Ek is dalk nou heeltemal uit my beurt uit, maar ek kan nou nie wag tot iemand besluit om my te tag nie, dit kan dalk nog twee weke neem. Misdadigers kan nie op leë mae suksesvol funksioneer nie.
Dus, tot tyd en wyl iemand my tag met watter opdrag ook al, ek is op pad na Toweropstal. Ek weet nie wie al almal al daar is nie, ek weet wel van Kameel en Una, moontlik Scrapy, Ekmyself. Ek is nie seker waar Hester en haar sekuriteitswag haar bevind nie, en dan is daar nog ‘n roofkyker of twee ook, lyk dit my. En ‘n loodgieter!
Dit klink my dat al waarvan hulle leef, marshmellows is, oeee die suiker! En dan klink dit vir my al te jolig daar, genoeg om suspisieus te raak.
So, ek het ‘n bakkievrag kos gemaak. Dis skaapboud, gaar hoender, varktjops, Banting kaaskoek, ag man, noem maar op! Dan het my man nog ‘n skaap geslag en opgesaag vir my, hy dink ek gaan op ‘n Banting Bootcamp, kan jy glo! 😂 Ek kan nie glo dat ek hom so maklik om die bos kon lei nie! Maar ek gaan nie vir jul vertel van agter die bos nie! 😁 Ek moes natuurlik ‘n behoorlike storie spin oor hoekom ek die honde wil saamneem.
So, die bakkie is gelaai. Dis ek en my kamoefleerdrag, bakke en bakke vol gaar kos sodat ons nie heel dag aan kosmaak hoef te dink nie, my twee honde en sommer nog my seun se hond ook, ‘n sak hondepille en ‘n sak mielies vir die hoenders, 6 kanne drinkwater, skaaptjops vir die polisiepartie, nog bestanddele, potte en panne, botter, room, koffie en tee.
Sien julle vanaand! Vanaand eet ons groot en lekker! Regte egte boerekos.
Hier kom die Toorts!
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Banting Bootcamp – jou YSTER! Dit is nou slim!
Ek is so bly jy is oppad, watwou met malvalekkers, nie een van ons is goed met die kos ding nie, so ons drink helemal TE veel, en nie water nie, want dit is n skaarste, en al die doppies veroorsaak dat ons focus verloor. Ek het juis in my post gaan vra of jy asb vining kan kom, dankie. Jy red ons! Kan nie wag om jou te sien nie, ons dans reeds en die musiek pomp!
LikeLike
Ag laai my op as jy hier verbykom asb. Ek kan nie al daai lekker kos wat ek mag eet mis ni. En mog n ding as darie polisie dalk ve4keede rigting kyk het julle my mos nodig! My knypers is gevyl en ek het so n bietjie bloublasiegif in my krapmandjie vir die wis en die onwis. Ooo maar so n bietjie ander drinkgoed as seewater klink heerlik! Nou nie dat ek wil kla ni, my dam is mos groot genoeg, maar darem…
LikeLiked by 3 people
Jisss! Pak jn, ek tel jou nou op! 😁 Jippieee ! Seegogga het ons gevind!
LikeLiked by 1 person
Ahhh. Jou honne kom ook! Woestynkind bring my Kieter saam. Sy, my Kieter, wil nie langer by Bertus bly nie. Hy is glo kwaai met haar, sit haar op ñ dieët nes ek my rug draai!
Skaapboud. Kan ek dit net weer hardop sê. SKAAPBOUD.
LikeLiked by 1 person
Oeee, hoe gaan ons my honde, die hoenders en jou kieter uitmekaar hou? 😂
LikeLiked by 1 person
My kat weet hoe om honde te hanteer, Toorts. Sy dwing respek af. En sy eet net Whiskers-vleis. Geen hoenders.
LikeLiked by 2 people
Daar lees ek jou kat eet whiskey-vleis, dink daai spinasieblare praat met my
LikeLiked by 3 people
Maar jy is dan nog nie eers hier nie…? WAARMEE is jy en jou blonde hartebreker besig!
LikeLiked by 1 person
Nee nee ek kruip wel daar in ‘n hoek weg, niemand wil my mos nooi nie. Boohoo
Ondertussen steel ek julle spinasieblare
LikeLiked by 3 people
Maar kom!
