Baie jare gelede het iemand vir wie ek baie lief is, iets verskrikliks aan my gedoen.
Ek het die persoon vergewe, maar wou niks meer met haar te doen gehad hê nie. Ek kon dit eintlik nie heeltemal verwerk nie en deur vir haar op ‘n afstand te hou, het ek geglo, het ek myself beskerm, en ook vir haar gewys dat dit wat sy gedoen het, beslis verkeerd was.
Ek het haar nie geoordeel nie, het ek geglo. Ek het haar al die geluk in die wêreld gegun, solank ek nie deel daarvan was nie.
Maar, alhoewel daar lang tye was wat ek nie aan haar gedink het nie, kon ek haar nie heeltemal vergeet nie. Vir ‘n té groot deel van my lewe was sy ‘n prominente deel van my.
Ek het na haar verlang. Ek het na die goeie tye saam met haar verlang. Ek het die verstaan tussen ons, die konneksie tussen ons, gemis.
Maar ek het nie geweet wat om te doen nie.
Een dag loop ons mekaar toevallig raak, soos ek vir God gevra het. Ons raak aan die gesels. Ons gaan drink tee saam en, al is ons effens versigtig, gesels ons tog te lekker saam.
En met dit alles besef ek: Ek het myself in die voet geskiet. My onvergewensgesindheid, al het ek gesê ek het haar vergewe, het my verlies vergroot. Ek het nie, soos ek gedink het, myself beskerm deur vir haar kwaad te bly nie. Ek kon ook nie haar persoonlikheid of haar optrede daardeur verander nie.
Maar in die proses het ek soveel kosbare jare weggegooi wat ons mekaar kon help en opbou en ‘n oor wees vir mekaar. Ondersteuning vir mekaar.
Ons dink dat deur vir iemand kwaad te bly, ons verkeerdhede kan regmaak. Ons dink deur afsydig te bly, straf ons die ander persoon. Ons dink dat ons onsself deur so ‘n optrede beskerm.
Die teendeel is egter waar. Ons ontneem onsself van soveel plesier.
Ja, soms het ons wel nodig om van iemand af te sny omdat die verhouding negatief is. Maar soms is dit juis goed om die stukkende verhouding eerder te herstel en sou daar stroomversnellings en afgronde kom, dit te hanteer om wéér die plesier van die verhouding daarná weer te ervaar.
Ek en my vriendin het nog ‘n pad om te stap. Alles is nog nie perfek nie. Ons kuier nog nie weer regtig saam nie, maar wat wonderlik is, is dat daar weer ‘n konneksie is, en dís ‘n lekker gevoel.
Ons moenie wrokke en woede en kwaadwees in ons harte koester nie. Onsself kry die seerste daardeur.
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: My geselskap
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Ware, wyse woorde hierdie, Toortsie. En gelukkig kan julle weer probeer inhaal. Of net oor begin.
LikeLiked by 1 person
Of net aangaan. ❤️
LikeLike
Ja, of net aangaan. Ek en ń hartsvriendin van my is hier in die middel negentigs ook daardeur. Vandag onthou ons niks meer daarvan nie.
LikeLiked by 1 person
Dis die wonder daarvan. ❤️
LikeLike
Ek sit op die lughawe, vlieg oor 2 ure huis toe.🌷
LikeLike
Nou is jy al in die lug. Kom veilig tuis.
LikeLike
As almal maar net wil besef dat kwaadbly jou van binne opvreet. Ek het ook ‘n vriendin gehad wat al haar vriendskappe op die rotse laat loop deur onvergewensgesindheid. Sy is vandag ‘n bitter negatiewe mens. Al haar lekkerlag van haar jongerdae het heeltemal verdwyn. Dis vir my so hartseer. Goed dat daar ‘n bruggie tussen julle twee gebou is… maak nie saak hoe klein die bruggie is nie.
LikeLiked by 1 person
Ja, die bruggie IS daar.
LikeLiked by 1 person
Plaas asseblief die volgende namens my by Woestynkind se blog.
Ek hoop julle het gisteraand se party geniet. My planne het bietjie skeefgeloop… ek is herken.. en sit nou hier in ‘n kamer opgesluit. As Camilla, kon ek darem die outjie wat my oppas oorreed om diè boodskap na julle toe deur te smokkel. Moet nie te gerus wees nie…. die mense hier praat oor die verlate opstal waar dit nou so lewe. Ekmyself het gister nie vir my goed gelyk nie…. met haar oorfone daar rondgelê… ek dink sy begin na haar boer verlang. Miskien kan julle saam met die mannetjie vir my van Toorts se kos saam terugstuur… kry net brood en water. Hoop Woestynkind en haar span het opgedaag… hier broei dinge hier.
LikeLike
Ja, soms heel ‘n breuk met verloop van tyd so dat die seer vergete raak of daar gebeur ander dinge wat doodeenvoudig belangriker blyk te wees.
LikeLiked by 1 person
Dis lekker as mens agter kom jy het oor die seer gekom en aanbeweeg
LikeLike
Dis baie bevrydend.
LikeLiked by 1 person
Hierdie situasie het ‘n hele paar mense geraak. Dis nogaks ontstellend dat soveel van die ander nog net daar is.
LikeLiked by 1 person
Dis jammer …
LikeLike
Ek is bly oor die bruggie wat gebou is. Verander nou die bruggie in ‘n hengse groot brug.
LikeLiked by 1 person
Met tyd ja 😁
LikeLike
Dis alles waar. My memoir lesery bring allerhande hartseer ondervindings na vore. Ek weet hoe dit voel om nie regtig te vergewe. As jy werklik oorgegee het is dit bevrydend en die vriendskap kan weer voortgaan.
LikeLiked by 2 people
Self stap ek nou oor my bruggie, met my eie bloed. Maar dit het ook ‘n prys, die wat dink so brug is vir moeilikheid weer soek, hulle stap weer weg. Verhoudings raak bitter min net twee mense.
LikeLiked by 1 person
Ek weet waarvan jy praat! Regtig!
LikeLiked by 1 person
Die lewe is te kort vir wrokke.
LikeLike
Regtig
LikeLiked by 1 person
Die ander kant van die munt is as iemand jou nie wil vergewe nie en jy jou bes doen, maar die ander persoon bly hardkoppig. Dan is jou hande ook afgekap.
LikeLiked by 1 person
Dit is die hartseerste. In daardie geval voel ek, as ek my bes gedoen het en die ander persoon bly hardnekkig, dan is dit sy verlies.
LikeLiked by 1 person
😢 ja, dit is. Soos wat dit in my storie ook my verlies was.
LikeLiked by 1 person
Reine waarheid die lewe is hopeloos te kort vir bitterheid.
LikeLiked by 1 person