I love to read Dr Perry’s blog. It is always very interesting and I always learn something. Please do read his blog post, Do you know your Shadow Side?
All of us has a shadow side, a part of us that we hide in a very dark place. A part of us that we don’t want to visit. The place where we hide our pain as well, things we want to forget.
Ons skadukant. Daardie deel van ons waar ons swakplekkies diep weggesteek word. Daardie deel van ons menswees wat ons nie graag besoek nie.
Maar, soos Dr Perry sê, is dit deel van ons en het ons nie baie nodig om die skadukant te ontbloot nie. Wees net ‘n bietjie moeg, gespanne, onseker, en jou skadukant ontbloot homself. Sodra dit goed gaan met jou en jy in beheer is, hou jy die blink kant bo, maar sodra die appelkar net effens geskud word, is dit ‘n ander storie.
Al is dit baie moeilik, al gaan dit baie keer gepaard met pyn en al wil ons nie regtig daardie diepte en seer en ou herinneringe besoek nie, is dit nodig en baie bevrydend om soms dit te waag en die skadukant te besoek.
Wanneer jy gereeld ongekrap word oor iets, as iets jou onnodig ontstel, as jy aanhoudend sleg voel oor goed, is dit dalk tyd om te vra: Hoekom ontstel dit jou so? Wat is die werklike rede vir die ontsteltenis? Is dit regtig hierdie ding wat vandag gebeur, of lê die werklike oorsaak van hierdie ontsteltenis baie dieper as wat jy wil dink of erken?
Dís wat ons by Transformasie Gebedsbediening (Transformation Prayer Ministry) doen: Ons kyk na jou ontsteltenis, na hoe jy voel. Saam met God soek ons die ware oorsaak van daardie slegvoel, ons wys dit vir God en vra vir Sy waarheid wat ons vrymaak.
By TPM gee ons nie raad nie, ons oordeel nie, ons soek nie fout en bepaal dat ‘jy ‘n probleem het’ nie. By TPM stap ons in liefde saam met die persoon wat gewillig is om sy skadukant te besoek, en by God waarheid te ontvang.
Waag dit. Gaan loer bietjie in by jou skadukant en word vry. Dis nie noodwendig maklik nie, maar o, so bevrydend. Want ja, ons het almal ‘n skadukant, ek ook! En ja, skud jy aan my appelkar, kom daar dinge uit wat ek gedink het lankal begrawe is.
Mooi loop
Toortsie
Toortsie by Finesse: Toe kom die reën
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal
#tpm #tpmsa #tpmriversdal #tpmbredasdorp
Goeie opsomming, dankie Toortsie.❤
LikeLike
Lekkervurig sê juis my skadukant begin wys… en dit omdat ek al wat gedierte is se nekke wil omdraai.
Meer ernstig… ek hoop my seun gaan terug… maar tot nou het hy nog nie weer iets gesê nie.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Ek het ook ‘n paar nekke wat ek wil omdraai.
LikeLiked by 1 person
Jy Toorts!!!! Myne is nie daaronder nie of hoe?
LikeLike
Nooit!
LikeLiked by 1 person
Ek het ook gister sy bloginskrywing reblog, daar is regtig waarheid daar. Sodra ons weet wat in ons skadukant wegkruip, kan ons daarmee deal
LikeLiked by 1 person
Ja, en danneem ons nie meer almal om ons kwalik vir alles wat hul nie gedoen het soos ons voel hul moet dit doen nie.
LikeLiked by 1 person