LikeLiked by 1 person
Het Ekmyselff dan nie nou vir jou benoem nie?
LikeLiked by 1 person
Nee daai misdadiger steel net my musiek
LikeLiked by 1 person
Kom uit jou hoek uit wegkruipertjie, hier gaan genoeg kos wees, en jy kan solank saam met ons kom dans.
LikeLiked by 3 people
Net die gedagte daaraan doen al sy werk! 😁
LikeLiked by 1 person
Haha, jou stoute kabouter!
LikeLiked by 2 people
Ha ha, Ek het ook tweekeer moes lees. Jong jy sal moet reguitdink met jou veiligheidsplanne. Nie met lang draaie loop nie.
LikeLiked by 1 person
Klink goed
LikeLike
Ik krijg er honger van als ik het allemaal lees.
Wou dat ik er kon bijzijn.
Maak er nog een fijn moment van.
Groetjes
Theo
LikeLike
Sien julle netnou Toortsie. Ek doen nie banting maar eet baie definitief banting kos, veral as jy die saam met brrod eet 🙂 🙂 🙂
LikeLiked by 1 person
Jy moet net die brood saambring. As jy by my brood kry, moet jy mooi dink. Dit mag dalk 3 jaar oud wees.
LikeLike
Ek dink egter ons moet so bietjie dissipline toepas en die karwats uithaal.
Ek sien Ekmyself het 3 ure terug gepost en jy 2 ure terug Toortsie. Die ad hoc blog is nie ‘n probleem nie (want nou kan almal lekker eet).
Ek dink egter ons moet darem vir die misdadigers minstens een dag kans gee om kommentare te lewer voordat daar ‘n nuwe post gedoen word. Onthou hier word ‘n eboek van gemaak en dit gee ons genoeg kans om idees chronologies uit te ruil (wat ‘n mooi beskrywing vir nonsens praat is
Mens is maar geneig om te fokus op die nuutste blog.
LikeLiked by 4 people
Sorrie. Sallie weerie
LikeLike
Ek moet sê, hierdie is die gretigste misdadigers wat ek in my lewe teëgekom het. Toemaar Toortsie, ons sal jou hierdie keer vergewe, want ons kan ook nie toelaat dat die spul daar by Toweropstal die heeldag suip nie – hulle moet eet.
LikeLiked by 2 people
Verstaan jy? Dit was ‘n noodsituasie.
LikeLiked by 2 people
haha … ja
LikeLiked by 1 person
Ons het sulke fantastiese opleiding van ons leiers (lees politici) gekry, dat ons nie kan wag om dit op die proef te stel nie.
LikeLiked by 3 people
Ja, die voorbeelde wat vir ons gestel word …
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam Abrie. Ek was so besig die laaste twee dae, dat ek nou eers by die blogs kon uitkom. Dis so prettig en ek wil niks mis nie!
LikeLike
Stem saam.
LikeLike
En ek bly in die moeilikheid. 😟
LikeLike
Ha ha, die lewe loop maar nie te reguit nie. Veral hier met die uiteenlopende persoonlikhede. Kameel soek haar grinder(om wat mee te maak) Una troetel vit Abrie sodat hy net gelukkig moet bly. in tussentyd kan Perdebytjie nie kom nie want haar knoppie is nog nie gedruk nie. Daardie perdeby is gladnie gelukkig daar in die skoorsteen nie. Sug en ek verveel my dood want hier gebeur net mooi niks behalwe parties snags.
LikeLiked by 1 person
Ek en jy dink dieselfde, lyk dit my. Hierdie storie gaan platval as gevolg van uitgerektheid.
LikeLike
Wonder of die internet so stadig is en of hul met vervoer sukkel.
LikeLike
Ek weet ook nie. Daar is jy van NZ af en amper die eerste om op te daag!
LikeLiked by 1 person
Ons moet die ouens kans gee om te lees en hulle eie planne te beraam en sommige van ons werk! Nie baie gard nie, maar darem.
