jou lewe? Was jy bang Camilla lok hom van jou af dat jy hom so aan jou vasgeboei het?
LikeLiked by 3 people
Nee Kameel, hy is die verteenwoordiger van die ouens wat die goud by ons gaan koop, maar ek moet sorg dat hy ons nie ‘n rat voor die oë draai nie – jy weet watse skelmstreke kan hierdie sindikate pleeg. Ek hou hom dop soos ‘n valk .
LikeLiked by 1 person
Ek dink dis omdat ons nie regtig ingestel is om skelm te wees nie. Partytjies en etes is veel aanlokliker. Maar ek stem saam ons moet nou begin doen waarvoor ons hier is. My Byeboerwa staan gereed om die buit te laai…onopsigtelik daar neffens die skoorsteen.
LikeLiked by 2 people
Lekkervurig se trokkie is darem ook daar. Ek is net bang beide waentjie en trokkie is bietjie lig in die broek vir die swaar vragte.
LikeLiked by 1 person
Jy moet nou konsentreer Hester. Moenie dat die Carlosmannetjie jou aandag aflei nie. Jy het mos nou al in die moewies gesien, watter fiasko dit kan afgee as die hoofkarakter verlei word!
LikeLiked by 2 people
My fokus is op die regte plek – die goud!
LikeLiked by 1 person
In Carlos se tande?
LikeLiked by 3 people
Lekker lag ek vir jou, Perdebytjie! Skêrp!
LikeLiked by 1 person
Dalk het Carlos nie eers tande nie!😂
LikeLike
Jong, ek het hom so beloer, hy is nogal sag op die ogies hoor. Hester weet hoe om kopers te kies.
LikeLiked by 1 person
Het jy gesien of hy goud in sy tande het?Ek dink dis waarop Hester fokus.
LikeLike
Noudat jy dit noem, toe hy ń stuk spinasietert so hap, toe sien ek net stêrre…Dit moes die goud in die tande wees wat so weerkaats. Slim, dié vriendin van ons.
LikeLiked by 1 person
Het Hester hom darem kans gegee om spinasietert te eet?
LikeLike
Mmmm. Ek hoop so.
LikeLiked by 1 person
Dalk moet ek en jy hom vanaand vasbind en die goud bietjie oes wat so in sy mond rondlê. Net vir ń neseiertjie se onthalwe?
LikeLiked by 1 person
Soos dit vir my klink, is die outjie al bietjie voos van al die vasbindery. Miskien moet ons hom tyd gee om asem te skep.😃
LikeLike
Ag ok, ons sal genadig wees.
LikeLiked by 1 person
Baie skerp!!
LikeLike
Whahaha, jy’s lelik met my
LikeLiked by 1 person
Hoë bome vang kwaai wind, Hester!
LikeLiked by 1 person
Ouch, that hurts
LikeLiked by 1 person
Waar is dit. Nie in die kelder nie en oom nie in die stasie se watertenk nie. Abrie, jy moet begin leidrade gee…..
LikeLiked by 1 person
My waentjie se aste is reguit oorgeplant van ‘n gesteelde lorrie af…daar in die tjopsjop. Hy sal goed vrag kan vat.
LikeLiked by 1 person
Hester ek moes mos sorg vir die trok….. so not to worry…. een oproep en die trok is hier.
LikeLiked by 2 people
Hierdie Carlos outjie, Hester. Hy lyk na ń goeie mens…? Eerlik. Opreg. Of hoe sal jy hom beskryf? Gewillig. Behulpsaam. Hoekom is hy aan jou vasgeboei? Sal iemand hom wil steel? Of was dit ń paartie trick?
LikeLiked by 2 people
Toorts kyk ek skeel of verskyn jou blog nie daar by die blou paddamense nie. Lyk ook nie of wegkruipertjie getag is nie. Kyk ek is so moeg gepaartie dat ek miskien die kat by die stert beet het…. vra maar net.
LikeLike
Jy is heeltemal reg. Ek is al weer met my fountjie besig en op pad. Ek jry nie wegkruipertjie se adres nie, sy kruip weg!
LikeLiked by 1 person
Moet ek haar tag?
LikeLiked by 1 person
Asseblief.
LikeLike
https://mywegkruipplek.wordpress.com/
LikeLike
Dankie. Ek het haar nou getag.
