Tegnologie en ‘n ou mens

Ek het ‘n lekker foon. Nee, ek het ‘n baie lekker foon. Nee. Ek is mal oor my foon.

Ek het ook, soos die meeste van ons, met ‘n Nokia begin. Nou nie ‘n Nokia baksteen nie, ek het eers heelwat later my eerste selfoon gekry.

Toe kom die grooot besluit om te skuif Samsung toe. Dis soos om jou geloof te verander. As ek mooi terugdink, dink ek dat ek drie Samsungs gehad het. Eers dié met knoppies, maar beperkte touch screen saam met dit. Later natuurlik net touch screen.

Die skuif van die Nokia se knoppies na die Samsung met sy qwerty-keyboard was hemels, en toe weer na touch screen. Ai, die minglish wat ek hier praat, is skokkend!

Die Samsungs was lieflike fone, maar ongelukkig was nie een van hulle ‘klaar gemaak’ nie. Die een spesifieke foon het hom aanmekaar begin reset as jy sy internet gebruik terwyl hy op die laaier is. Later sommer enige tyd as jy hom op jou nodigste het, soos as jy in die middestad van Kaapstad in spitsverkeer sit en hy moet my help om my bestemming te bereik.

My laaste Samsung het weer ander probleme van sy eie gehad. Toe ek oor die groot dae my splinternuwe Samsung moes instuur vir herstelwerk en ek weer op die ou, restart-foontjie aangewese is en letterlik alles op hom moes doen, en die foon na 2 weke nog nie terug is nie, want mevrou, dit was nuwe jaar, toe voel ek, ek moet aan iets kou, en koop vir my ‘n Apple.

Plaas dat ek al jare tevore vir my skoonseun geluister het, maar nee, Samsung kan mos alles doen wat Apple kan doen.

My Apple is ‘klaar gemaak.’ Hy is voltooi die dag toe hul hom gemaak het. Tog voel ek soms om hom wel ‘n slag af- en aan te sit.

Gisteraand haak hy vas in WordPress. Dis nie die eerste keer wat hy in WP vashaak nie, ek wonder nou skielik of die probleem nie by die App lê nie. Ek het die foon ‘n hele paar keer afgesit, maar hy het op dieselfde plek bly haak. Soveel so dat ek WP verwyder het van my foon en weer die App gelaai het.

Genadiglik het my foon die kodewoord geken en ek kon tog te lekker blog tot slaaptyd.

Maar, net as julle nie weet nie, ek love my Appeltjie! En ek dink ek sal hom nog ‘n hele paar jaar kan gebruik voordat ek nodig sal hê om hom te vervang. Nou wonder ek, is dit nodig om WP te verwittig oor hierdie sakie?

Perhaps it is time to enroll in a course for cell phone users? Who knows?

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: My geselskap

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

25 thoughts on “Tegnologie en ‘n ou mens

  1. En daar het jy nou ook die appel gebyt!!!! Tot dusvêr bly ek weg van daardie boom af…. alhoewel my kinders ook almal van daardie boom af eet… en sy lof besing. Tot.dusvêr sing ek en Sam nog lekker saam…. en hopenlik hou ons verhouding nog lank…. alhoewel hy so wan en dan warm om die kiewe raak en ek hom vir veiligheidsonthalwe uitlos totdat hy weer afgekoel het.

    Liked by 1 person

  2. Ek is mal oor my Samsung. Sy klank is permanent af en hy lê in my laai. Word net uitgehaal om banktransaksies te “authorise”. Verder moet my foon sharrap. Selfs WA is afgelaai op my desktop. So, nee, jammer, ek weet nie van WP se app nie.

    Like

  3. Ek sokkol erg met die appeltjie en wanneer (nie as nie) hy breek is dit groot geld. Sterkte, my 2de appeltjie het op dieselfde manier gebreek. Ek het nou ‘n 2dehandse een (net sodat die watch kan werk) en ek kan nie wag om terug te gaan Samsung toe nie

    Like

  4. Ek het ‘n soortgelyke pad gestap, behalwe dat my eerste Nokia nogal baksteenagtig was! Toe ook die Samsung roete gegaan, ‘n paar modelle deurleef, met mindere en meerdere mate van sukses. Uiteindelik ook ge-Apple, en ek dink nie dat ek sommer sal verander nie. Ek oorweeg dit selfs om myself eendag met ‘n MacBook air te bederf, maar dan sal daardie halfgeskryfde manuskripte dalk eers moet klaar kom, om dit te regverdig 🙂

    Liked by 1 person

  5. Die enigste probleem wat ek kry, sodra ek ‘n nuwe laptop of foon kry, en ek wil op my blog werk, moet ek wordpress kry om my password te reset, ander kan ek nie op my blog ingaan nie. kan dit net oopmaak soos ‘n besoeker.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!