LikeLike
Jajaa ek weet. Ek werk ook 😁
LikeLiked by 1 person
Dus eet lekker maar onthou om by ekmyself te gaan inloer https://ekmyselff.wordpress.com/2018/02/09/le-jou-eier-nou-word-ons-almal-misdadigers/
LikeLiked by 1 person
Ek sit nou en lag vir jou Toorts…. kyk ek geniet hierdie storie en sy mense gate uit. Ja, bring ons kos ek eet nou al vir dae popcorn…. genoeg is genoeg. Wat ek wil weet is wanneer kom Coetzee…. Hester dreig om na hom toe te ryloop, om die goud se geld in ontvangs te neem. Wens net sy wil nou terugkom. Kan jy nie oppad by ‘n bank stop en die R500 000 vir haar oorbetaal sodat sy kan terugkom nie. Ons almal sal met jou regmaak wanneer ons ons geld kry.
LikeLike
Wat ek waar kry? Jul moet dit dan eers vir my oorbetaal.
LikeLiked by 1 person
Die geld van jou boekeverkope Toorts…. belê dit nou in ‘n goeie saak. Ons kan vir jou rente betaal…. ja nes by ‘n bank…. rente!!!
LikeLiked by 2 people
Joe! Rente! 😝
LikeLiked by 1 person
Ek het sopas omgedraai. Ek wou gaan braai, dit is eintlik al, wat ek goed kan doen, maar nou het Toortsie met die vrag kos daar aangeland, dat ek heeltemal oorbodig sal wees. Hoe jammer kry ek my nou self.
LikeLiked by 1 person
Maar jy moet kom! Hier is nog ‘n hele skaap se tjops wat gebrai moet word! Ons reken op jou!
LikeLike
Neeeeeeee Coetzee, jy moes help met Toortsie se braaiaand vir die polisie. Sy het ‘n hele opgesnyde skaap gebring vir die braai. Ons het mans hier nodig… rêgtig ‘n spul vroue alleen werk nie uit nie. Daar is niks orde hier nie.
LikeLiked by 2 people
Jy moet kns help beskerm ook! Ons is vrouens en ons is soms bang ook!
LikeLiked by 1 person
Hier lees ek nou eers raak dat jy omgedraai het! O nee, kom terug! Bring net vir ons ñ paar pare stewels saam, dan kom kry jy ons aan die grawe!!!
LikeLiked by 1 person
Toortsie, gaan Coetzee ook vir ons ‘n bloggie skryf wanneer julle die braai hou? Of gaan hy kommentaar lewer en jou vertel hoe om kos te maak?
LikeLiked by 1 person
Ons sal sien wanneer ons daar kom oor hoe dit ontwikkel. Hy kan beslis ook skryf as hy wil. 😁
LikeLiked by 2 people
O hy kan beslis, ons sal daarvan hou, maar ons wil net weet sodat ons rekord kan hou en seker maak dat hy dan genomineer word. Ons wil hom nie tussen die krake deur sien verdwyn nie omdat ons nie behoorlik boekhou nie.
LikeLike
As ins albei daaroor moet skryf, kan die een mar die ander nomineer
LikeLiked by 1 person
Dis reg
LikeLiked by 1 person
Of voel jy ek het nou my beurt gehad en dat hy eerder oor die braai moet skryf? Dis 100 persent met my.
LikeLiked by 1 person
Nee, ek het gesê bloggers kan meer as een beurt ook kry, solank as die storie net aanhou vloei en solank daar nie bloggers is wat voel hulle word afgeskeep nie. Ons het nog genoeg tyd oor vir ‘n tweede rondte vir elkeen as die misdaad … uhm … ingewikkeld raak. Jy moet sekerlik nog skryf oor die poelieste en so aan.
LikeLiked by 1 person
Is daardie kosse, dan nie alles gaar nie? Ek sal my mos nooit op ander se terrein begewe en vertel hoe om kos te maak nie. Ek kan net braai!
LikeLiked by 1 person
Nee, net ‘n klompie gaar kos, die res moet gebraai word en ons het jou nodig by die polisie se partie. Die klomp hier eet rof, jong, die gaar kos gaannie lank hou nie.
LikeLike
Jip, daardie lekker ribbes waarvan jy ons al vertel het in jou blog https://coetzeeblog.wordpress.com/2017/07/31/ribbes-en-nog-ribbes/. My man was skoon in ekstase toe ek hom hierdie fotos gewys het.