LikeLike
Ek wil net vir julle almal sê, hierdie storie wat nou al ‘n week aanhou, het my oneindige genot verskaf. Julle is so ‘n oulike klomp en ek wens ons kon regtig saam paartie hou!
Julle skerp sê-goed is sommer lekker pret. Dankie julle ou klomp skelms!
LikeLiked by 3 people
Weet nie van die ander nie maar ek geniet dit net so perdebytjie. Bars partykeer kliphard uit van die lag….. en die verbeelding van die klomp is fassinetend.
LikeLiked by 3 people
Eerlik, ek weet nie hoe ek nou weer gaan regkom as hier uiteindelik ñ einde opduik nie. Pla my eintlik glad nie as dinge stadig gaan nie. Sodra ek alleen begin voel, loer ek net na die nuwe kommentare, en dan kry ek weer woema.
LikeLiked by 3 people
Ek sekondeer. Ek steur my min aan die goud, die kuier is tog te lekker.
LikeLiked by 2 people
My grootste bekommernis is kos…As ek moet teruggaan huis toe, sonder ñ Toortsie wat sorg, hoe maak ek dan. Kan ons asseblief nog lank hier bly…
LikeLiked by 4 people
Word daar al weer probeer om iets in die geheim te doen? Ek sien daar is nie ‘n link by Inlinkz nie vir die inligting wat hier dedeel word nie. Dit laat my wonder oor Toortsie. Is haar banting boeke eintlik net ‘n verskoning om geheime kodes die wereld in te stuur. Dit klink vir my of Toorts ook ingekry weat Hester se leifdadigheidstannies ingekry het en dat sy drome droom wat vir haar soos tegte gebeure laat voel. Anders as Eskom se eks baas was ek nog nie by Saxonworld Shebeen nie
Ek het so tussendeur die gewerskaf uitgevind dat die Skimmelkrans stasie op munisipale grond is.Daar is mos ‘n lekker watertenk daar vir die winterreens wat in die Kaap gaan val. Ek het met my vriend by wie ek nou die dag gaan eet oppad hiernatoe, gepraat (hy is op die stadsraad en juis die grondsake komitee voorsitter) en dis heeltemal in die haak met hulle ek kan maar die tenk kry en hom per trein vervoer na my huis in Bellville. Anders gaan dit later net ‘n onkoste vir hulle wees as hulle dit moet verwyder. Die vervoerkoste is baie minder as die koste van so groot lekker tent. Ek gaan net ‘n paar sterk manne reel om die tenk op ‘n trein te laai. My blomme gaan in die Somer kan blom 🙂 🙂
LikeLiked by 2 people
Abrie, jy soek moeilikheid!
LikeLike
Abrie asseblief tog net nie weer nie…. net as ek my vertroue in jou terugkry dan kom daar weer ‘n ding. Los daardie watertenk net daar totdat seegogga daar ingeklim het.
LikeLiked by 1 person
Abrie op hierdie Saterdagoggend vergewe ek jou vir vyf minute. Ek het nou kliphard gelag toe ek lees jy sê by die tyd dat ons klaar is met hierdie boek gaan hy swaarder wees as ‘n kanselbybel 😁😁😁😁😁
LikeLiked by 1 person
Abrie is soos’n stout kind. Stout seunskind. Behoorlik aspris!
LikeLiked by 1 person
Toorts ek weet nie meer wie om hier te glo nie…. Una sê sy het amper vir wegkruipertjie verdrink in die kelder vol water…. dan lees ek weer die kelder is droog en daar is net ‘n kis in. Abrie het aan die begin gesê my kop in dié storie is nie dronk nie….maar vanoggend is my kop heeltemal dronk. Was ek nie so bang vir noutes nie het ek self vanoggend in daardie skag afgeklim en gaan kyk wat gaan daar aan. Onthou ek het nie spinasietert geeët nie, so ek dink nog redelik nugter. Ek is baie lus en bel daardie mannetjie wat so uit Camilla se hand uit eet, en vra hom om vir my in die skag te klim. Eendrag maak mag se voet, ek voel die rebellie binne my skop. As daardie perd eers opgesaal is loop hy almal voor hom plat…. come what may!!!
LikeLiked by 3 people
Kameel, die sjag bekommer my minder as Abrie se beheptheid met die tank by die stasie, en waar is Wegkruipertjie?
