Die misdadigers raak honger

Ek is dalk nou heeltemal uit my beurt uit, maar ek kan nou nie wag tot iemand besluit om my te tag nie, dit kan dalk nog twee weke neem. Misdadigers kan nie op leë mae suksesvol funksioneer nie.

Dus, tot tyd en wyl iemand my tag met watter opdrag ook al, ek is op pad na Toweropstal. Ek weet nie wie al almal al daar is nie, ek weet wel van Kameel en Una, moontlik Scrapy, Ekmyself. Ek is nie seker waar Hester en haar sekuriteitswag haar bevind nie, en dan is daar nog ‘n roofkyker of twee ook, lyk dit my. En ‘n loodgieter!

Dit klink my dat al waarvan hulle leef, marshmellows is, oeee die suiker! En dan klink dit vir my al te jolig daar, genoeg om suspisieus te raak.

So, ek het ‘n bakkievrag kos gemaak. Dis skaapboud, gaar hoender, varktjops, Banting kaaskoek, ag man, noem maar op! Dan het my man nog ‘n skaap geslag en opgesaag vir my, hy dink ek gaan op ‘n Banting Bootcamp, kan jy glo! 😂 Ek kan nie glo dat ek hom so maklik om die bos kon lei nie! Maar ek gaan nie vir jul vertel van agter die bos nie! 😁 Ek moes natuurlik ‘n behoorlike storie spin oor hoekom ek die honde wil saamneem.

So, die bakkie is gelaai. Dis ek en my kamoefleerdrag, bakke en bakke vol gaar kos sodat ons nie heel dag aan kosmaak hoef te dink nie, my twee honde en sommer nog my seun se hond ook, ‘n sak hondepille en ‘n sak mielies vir die hoenders, 6 kanne drinkwater, skaaptjops vir die polisiepartie, nog bestanddele, potte en panne, botter, room, koffie en tee.

Sien julle vanaand! Vanaand eet ons groot en lekker! Regte egte boerekos.

Hier kom die Toorts!

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

116 thoughts on “Die misdadigers raak honger

  1. Banting Bootcamp – jou YSTER! Dit is nou slim!
    Ek is so bly jy is oppad, watwou met malvalekkers, nie een van ons is goed met die kos ding nie, so ons drink helemal TE veel, en nie water nie, want dit is n skaarste, en al die doppies veroorsaak dat ons focus verloor. Ek het juis in my post gaan vra of jy asb vining kan kom, dankie. Jy red ons! Kan nie wag om jou te sien nie, ons dans reeds en die musiek pomp!

    Like

  2. Ag laai my op as jy hier verbykom asb. Ek kan nie al daai lekker kos wat ek mag eet mis ni. En mog n ding as darie polisie dalk ve4keede rigting kyk het julle my mos nodig! My knypers is gevyl en ek het so n bietjie bloublasiegif in my krapmandjie vir die wis en die onwis. Ooo maar so n bietjie ander drinkgoed as seewater klink heerlik! Nou nie dat ek wil kla ni, my dam is mos groot genoeg, maar darem…

    Liked by 3 people

  3. Ahhh. Jou honne kom ook! Woestynkind bring my Kieter saam. Sy, my Kieter, wil nie langer by Bertus bly nie. Hy is glo kwaai met haar, sit haar op ñ dieët nes ek my rug draai!

    Skaapboud. Kan ek dit net weer hardop sê. SKAAPBOUD.

    Liked by 1 person

  4. Ek dink egter ons moet so bietjie dissipline toepas en die karwats uithaal.

    Ek sien Ekmyself het 3 ure terug gepost en jy 2 ure terug Toortsie. Die ad hoc blog is nie ‘n probleem nie (want nou kan almal lekker eet).

    Ek dink egter ons moet darem vir die misdadigers minstens een dag kans gee om kommentare te lewer voordat daar ‘n nuwe post gedoen word. Onthou hier word ‘n eboek van gemaak en dit gee ons genoeg kans om idees chronologies uit te ruil (wat ‘n mooi beskrywing vir nonsens praat is

    Mens is maar geneig om te fokus op die nuutste blog.

    Liked by 4 people

    1. Ek moet sê, hierdie is die gretigste misdadigers wat ek in my lewe teëgekom het. Toemaar Toortsie, ons sal jou hierdie keer vergewe, want ons kan ook nie toelaat dat die spul daar by Toweropstal die heeldag suip nie – hulle moet eet.

      Liked by 2 people

        1. Ha ha, die lewe loop maar nie te reguit nie. Veral hier met die uiteenlopende persoonlikhede. Kameel soek haar grinder(om wat mee te maak) Una troetel vit Abrie sodat hy net gelukkig moet bly. in tussentyd kan Perdebytjie nie kom nie want haar knoppie is nog nie gedruk nie. Daardie perdeby is gladnie gelukkig daar in die skoorsteen nie. Sug en ek verveel my dood want hier gebeur net mooi niks behalwe parties snags.