LikeLiked by 1 person
Coetzee, hou op redeneer en daag op!
LikeLiked by 1 person
Oooooooo ek en die slage kom spesiaal vir die kos!
LikeLiked by 1 person
Jippieee! Maar los die slange maar tuis, dit kompliseer dinge.
LikeLiked by 1 person
Sug… is die Towerhuis nie troeteldiervriendelik nie?
LikeLike
My honde is daar en Una se kat en die hoenders.
LikeLiked by 1 person
En my slange? Kyk net die mooi blommetjies op die dik een? 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek dink hul moet dringend saam met jou kom.
LikeLiked by 1 person
Hehehehehe ek glo nie die ander misdadigers gaan met jou saamstem
LikeLiked by 1 person
Ek is glad nie vriende met die slange nie.
LikeLiked by 2 people
Nie eers figuurlik? Nou moet jy baie mooi dink!
LikeLiked by 1 person
Ek sukkel nog om ‘n ordentlike rookmasjien gesteel te kry. Ek sal dus die pary en al die bantinglekkertes mis. Intussen moet julle dit geniet en solank oppas vir die bye en ander ongediertes waarmee ek nog liefies moet gesels!
LikeLiked by 1 person
Perdebytjie Una het ‘n rookmasjien hier aangebring…. glo vir atmosfeer wanneer ons dans. As jy voel twee is nodig gaan steel nog een.
LikeLiked by 3 people
Ek moet nou stoomafblaas of ek ontplof. Laasnag niks geslaap van die lawaai en honde se geblaf nie. Nee ek het nie saam geparty nie… was te kwaad. Toorts het hier ingery gekom met kos, Seegogga, honde en wat nog meer…en vanaf die oomblik dat sy gestop het, was dit ‘n geklets uit ‘n ander wêreld. Skaapboud vir die aand het sy gesê, maar nee “hulle” soek “spinasietert” saam. Voorslag wat sy is vat Toorts die blare, en maak woerts-warts ‘n tert hier in die kombuis. Die boud was heerlik, maar ek eet nie spinasietert nie. ‘n Mens preek nie oor iets…om net die volgende dag dieselfde ding te doen nie. Wat ek tussen die gereedskap gaan soek het onthou ek nie meer nie… maar ek vat ‘n pampoen om lig te gee, en by die container aangekom sien toe my grinder is WEG!!! Die klomp het al begin dans… Wegkruipertjie is ook hier. Sy het ons heeldag uit ‘n hoekie dopgehou om te sien waarvoor sy haar inlaat, maar die reuk van Toorts se kos het haar vinnig nader laat draf. Ek vra haar of sy iets gesien het… sy mompel toe iets van die loodgieter. Twak!!! Daardie man was te eerlik. Ek was lus en gooi die klomp dansendes met die blikkieskos wat ek gekoop het… en nog net so staan want ek het vergeet om ‘n blikoopmaker te bring. Hier is ‘n skelm tussen ons!!! Ek het gedink ek hoef my net oor Hester te bekommer. Van Hester gepraat… niemand hier gee ‘n flerts oor haar doen en late in Vegas om nie. Toorts het nie haar boekegeld gaan oorbetaal sodat Hester onder ons oë kan kom bly nie. Dan is daar nog Abrie wat ewe skielik ‘n gewete gekry en omgedraai het… om te gaan herdink. “Too late boss, te veel mense weet nou van daardie goud. Laat jou oupa maar in sy graf draai… ek soek my villa in Italië. Nou vanoggend strompel die klomp hier in en val met hulle vuil voete op Scrapy se kwilts… en snork nou dat die biesies bewe. Ek moet gaan asemskep…. eers die hoenders kosgee… Toortsie het net die sak mielies hier afgelaai en begin klets… en bak en brou. Nou gaan ek met die lorrietjie Skimmelperdstasie toe ry… wil gaan kyk hoe lyk dit. Soos ek nou voel klim ek op ‘n trein en verdwyn die boendoes in. Maar daardie villa!!! Wie de swernoot het my grinder gevat…hy sou nou goed te pas gekom het.