LikeLiked by 2 people
Skag, skag 😊
LikeLiked by 1 person
Ek wil net uit iemand betroubaar se mond hoor wat gaan in die kelder aan… dan sal ek tevrede wees. En ja, waaaaaar is wegkruipertjie??? Abrie se behebtheid met die watertenk maak my sommer ook de vieste in. Hy het kamtig daar gaan inloer…. maar die goud is nie daar nie. Ek wil die man glo…. maar hy maak dit moeilik. Jy het mos saam met hom ‘n glasie geklik (as dit ooit die regte woord is) so wat dink jy lekkervurig?
LikeLiked by 1 person
Ek dink ons moet die skag oopmaak terwyl ons vir Wegkruiper wag. Miskien is daar ‘n leidraad vir ons in die kis en miskien sal die geraamte vir ons duidelikheid gee. Sê nou daar is ‘n spook? Iemand sal weer tenk moet in, Una?
LikeLiked by 2 people
Hoekom vra jy nie vir seegogga nie lekkervurig…. sy is gewoond aan al die grillerige goed onder die see? Ek dink ook iemand moet gaan kyk wat nou eintlik in daardie kelder aangaan!!!
LikeLiked by 1 person
Woops. Hester het ons nou net gepiets. Baai, ek gaan maar die hoenders geselskap hou. Sien haar linkz inskrywing.
LikeLiked by 1 person
Ek het gaan lees…. myself in ‘n ander bloedgroep ingeskrik. Ek het ook gemaak vir die hoenders!!!
LikeLiked by 1 person
Ek wou die foto’s van die tronkpartie opsie, maar ek is nou te bang!
LikeLiked by 1 person
Jy kan maar opsit…. Hester weet die klomp het gisteraand alweer gaan party. Sê sy en Carlos was alleen. Sien nie eers hoe ek die plek onder hulle neuse gespring clean het nie.
LikeLiked by 1 person
Kameel, ek en Wegkruipertjie het regtig in water geduik. Jy laat my wonder…Kon ons verkeerd verstaan het? Want hoe kan daar nou nie water in wees nie? Ek is steeds te bang om na haar te gaan soek, want sê nou net. Nou lê ek maar laag. As jou rebellie inskop, ek is saam met jou. Laat hy inklim, ons betaal hom met een van Carlos se goue tande. Hy het BAIE. Ek sê liewer niks van Abrie se nuutste idee nie, hy is heeltemal te slim vir my. Meeste van die tyd verstaan ek nie kop of g…t waarvan hy praat nie. Hoekom nou ewe skielik op ander tenks fokus? Wat dan van die kelder? En waar is jy? Ek loop en soek jou al heel oggend.
LikeLiked by 2 people
Hoe moet ek nou kwaad bly en my rebellieperd opgesaal kry as jy my laat lag Una. Carlos se goue tand 😀😀😀😀 Jy sal eers verby Hester moet kom…. sy pas daardie man soos goud op. Ek moes asemskep na Abrie se storie. Loop hier tussen die bome rond en luister na die voëltjies. Hulle het altyd ‘n kalmerende invloed op my. Fluister; ek is bang vir myself as daardie perd inskop…. maar as ek hom nie meer in toom kan hou nie laat ek jou weet, en ons vee die wêreld skoon voor ons.
LikeLiked by 3 people
Ek en Perdebytjie het dit uitgefigure, Kameel. Hester is agter Carlos se goue tande aan, dié dat hy so agter haar moet aanloop. Die man se mond is ñ fortuin werd.
LikeLiked by 2 people
Wil jy vir my sê as daar op die einde geen goud is nie…. loop net Hester met die “trophy” weg!!!! Dis tyd vir Camilla om in te skop!!!
LikeLiked by 2 people
Ek het gisteraand aan Perdebytjie voorgestel ons bind Carlos vas en ‘oes’ sy tanne. Vir ñ neseiertjie. Presies wat Hester in gedagte het. Maar ons spring haar voor. Perdebytjie wou nie aan my idee byt nie, sy kry alweer jammer…
LikeLiked by 2 people
Hoe jammer om so ‘n aantreklike man so te verniel. Sy glimlag is omtrent goud werd. Daardie werkie kan jy kry…. laat my aan die tandarts dink…. not my favourite place!!!
LikeLiked by 1 person
Hoe nou? 😱
LikeLiked by 1 person
En Kameel, ek is maar bang vir perde. Ek ry nie op hulle rond nie, hulle kan byt en skop. So gebruik asseblief ñ ander metafoor, iets soos oor leeus. Hulle kan ek nog hanteer. Maar ñ perd!
