Dít is ‘n onderwerp waarvan ek geen kennis of ervaring het nie. Ek het ook geen behoefte om dit te ondersoek, uit te toets of selfs net vir die pret deel te neem aan sodanige ‘onskuldige’ praktyke en speletjies nie.
Die rede hoekom ek hieroor skryf, is dat ‘conjure‘ die voorgestelde woord is om vandag oor te skryf.
Volgens Google is die betekenis van die woord, conjure, as volg: ‘cause (a spirit or ghost) to appear by means of a magic ritual. “They hoped to conjure up the spirit of their dead friend”‘
Dis nie vandag my werk om almal wat geeste oproep, te verdoem nie. Ek weet dat dit in sekere Afrika-kulture ‘n algemene praktyk is. As ek dit reg verstaan, swerf die gees van ‘n persoon rond ná sy dood. Presies ‘n jaar later kom die gees terug huis toe en word hy begrawe. Daarvandaan mag hy geraadpleeg word. Die posisie wat die persoon in sy lewe in die samelewing beklee het, bepaal hoe belangrik die betrokke persoon se gees geag word. Ek respekteer hulle gebruik en gaan beslis nie daar inmeng nie.
Ek is egter ‘n Christen en my teikengehoor is Christene. Gelowiges. Mense wat in God Drie-enig glo en Hom aanvaar as ons Heer en Meester. Mense wat die Bybel as riglyn volg.
Vir ons is die oproep van dooies ‘n besliste nee. Dit word baie duidelik in die Woord afgekeur. Keer op keer word dit genoem onder die verkeerdhede wat die Bybelse konings aangevang het. God is baie duidelik daaroor dat Hy dit beslis nie goedkeur dat Sy kinders hulle met sulke goed besig hou nie.
Op ‘n stadium het ‘n Israelitiese koning sy gesante gestuur om ‘n waarseër te raadpleeg. Die profeet het hul gaan stop en gevra of daar dan geen man van God meer is om te raadpleeg nie, hoekom sal hulle iemand anders raadpleeg?
En dís ons les: Laat ons ons nie ophou met sulke dinge nie, nie eers vir die pret daarvan nie. Laat ons eerder ons raad soek by kinders van God wat ons voel ons kan vertrou. Die Bybel sê baie duidelik dat ons nie die duiwel ‘n vatkans sal gee nie, hy loop rond soos ‘n brullende leeu en kyk wie hy in sy mag kan kry.
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: My geselskap
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Dat jy nou hieroor skryf is ‘n bevestiging van wat ek verlede week met my dogter gedeel het. Ek het al die Skrif uit die bybel vir haar gegee waar God dit verbied. Sy deel op die oomblik met ‘n vriendin van haar wat hiermee betrokke is. Dit is definitief nie iets om ligtelik op te neem nie…. ñ pastoor het eenkeer gesê; “gee die duiwel ‘n opening en as jy weer kyk land hy met ‘n jet in jou lewe.
LikeLiked by 2 people
Ek kon nie vanoggend daardie stuk in die Bybel kry nie. Een van die konings het hom vermon en waarsegster gaan sien en die konsternasie wat daardeur veroorsaak is. Beslis nie iets om vir die grap te doen nie.
LikeLiked by 1 person
Dis Saul in 1 Samuel 28
LikeLike
Ja! Dankie!
LikeLike
Saul..ja…kan net noem as ons nie kennis het nie, bly weg. As die mens doodgaan, kan sy gees op geen manier mens op aarde kontak maak nie. Demone kom voor as die oorledene en mislei mense. Bly weg!
LikeLiked by 1 person
So blaai ek die Kronieke en Konings van agter af deur tot by Dawid. Plaas ek het net nog ‘n enthie virentoe geblaai! Toe Kameel nou sê dis Saul, onthou ek dit baie goed! Ja, bly weg!
LikeLike
Dis familiar spirits waarmee die mense te doen kry…. dan dink hulle dis gestorwenes. Dis om van te huil dat mense hulle so laat mislei!!!
LikeLiked by 1 person
Jy sal dalk een dag vir ons meer oor Familiar Spirits moet vertel. Sal jy asb?
LikeLiked by 1 person
Ek en my dogter gesels nou net, sê vir haar ek is nou so moeg, so moeg, so moeg vir die geveg in die geestesrealm. Ons veg mos nie teen vlees en bloed nie, maar teen die magte en owerhede in die lug. Sal sien of ek nog die leeringe rondom dit het, en daarvan deel.
LikeLiked by 1 person
Jy moet beslis n sterk geloof hê om die demone te trotseer en te verjaag. Ek leef hier in n land waar Christene beslis in die minderheid is. Ongelukkig het ek al n paar stelle afgetrap met die vreemde sprituele byeenkomste. Gelukkig het my vaste geloof in God my uit die situasies gehaal. Dis baie vinnig hoe die ouens jou probeer beinvloed. Dis egter goed om te weet waaroor dit gaan sodat mens se oë en ore jou betyds kan waarsku.
LikeLiked by 1 person
As jy nie stewig geanker is in God nie, as jy nie die Bybel goed ken nie, as jy nie ‘n verhouding met God het nie, kan jy maklik mislei word, ingetrek word by verkeerde goed. As jy nie onderskeidingsvermoë het nie
LikeLiked by 1 person
Dis kommerwekkend. Jesus het gesê in die laaste dae gaan baie mislei word.
LikeLiked by 1 person
Tog maak jou geloof in God dit moontlik om te onderskei! Dis waar meeste se val kom, om te onderskei tussen goed en kwaad en die duiwel weet dit.
LikeLiked by 1 person
Janee kyk, ek luister glad nie as iemand eers so ñ gesprek wil begin nie. Ek wil nie hoor dat daar geeste opgeroep is en mee gepraat is nie. Ek stel dood eenvoudig nie daarin belang nie. Ek is ñ Christen, dis genoeg. Ek vra my Here as ek antwoorde soek. G’n niks se afgestorwenes nie.
LikeLiked by 1 person
Amen! 😁❤️
LikeLiked by 1 person