LikeLiked by 2 people
Dis duidelik nie my honde waarvan jy praat nie, want hul is nie blaffers wat heeldag kefkefkef nie, tensy hul regtig iets sien wat ‘n blaf regverdig, en dít laat my wonder, is die afloerders al weer hier rond?
Mensig! Ek het nooit geweet spinasietert kan so lekker wees met spesiale kruietjies nie!
En Hester? Vir foeter sy Vegas toe terwyl sy weet ons het haar hier nodig? En hoekom het sy nie vir haar ‘n retoerkaartjie uit die staanspoor gekoop nie, dis baie goedkoper! Om enkelkaartjies te wil koop, is vermorsing van geld en laat my wonder of daar nie ‘n haas iewers slaap nie.
LikeLiked by 1 person
Ek sê al lankal daar is fout maar niemand luister nie.
LikeLike
Maar dís hoekom ek my honde saamgebring het. Hulle is jagters van formaat en sal indringers gou verjaag.
LikeLiked by 1 person
Ek praat van Hester Toortsie… H E S T E R!!!
LikeLiked by 1 person
Ja, maar as mens stupid wil wees, moet jy naar bly sit waar jy is. 🧐
LikeLiked by 1 person
O eh eh, ek ruik moeilikheid….
LikeLiked by 1 person
Kameel, wil jy nie maat hierdie post ook op ekmyselff se blog spoeg en plak nie. Dis mos nou waar ons storielyn volg. Dis belangrik dat almal weet hie jy voel. Sorry oor die ankle grinder.
LikeLiked by 1 person
Maar ipv maat hoe ipv hie. Ek is nog nie sleutelbordwakker nie.
LikeLiked by 2 people
Het vier keer my kommentaar gecopy en by ekmyself se kommentare gepaste. Maar wanneer ek sê post comment wil hy nie. As ek weer probeer sê dit duplicate… you already said that. Wat doen ek verkeerd?
LikeLike
Is jy op tablet of pc
LikeLike
Van my telefoon af probeer…. en nou op my laptop maar dit doen presies dieselfde…. sê net duplicate comment, en wil dit nie plaas nie.
LikeLike
Die probleem lê by ekmyself…. het sommer ‘n random kommentaar daar gaan lewer, en hy wil dit ook nie vat nie. My kommentare lê seker in die spam box….
LikeLike
Miskien het sy my geblock…. vra haar om asseblief te kyk…. ek praat mos nie op die oomblik met haar nie.
LikeLiked by 1 person
Ek sal vir jou spoeg en plak as jy wil, of ekmyselff moet net gaan approve, miskien lê dit by haar vir goedkeuring..
LikeLike
Una het my weer goedgekeur… nou kan ek weer gesels sê sy. Ek sal nog eenkeer probeer. Dankie.
LikeLike
Spoeg en plak maar asb vir my… wil nogsteeds nie my kommentare vat nie.
LikeLike
Dan is dit dalk al daar
LikeLike
Ek wil gou weet. Bedoel jy die hele blogpost van my, of Kameel se relaas?
LikeLike
Nee net Kameel se relaas, ons moet mos nou op ekmyselff se blog kommentaar tot volgende persoon met nuwe taak blog. So jan ons een gesprek hê.
LikeLiked by 1 person
Kameel, praat met my op Ekmyself se blog, asb. Ek wag vir jou. Nounet wakker geword…
LikeLiked by 2 people
Ek kannie Una… ekmyself se blog wil nie my kommentare plaas nie. Ek dink sy is kwaad vir my omdat ek haar van die skoorsteen gaan afhaal het.
LikeLiked by 1 person
Jy is hier, Kameel. Ek het jou kommentaar van my kant af goedgekeur. Weet nie hoe dit werk nie.
LikeLiked by 2 people
Dankie…. is eintlik nog kwaad vir jou… maar ek is besig om te besin.