LikeLiked by 2 people
Hierdie perd is wild Una, maar “not to worry” (ek kannie eers vanoggend in Afrikaans dink nie so ontstig is ek) ek bind jou aan my vas…. ek weet hoe om hom te ry!!!
LikeLiked by 2 people
☺☺☺☺☺☺☺☺☺☺☺☺☺!!!!!!!!!!
LikeLiked by 1 person
Om terug te keer na Abrie se storie toe…Hoe kan hy nou op watertenks wil fokus as ons goudstawe moet uitduik. Hoe? Ek stap gou daar na jou toe tussen die voëltjies.
LikeLiked by 1 person
Ek wag vir jou. Na lekkervurig se kode klink dit mos of die goud in die watertenk kan wees. Ag kom ons kyk na die voëltjies en vergeet vir eers van die klomp. Wie weet een van die dae sit ons by ons villa in Italië en jy kan…. wie nou weer se loop dophou… en ek sal na sy stem luister.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam. Kom ons waardeer die voëltjie sang en kom net tot verhaal. Die troebadoers wat so loop en rondsing, dis na hulle wat ek wil luister in Italië, Kameel. Kyk ook, maar dit gaan oor die amazing geluide wat daardie mannetjies kan voortbring. Sjoe, hierdie klink nou effe verkeerd, maar jy weet wat ek probeer sê.
LikeLiked by 1 person
Una, met al my gelaggery is ek weer my ou self.
LikeLiked by 2 people
Dan is ek tevrede…☺
LikeLiked by 1 person
Ek dink ook, geniet die omgewing, dis lekker. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek dink hier is manne wat ons aan ons neuse rondlei sommer net vir die satisfaksie daarvan.
LikeLiked by 2 people
Mans het nog altyd die lewe gekompliseer Toorts.
LikeLiked by 3 people
Hei-hei-hei! Ek watch jou, ZYIRV!!
LikeLiked by 1 person
Ek is nog heel dag op die wieke van die wind. Sal nou kyk of ek dit opkry by inlinks.
LikeLike
Umm – het julle die geheime boodskap waarop Lekkervurig afgekom het, ontsyfer, of was julle te besig met paarties?? En spinasietert???
LikeLiked by 2 people
Ja, ons het dit ontsyfer. Dis as volg:
‘Klong
Die vroumense is geflous. Hulle besef nie ons pleeg die perfekte misdaad nie. Die goud is by Skimmelkransstasie in die watertenk. Wag dat hulle in kelder afsak dan laai ons goud en laat waai. ‘
Die spinasietert? Daar is ‘n geurmiddel met skop in. 😂
LikeLiked by 1 person
Nou maar Toortsie, hoekom wonder party van julle dan nog oor die ligging van die skat en vir wat ruk julle nie vir ZYIRV en POLMT in die bek nie? Of is julle besig met misleiding en disinformasie??
LikeLike
Hulle verwar ons erg. Dalk het ons jou raad en insig nodig omdat jy bietjie verder staan. Ons weet ook nie of hierdie brief nie dalk met voorbedagte rade geplant is nie!
LikeLiked by 1 person
Ek dink dis die ware Jakob – hoekom anders sou Abrie so hard probeer om ‘n saak uit te maak daarvoor dat hy daai watertenk wil saamvat na sy huis toe?
LikeLiked by 1 person
Ons is nou al sooo deurmekaar, maar ek is huiwerig om sulke stories van my blogmaats te glo, jy weet.
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan, Toortsie, maar lojaliteit het ook perke…
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLiked by 1 person
Ek voel ook so. Sekere goed is regtig net te dik vir ‘n daalder.
LikeLiked by 1 person
Frannie, dankie. Ek beskou hierdie as ‘n mosie van vertoue in my ware towerin wees. Uiteindelik iemand wat my rerig glo!
LikeLiked by 2 people
😁
LikeLike
Toorsie, ek het so pas begin om jou blog en kommentare oor te laai in die boek. Ek het uiteindelik begin opvang! Sal jy asseblief die kommentaar op hierdie blog tydelik toemaak sodat die bloggers kan aanskuif na die volgende blog toe? http://www.hesterleynel.co.za/2018/02/17/state-crime-address-soca/
LikeLike
Dis reg. Weer eens sodra ek by my rekenaar uitkom.
LikeLiked by 1 person