Kameel – Die Misdaad

Lê-jou-eier: Nou word ons almal misdadigers. Taak 2

cbd74e14f898d07b7848340520137344Op rooi stillethoes, heupe swaaiend in ‘n swart minirok stap Camilla, ‘n Hardewarewinkel binne. Sy gaan staan en kyk half verlore om haar rond. “Kan ek help dame,” sê ‘n mansstem skuins agter haar. Met ‘n swiep van haar blonde hare, draai sy om, pruil haar rooi mond, en bekyk die man op en af, en glimlag dan haar goedkeuring. Hy is onkant gevang; trek onwillekeurig sy maag in, en stoot sy bors uit. “Abrie het my gestuur,” sê sy in ‘n hees stem. Hy trek sy wenkbroue vraend op, “Abrie?” “Ja, Abrie het gesê ek kan by jou ‘n ” industrial ankle grinder” leen. Die man gee ‘n skewe glimlag, “Jy bedoel seker ‘n “angle grinder?” Met oë vol beloftes kyk sy deur lang wimpers na hom. “Dis reg, dis wat hy gesê het.” Die man sluk hard. “Ons huur angle grinders uit”… maar voordat hy verder kan praat beweeg sy tot teen hom. “Ek wil dit net vir ‘n rukkie leen,” sê sy saggies. Vir ‘n paar oomblikke staan hulle so, haar parfuum is bedwelmend. Dit is duidelik dat die man in haar net gevang is. Meteens verhelder sy gesig. “Ek het ‘n “angle grinder” in my bakkie wat ek vir jou kan leen. Wou dit vanaand na my vriend toe vat, maar hy kan maar ‘n rukkie wag.” Camilla lig haarself op en gee hom ‘n soen op sy wang, “Jy is ‘n regte skat.” Die man kyk vervaard om hom rond, haal ‘n sakdoek uit sy sak en vryf daarmee oor sy wang. “Waar is julle musiekafdeling.?” Vra Camilla grootoog. “Ons het nie ‘n musiekafdeling nie” antwoord hy vinnig. “Abrie het dan gesê as ek die grinder kry moet ek sommer vra vir Sement en Ketting se discs.” “Wie is hierdie kamtige Abrie wat die pragtige meisie so voorskryf,” dink die man, maar sê dit nie hardop nie. “Dit is discs wat jy saam met die grinder gebruik,” verduidelik hy. “Wag dan gaan haal ek hulle vir jou,” en met die woorde stap hy weg.

‘n Ruk later met die grinder en discs veilig in lekkervurig se lorrietjie, ry Camilla straat af. By die rooi verkeerslig gooi sy haar kop agteroor en lag kliphard. Hoe geniet sy nie hierdie toneelspel nie. Nog ‘n paar draaie om as blonde poppie gereedskap vir hulle misdaad te kry, dan kan sy teruggaan George hotel toe en ontslae raak van hierdie ongemaklike klere, dik grimering en vals oogwimpers. Una kan haar pruik terugkry wanneer sy haar by Toweropstal sien. Sou hulle misdaad skeefloop sal daar verniet gesoek word na die blonde poppie, sy bestaan nie meer nie.

Lekkervurig was omtrent gaaf om soveel tot die misdaad by te dra… sy hoop net sy verstaan hoekom sy wat Camilla is nog ‘n grinder gekry het; sy wou van die begin af haar eie grinder hê… net vir ingeval.

Heelwat later stap Camilla by George hotel uit. Die bruinkop vrou in haar denim, t-hemp en gemaklike tekkies lyk alles behalwe na die poppie van vroeër. Sy voel tevrede met haarself. Sy het die meeste van die gereedskap wat Abrie op sy lys genoem het gekry en klaar by toweropstal gaan aflaai. Die rookmasjien, flitse, en duikgereedskap kan iemand anders kry. Môre lewer Una se skoonseun die hoenderhokke en hoenders af… sy wonder tog watse houvas Una op hierdie skoonseun van haar het. Nou gaan sy kos koop en dan die pad vat toweropstal toe.

Alleen gaan sy nie daardie opstal takel en skoonmaak nie. Slange, spinnekoppe….. spoke!!!! Nee Toorts moet kom help… maar Toorts se vrees vir spinnekoppe sal haar viervoet laat vassteek. Meteens gaan die lig aan… SCRAPY…. ja Scrapy kan die leisels vat, die opstal skoonmaak, ontslae raak van die slange en spinnekoppe…. en spoke…. en die plek leefbaar maak. Wat sou Hester tog met leefbaar bedoel het? Ag wat laat Scrapy daaroor besluit. Sy wat Camilla is sal die hoenders kos gee totdat die ander opdaag en by haar oorvat.

Screenshot_2018-02-07-14-33-45-1

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

92 thoughts on “Kameel – Die Misdaad

    1. Dankie Perdebytjie…. weet nie hoe pittig jy gaan wees as jy jou geliefde perdebye moet gaan uitrook nie. Ek dink hulle gaan jou die job gee. Nou kan ek terugsit en die ander s’n geniet.