LikeLiked by 1 person
Ek is vreeslik jammer, Kameel. Is dit oor die groen blaartjies? Maar ek het regtig niks daarmee te doen nie! Ek het wel ń happie daarvan geproe, kon Toortsie nou nie in die gesig vat nie. Kom ek sê nou maar net, sommige kinders in my wêreld het onlangs iets aan hul ma herken, en ek is nog nie oor die sleg daarvan nie.🌿
LikeLiked by 1 person
Nou oraat jy in tale. En erken maar, die tert was heeeeerlik! Vandag maak ek groentesop met ‘n spesiale kruitjie, net vir ‘n pikante geur.
LikeLiked by 1 person
Jy het my klaar omgepraat, ek is nie sterk nie.
LikeLiked by 1 person
So kom sit by my en Scrapy op die dak…
LikeLike
Ek het haar gekontak.
LikeLike
Toorts ek is so bly jy is hier met jou kos. Ons is uitgehonger na al die gefuif van gisteraand. Kameel wil sommer weghol so dol gaan dit. Ek dink as sy haar magie gevul het sal sy beter voel en ook haar grinder vind.
LikeLiked by 3 people
Scrapy kos gaan my nie troos nie…. ek het ‘n spesmaas daardie grinder sal ek nie weer sien nie. Dankie dat jy na ekmyself se voet gekyk het… daardie vroumens het nie ore as daar eers musiek gespeel word nie.
LikeLike
Jy is op Ekmyself se blog, ek lees jou kommentaar. Woestynkind kan vir jou ń nuwe grinder bewimpel? Sy kom mos amper. Wie dink jy is weg daarmee? Jou loodgieter? Of Camille en die loodgieter?
LikeLiked by 1 person
Die loodgieter is onskuldig… dis al wat ek sê.
LikeLiked by 1 person
O, né? 😱
LikeLiked by 1 person
Ek het nou vir haar gesê sy moet jou vergewe en gaan kyk hoekkm jy nie by haar kan kommentaar lewer nie.
LikeLike
Maar nou het ek uit my beurt uit gepost en nou is ek in die sop en ek het nie eers sop gekook nie. Dalk moet ek sommer ‘n bietjie romerige groentesop kook en ‘n bietjie kruitjies daarby gooi.
LikeLiked by 2 people
Maar jy kan mos nie help as ouens so LAAAAANK vat om aan te kom nie. Ons kan mos nie sonder eetgoed hier bly en dan nog werk ook nie.
LikeLiked by 1 person
Verstaan jy? Die mense moet hier kom dat die rook kan draai en die stof kan trek
LikeLike
Netso. Die maand is al halfpad verby!
LikeLiked by 1 person
Nou is ek ook up to date met al die verwikkelinge. Welgedaan julle! Do so voort. Ek wag gretig in my muwwerige kantoor vir die oproep as sniper om ongewenste besoekers te kwes. En as hul steeds nader kom mag dit dalk fataal raak. Moenie worrie, ek weet hoe om met ‘n lyk te deal. Baie bly die honde is daar! 😜 Nou ja toe, as julle die party aan die gang kan kry kan ek ook die telefoon antwoord om op te daag.
LikeLiked by 1 person
Ek viel almal moet maar solank nader kom dat ons strategiese beplanning kan doen.
LikeLiked by 1 person
Goeie idee*
LikeLiked by 1 person
Toorts sal jy asseblief jou kommentare sluit sodat niks nuuts bygevoeg word totdat die uitdaging verby is en die “boek” klaar is nie. Jy kan dit dan weer oop maak. Ek dink jy weet hoe, maar net ingeval – maak jou post oop in edit mode, soek vir die “More options” in jou sidebar en untick die die blokkie wat sê “allow comments”.
LikeLiked by 1 person
Sodra ek weer by my rekenaar kom. Ek het al probeer om dit opmy selfoon te doen, maar kon nie.
LikeLiked by 1 person
Dis ok, ek het my “boek”-sagteware begin toets en is besig om die blogs en kommentare in te trek. Die blogs is nie ‘n probleem nie, maar die kommentaar is oorweldigend! Dis natuurlik goeie nuus, want dit is ‘n bewys dat ons misdaadpoging ‘n reuse-sukses is. 😀
LikeLiked by 1 person
Absoluut. Ek is opgewonde oir almal wat so saamspeel.
LikeLiked by 1 person
Ek is nou by my rekenaar en doen gou due verstellinkie.
LikeLiked by 1 person