Skaaptongetjies

Eergister in Checkers sien ek iets nuuts: Pakkies skaaptonge. Daar is vier in en ek is toe dadelik geïnteresseerd.

So, vandag het ek die beestongresep in Toortsie se Bantingboerekos so effens gevolg en die tongetjies stadig gekook en in die sous laat afkoel.

Daarná het ek die velle afgetrek en sien toe die ‘nekgedeelte’ het klipharde membrane of senings of iets in. Daardie deel het ek afgesny.

Op die ou end is dit maar ‘n klein stukkie tong wat oorbly!

Dit was lekker, maar ek is nie seker of ek dit weer sal maak nie. Ek sal eerder beestong maak, dis baie minder werk vir baie meer kos.

Toortsie

Toortsie by Finesse: My geselskap

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

12 thoughts on “Skaaptongetjies

Gesels saam, asseblief!