          Liked by 1 person

  5. Ek sit nou en lag vir jou Toorts…. kyk ek geniet hierdie storie en sy mense gate uit. Ja, bring ons kos ek eet nou al vir dae popcorn…. genoeg is genoeg. Wat ek wil weet is wanneer kom Coetzee…. Hester dreig om na hom toe te ryloop, om die goud se geld in ontvangs te neem. Wens net sy wil nou terugkom. Kan jy nie oppad by ‘n bank stop en die R500 000 vir haar oorbetaal sodat sy kan terugkom nie. Ons almal sal met jou regmaak wanneer ons ons geld kry.

    Like

      1. Die geld van jou boekeverkope Toorts…. belê dit nou in ‘n goeie saak. Ons kan vir jou rente betaal…. ja nes by ‘n bank…. rente!!!

        Liked by 2 people

    1. Ek het sopas omgedraai. Ek wou gaan braai, dit is eintlik al, wat ek goed kan doen, maar nou het Toortsie met die vrag kos daar aangeland, dat ek heeltemal oorbodig sal wees. Hoe jammer kry ek my nou self.

      Liked by 1 person

      1. Neeeeeeee Coetzee, jy moes help met Toortsie se braaiaand vir die polisie. Sy het ‘n hele opgesnyde skaap gebring vir die braai. Ons het mans hier nodig… rêgtig ‘n spul vroue alleen werk nie uit nie. Daar is niks orde hier nie.

        Liked by 2 people

      1. O hy kan beslis, ons sal daarvan hou, maar ons wil net weet sodat ons rekord kan hou en seker maak dat hy dan genomineer word. Ons wil hom nie tussen die krake deur sien verdwyn nie omdat ons nie behoorlik boekhou nie.

        Like

      1. Nee, ek het gesê bloggers kan meer as een beurt ook kry, solank as die storie net aanhou vloei en solank daar nie bloggers is wat voel hulle word afgeskeep nie. Ons het nog genoeg tyd oor vir ‘n tweede rondte vir elkeen as die misdaad … uhm … ingewikkeld raak. Jy moet sekerlik nog skryf oor die poelieste en so aan.

        Liked by 1 person

      1. Nee, net ‘n klompie gaar kos, die res moet gebraai word en ons het jou nodig by die polisie se partie. Die klomp hier eet rof, jong, die gaar kos gaannie lank hou nie.

        Like

  6. Ek sukkel nog om ‘n ordentlike rookmasjien gesteel te kry. Ek sal dus die pary en al die bantinglekkertes mis. Intussen moet julle dit geniet en solank oppas vir die bye en ander ongediertes waarmee ek nog liefies moet gesels!

    Liked by 1 person

  7. Ek moet nou stoomafblaas of ek ontplof. Laasnag niks geslaap van die lawaai en honde se geblaf nie. Nee ek het nie saam geparty nie… was te kwaad. Toorts het hier ingery gekom met kos, Seegogga, honde en wat nog meer…en vanaf die oomblik dat sy gestop het, was dit ‘n geklets uit ‘n ander wêreld. Skaapboud vir die aand het sy gesê, maar nee “hulle” soek “spinasietert” saam. Voorslag wat sy is vat Toorts die blare, en maak woerts-warts ‘n tert hier in die kombuis. Die boud was heerlik, maar ek eet nie spinasietert nie. ‘n Mens preek nie oor iets…om net die volgende dag dieselfde ding te doen nie. Wat ek tussen die gereedskap gaan soek het onthou ek nie meer nie… maar ek vat ‘n pampoen om lig te gee, en by die container aangekom sien toe my grinder is WEG!!! Die klomp het al begin dans… Wegkruipertjie is ook hier. Sy het ons heeldag uit ‘n hoekie dopgehou om te sien waarvoor sy haar inlaat, maar die reuk van Toorts se kos het haar vinnig nader laat draf. Ek vra haar of sy iets gesien het… sy mompel toe iets van die loodgieter. Twak!!! Daardie man was te eerlik. Ek was lus en gooi die klomp dansendes met die blikkieskos wat ek gekoop het… en nog net so staan want ek het vergeet om ‘n blikoopmaker te bring. Hier is ‘n skelm tussen ons!!! Ek het gedink ek hoef my net oor Hester te bekommer. Van Hester gepraat… niemand hier gee ‘n flerts oor haar doen en late in Vegas om nie. Toorts het nie haar boekegeld gaan oorbetaal sodat Hester onder ons oë kan kom bly nie. Dan is daar nog Abrie wat ewe skielik ‘n gewete gekry en omgedraai het… om te gaan herdink. “Too late boss, te veel mense weet nou van daardie goud. Laat jou oupa maar in sy graf draai… ek soek my villa in Italië. Nou vanoggend strompel die klomp hier in en val met hulle vuil voete op Scrapy se kwilts… en snork nou dat die biesies bewe. Ek moet gaan asemskep…. eers die hoenders kosgee… Toortsie het net die sak mielies hier afgelaai en begin klets… en bak en brou. Nou gaan ek met die lorrietjie Skimmelperdstasie toe ry… wil gaan kyk hoe lyk dit. Soos ek nou voel klim ek op ‘n trein en verdwyn die boendoes in. Maar daardie villa!!! Wie de swernoot het my grinder gevat…hy sou nou goed te pas gekom het.