      Liked by 1 person

        1. Tannie Frannie ek hou van tannie is ‘n pilaar van die gemeenskap met ‘n goeie naam en al – ‘n eerbare skelm. As tannie nie self skryf nie kan ander mense tannie dalk in hulle stories indskryf en tannie dinge laat doen wat tannie wil doen nie!

          Liked by 3 people

  1. Ek raak al hoe meer gespanne, nue oor die misdaad nie, nie oor die tronk nie, maar oor my BEURT! Kameel, wanneer dit my beurt is, gaan ek jou omkoop om myne ook te skryf. Jy sal mos, nê? Asseblief, man!

    Like

    1. Jy gaan genomineer word… weet nie vir watse werk nie… maar Hester het gesê daar moet gepatroleer word. Kry jou gedagtes agter mekaar 😊

      Liked by 1 person

        1. Ek het nou daardie image van my afgewas. Gmmmf die blonde poppies wat die mans so rondjaag… maar moet sê dit was nogal lekker om die manne so om my pinkie te draai.

          Liked by 2 people

  2. Sjoe Camilla ek was nou skoon down gewees omdat ek nie mooi geslaag het om vir jou te verduidellik wat jy moet koop nie, maar toe onthou ek dat jy ‘n blond is en voel toe beter. Ek moet egter erken dat met die ketting discs jy nie heeltemal verkeerd is as jy dit musiek noem nie – die genre is heavy metal

    Liked by 4 people

        1. Dankie…. het jy gehoor hoe daar musiek gemaak gaan word? Jy sal jou hulp moet aanbied… dink net jy kan vir nagte bo-op die koorsteen dans en niemand gaan jou skeef aankyk nie.

          Liked by 1 person

          1. Klink na n goeie plan, dan het ek sommer baie hoogte en ek kan dalk op so manier waghou en sien dat daar nie onwelkom besoekers of agies opdaag nie – die musiek moet net lekker lewendig wees. Ek

            Liked by 2 people

            1. Nou toe meld jouself aan. Ek dink Toorts gaan die job kry om die plek te laat patroleer .. dan slaan jy sommer twee vlieë met een klap.

              Liked by 1 person

    1. Die blond het haar werk goed gedoen danksy Abrie se naam wat sy so los rondgegooi het. Thumbs up vir die heavy metal!!!

      Like

  3. Sjoe, hier ontdek ek nou vanoggend dat ek my moet aanmeld vir die skoonmaak sessie. Ek moet eers speurwerk gaan doen om te sien waat Abrie die ou geslepe leier ons heen lei. Ek is juis oppad om my eie huis te ontruim. n Ekstra skoonmaak sal nie kwaad doen nie.

    Liked by 1 person

      1. Jy moenie so skeef na my kyk nie lekkervurig…. ek is baie bang vir slange, spinnekoppe en spoke. Vir Scrapy se hande staan daar niks verkeerd nie… moenie eers verbaas wees as daar pragtige quilts te siene gaan wees nadat sy die plek leefbaar gemaak het nie.

        Like

        1. Kameel, haal asem. Die perdebye en bye en slange is in die skoorsteen vir Perdebytjie om te takel…. hoe gaan ons vir Piet Joubert opgeroep kry as Scrapy hom nie vang nie. Capice? Ek laaik dat Scrapy se talente reg aangewend word.

          Liked by 2 people

          1. Daar is nie ‘n manier waarop perdebytjie hulle skade gaan aandoen nie. Ek weet wat sy gaan doen…. fotos van hulle neem… en daarmee tyd verspil. Nee, die spul moet nek omgedraai word sodat die job kan aangaan.

            Like

            1. Neeeeeee scrapy….. jy help my met taak twee…. het die harde werk …. ag ek bedoel die werk wat jou so goed pas…. met liefde aan jou oorhandig. Jy moet as jy klaar is iemand tag vir taak 3. Lekkervurig het idees gegee van wie hulle goed van hulle taak sal kwyt.

              Like

        1. Scrapy!!!! Onthou ons is vriende. Veel eerder kan jy een van jou mooi quilts oor my gooi wanneer jy sien ek kry koud as ek lê en slaap terwyl die ander werk. Onthou ons is nog besig met taak 2… jy moet ‘n blogger vir taak 3 tag.

          Like

            1. Dis hoekom ek jou die huis laat leefbaar maak het… jou hande vat mos vas… en as mens jou oë uitvee is die taak afgehandel. Well done my friend!!

              Like

  4. Kameel, jy is ñ regte bo-baas misdaad skrywer! Die prentjie daarby het my met afwagting gevul. Camilla het haar goed van haar taak gekwyt. Manne wat darem so maklik vir ñ paar lang bene in rooi skoene kan val! Onthou om die pruik vir my by die afgespreekte plek af te laai, ek wil gereed wees vir my beurt! En Abrie, ek kan goed glo jy glimlag breed vir hoe dinge afgeskop het.☺

    Liked by 3 people

    1. Die pruik lê in sta-soft…. hy sal gereed wees vir wanneer jy land. Fluister… het voorheen so ‘n paar werkies vir die mafia gedoen ook.

