In? of Uit?

Elsabe Aldrich vra, ‘Is jy cool of commin?’  En Lejafantasties vra, wat is in en wat is uit in 2018? Gaan lees gerus by haar, ek hou nogals van hoe sy dink. Hierdie wat nou hier volg, is natuurlik my eie, persoonlike mening, en as jy anders daaroor voel, gaan ek jou nie kwalik neem nie. Ons verskil mos almal.

Sy begin met Crocs. Nou kyk, daar is Crocs en daar is Crocs. Ek is ‘n Crocs-fanatikus en kry hulle e-posse met al die spesiale aanbiedinge en het hopeloos te veel Crocs in my kas. Nee man, nie gaatjiecrocs nie! Mooi Crocs. Lekker Crocs. So, vir my is Crocs so in as kan kom. Gaatjiecrocs is beslis UIT.

Soos julle almal mos teen hierdie tyd weet, is Banting IN. Lekker, ryk en romerige kos. Botter. Kaas. Salami. Avo. Roomkaastert. Stysel en suiker is dan nou, wat my betref, uit. Jammer, hoor. Dit werk ongelukkig nie met my nie.

Vrolik en vreugdevol wees, is IN. Deursigtigheid is IN. Agterbaksheid en norsheid is UIT.

Om die Here te dien, is IN. Om gemeenskap met gelowiges te geniet, is IN. Om kerk en bybelstudiebyeenkomste by te woon, is IN. Om God se Naam te misbruik, is UIT.

Me, myself and I is UIT. Medemenslikheid is in. Die besef dat mense dinge op verskillende maniere doen, is IN. Om die ander persoon te aanvaar vir wie hy is, is IN. Om my wil op ander af te dwing, is UIT.

Ons het een lewe, leef, is IN. Om elke dag te geniet tot eer van God is IN. ‘n Lewe van dankbaarheid is IN.

Om iemand na die beste van jou vermoë, sonder bybedoelings te help, is IN. Manipulasie is UIT. Om mense met manipulasie te probeer kry om te doen wat jy wil hê, is die uiterste vorm van SIEK wees.

Stap in die natuur is IN. Tyd saam met God is IN.

Werk aan die huwelik is IN. Om jou huweliksmaat te bevorder en op te lig is IN. Om mekaar af te breek is UIT. Seks binne die huwelik is IN. Geniet die vrou wat jy liefhet, die vrou wat jy gekies het om jou lewe lank te hê, sê die Prediker.

Tyd spandeer saam met jou geliefdes is IN. Skemerkelkies is IN.

Sonde bely is IN. Issues uitsorteer is IN. Om in jou eie donkerkamer van jou siel te gaan afstof, is IN. Allerhande goetertjies in ons gemoed te stoor, is UIT.

So, hierdie is my in/uit lysie vir 2018. Wat is joune? Skryf dit op jou blog en onthou om vir my en Lejafantasties te tag. Vir haar, omdat dit haar idee was, en vir my, omdat ek ook hieroor geskryf het.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: My geselskap

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

27 thoughts on “In? of Uit?

    1. Nou toe! Soek vir jou ‘n lekker paar uit en kom wys vir ons. Twrwyl ons nou innEuropa was, het ek keer op keer gesê dar is niks so lekker soos ‘n uitgetrapte crock nie. Daai suade bootse wat ‘beskadig’ was in die reën in Praag, was die volgende oggend kurkdroog. Ek het sit met my haarborsel ‘n paar hale gegee en by die huis gekom, met Plush gespuit. Hul lyk so goed soos nuut! 😁

      Liked by 1 person

  1. Om my eie in-uit blok te skryf hieroor is uit. Jy het klaar alles gesê wat daar te sê is. Welgedaan
    Kan darem dit sê; By my is ‘n fliek of boek met seks, vloek en Godslastering in, uit.

    Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!