    Liked by 2 people

    1. Dis duidelik nie my honde waarvan jy praat nie, want hul is nie blaffers wat heeldag kefkefkef nie, tensy hul regtig iets sien wat ‘n blaf regverdig, en dít laat my wonder, is die afloerders al weer hier rond?
      Mensig! Ek het nooit geweet spinasietert kan so lekker wees met spesiale kruietjies nie!
      En Hester? Vir foeter sy Vegas toe terwyl sy weet ons het haar hier nodig? En hoekom het sy nie vir haar ‘n retoerkaartjie uit die staanspoor gekoop nie, dis baie goedkoper! Om enkelkaartjies te wil koop, is vermorsing van geld en laat my wonder of daar nie ‘n haas iewers slaap nie.

      Liked by 1 person

      1. Het vier keer my kommentaar gecopy en by ekmyself se kommentare gepaste. Maar wanneer ek sê post comment wil hy nie. As ek weer probeer sê dit duplicate… you already said that. Wat doen ek verkeerd?

        Like

          1. Van my telefoon af probeer…. en nou op my laptop maar dit doen presies dieselfde…. sê net duplicate comment, en wil dit nie plaas nie.

            Like

            1. Die probleem lê by ekmyself…. het sommer ‘n random kommentaar daar gaan lewer, en hy wil dit ook nie vat nie. My kommentare lê seker in die spam box….

              Like

    1. Ek kannie Una… ekmyself se blog wil nie my kommentare plaas nie. Ek dink sy is kwaad vir my omdat ek haar van die skoorsteen gaan afhaal het.

      Liked by 1 person

          1. Ek is vreeslik jammer, Kameel. Is dit oor die groen blaartjies? Maar ek het regtig niks daarmee te doen nie! Ek het wel ń happie daarvan geproe, kon Toortsie nou nie in die gesig vat nie. Kom ek sê nou maar net, sommige kinders in my wêreld het onlangs iets aan hul ma herken, en ek is nog nie oor die sleg daarvan nie.🌿

            Liked by 1 person

    1. Scrapy kos gaan my nie troos nie…. ek het ‘n spesmaas daardie grinder sal ek nie weer sien nie. Dankie dat jy na ekmyself se voet gekyk het… daardie vroumens het nie ore as daar eers musiek gespeel word nie.

      Like

      1. Jy is op Ekmyself se blog, ek lees jou kommentaar. Woestynkind kan vir jou ń nuwe grinder bewimpel? Sy kom mos amper. Wie dink jy is weg daarmee? Jou loodgieter? Of Camille en die loodgieter?

        Liked by 1 person

    2. Maar nou het ek uit my beurt uit gepost en nou is ek in die sop en ek het nie eers sop gekook nie. Dalk moet ek sommer ‘n bietjie romerige groentesop kook en ‘n bietjie kruitjies daarby gooi.

      Liked by 2 people

  8. Nou is ek ook up to date met al die verwikkelinge. Welgedaan julle! Do so voort. Ek wag gretig in my muwwerige kantoor vir die oproep as sniper om ongewenste besoekers te kwes. En as hul steeds nader kom mag dit dalk fataal raak. Moenie worrie, ek weet hoe om met ‘n lyk te deal. Baie bly die honde is daar! 😜 Nou ja toe, as julle die party aan die gang kan kry kan ek ook die telefoon antwoord om op te daag.

    Liked by 1 person

  9. Toorts sal jy asseblief jou kommentare sluit sodat niks nuuts bygevoeg word totdat die uitdaging verby is en die “boek” klaar is nie. Jy kan dit dan weer oop maak. Ek dink jy weet hoe, maar net ingeval – maak jou post oop in edit mode, soek vir die “More options” in jou sidebar en untick die die blokkie wat sê “allow comments”.

    Liked by 1 person

      1. Dis ok, ek het my “boek”-sagteware begin toets en is besig om die blogs en kommentare in te trek. Die blogs is nie ‘n probleem nie, maar die kommentaar is oorweldigend! Dis natuurlik goeie nuus, want dit is ‘n bewys dat ons misdaadpoging ‘n reuse-sukses is. 😀

        Liked by 1 person

Kommentaar is gesluit.