      Liked by 1 person

    1. Not to worry lekkervurig, het dit afgehaal. Ek het my net as ‘n dom blond voorgehou… maar agter dit was Camilla se verstand helder aan die werk.

      Like

        1. Jou lorretjie ry heel lekker. Nadese gaan jy genoeg geld hê om julle brand landwyd te bemark. Ag wat praat ek nou…. jy sal sekerlik eerder die wêreld wil gaan toer. Hester bekommer my rêgtig…. sy praat van wegvlug Suid Amerika toe. Ek wou vir my ‘n villa in Italië kry maar volgens haar lewer hulle uit. Voel jy gerus oor Hester?

          Like

          1. Kameel, dis nou nuus. Laas het ek verneem sy wil Los Angeles toe…ek sal my feite moet nagaan. Suid-Amerika…ons sal daai lyfwag wat Una wil saamstuur goed moet indoktrineer om in ons almal se belang Hester op die nou weg te hou. Ek dog sy wil gaan kyk of sy die geld wat julke so oorbetaal het aan haar wil verdubbel. Ek het gedink om Nkandla by JZ oor te neem vir R1. Die land sal verlig wees….hehe

            Liked by 1 person

            1. Sy is glo Las Vegas toe om kopers vir die goud te soek. Alles in ons belang sê sy. Wanneer die misdaad afgehandel en die goud verkoop en die geld in haar bankrekening inbetaal is…. en sy ons dele uitbetaal het… gaan sy Suid Amerika toe. Sou dinge hier skeefloop kan sy nie oorgelewer word nie. Daardie lyfwag sal sy storie moet ken!!!
              En jy gaan Nkandla oorkoop 😀😀😀😀 Is jy seker die land gaan nie de hoenders in wees daaroor nie. Hester sê klaar die reserwebank en die regering gaan smoorkwaad wees oor hierdie diefstal wat so onder hulle neuse plaasgevind het. Maar dan weer…. ons kan lekker by Nkandla paartie….daar sal plek vir al die bloggers wees om oor te slaap.

              Liked by 1 person

                  1. Nie persoonlik nie, maar baiegoed na ek Desember by hulle kersopgesteek toe ek “President’s keepers” van Jaqcues Pauw gelees het. Dis goeie misdadige leesstof. Boonop “Boardwalk Empire” en Sopranos van begin tot einde geshowmax. Ek is goed gemafia….

                    Liked by 1 person

    1. Heavy metal musiek soos Abrie sê 😀😀 van kettings gepraat… daar is mos ‘n gesegte wat lui “Klein diewe het ysterkettings, groot diewe goue kettings.” Ek hoop van harte ons het gouekettings… is nie lus om in die tronk te gaan sit nie. Hou maar daardie ankle grinder in gedagte!!!

      Liked by 1 person

    1. Bly jy het uit jou wegkruipplek gekom. Wonder wat jy gaan doen…. ek hou nou my asem op vir die ander bloggers. Hopenlik loop almal se planne glad!!!

      Liked by 1 person

        1. Liewe Moses!!!! en hier dog ek sy sit nog in Bali 😕 Wag laat ek gaan kyk wie nog by toweropstal opgedaag het. Dankie vir die laat weet.

          Liked by 1 person

  5. Ek probeer nou kophou hier. Jy sê ons kort nog net ‘n rookmasjien, flitse, en duikgereedskap. Una het mos rookmasjiene en ek neem aan dit gaan gebruik word vir Taak 3 (die paarties) ook. Dalk moet Una sommer genomineer word hierdie taak, want daar moet darem seker klanktoerusting en harde musiek doscs (heavy metal?) ook aangeskaf word. Die ou wat genomineer word vir Taak 7 (die duikers) kan mos maar sorg vir die duiktoerusting?

    Liked by 1 person

    1. Het jy nog nie op en wakker scrapy se blog gelees nie. Agtermekaar vrou daardie!!! Wanneer jy klaar gelees het kan ons sien wat kort nog. Ek het ook gedink die duikers kan vir hulself sorg….. wat weet ek nou van duiktoerusting af.

      Liked by 1 person

      1. Nee, ek was die hele oggend tussen besig met bloedtoetse en goete en daarna gou inkopies gaan doen. Selfoon was af. Het nou-net Scrapy se blog gelees en sien julle skryf soos blits. Ek het nogal in die uitdaging drie dae tyd gelos vir elke blog! Snoep agter daardie goud aan, nè?

        Liked by 1 person

        1. O ja, jy sou gaan vir toetse vir jou hart.. vertrou alles is reg?
          Ek het vinnig geskryf of anders maal my gedagtes vir dae rondom dit. Scrapy gaan trek… so sy wou die takie ook vinnig afhandel.

          Liked by 1 person

Kommentaar is gesluit.