Lê-jou-eier: Nou word ons almal misdadigers. Taak 2
Op rooi stillethoes, heupe swaaiend in ‘n swart minirok stap Camilla, ‘n Hardewarewinkel binne. Sy gaan staan en kyk half verlore om haar rond. “Kan ek help dame,” sê ‘n mansstem skuins agter haar. Met ‘n swiep van haar blonde hare, draai sy om, pruil haar rooi mond, en bekyk die man op en af, en glimlag dan haar goedkeuring. Hy is onkant gevang; trek onwillekeurig sy maag in, en stoot sy bors uit. “Abrie het my gestuur,” sê sy in ‘n hees stem. Hy trek sy wenkbroue vraend op, “Abrie?” “Ja, Abrie het gesê ek kan by jou ‘n ” industrial ankle grinder” leen. Die man gee ‘n skewe glimlag, “Jy bedoel seker ‘n “angle grinder?” Met oë vol beloftes kyk sy deur lang wimpers na hom. “Dis reg, dis wat hy gesê het.” Die man sluk hard. “Ons huur angle grinders uit”… maar voordat hy verder kan praat beweeg sy tot teen hom. “Ek wil dit net vir ‘n rukkie leen,” sê sy saggies. Vir ‘n paar oomblikke staan hulle so, haar parfuum is bedwelmend. Dit is duidelik dat die man in haar net gevang is. Meteens verhelder sy gesig. “Ek het ‘n “angle grinder” in my bakkie wat ek vir jou kan leen. Wou dit vanaand na my vriend toe vat, maar hy kan maar ‘n rukkie wag.” Camilla lig haarself op en gee hom ‘n soen op sy wang, “Jy is ‘n regte skat.” Die man kyk vervaard om hom rond, haal ‘n sakdoek uit sy sak en vryf daarmee oor sy wang. “Waar is julle musiekafdeling.?” Vra Camilla grootoog. “Ons het nie ‘n musiekafdeling nie” antwoord hy vinnig. “Abrie het dan gesê as ek die grinder kry moet ek sommer vra vir Sement en Ketting se discs.” “Wie is hierdie kamtige Abrie wat die pragtige meisie so voorskryf,” dink die man, maar sê dit nie hardop nie. “Dit is discs wat jy saam met die grinder gebruik,” verduidelik hy. “Wag dan gaan haal ek hulle vir jou,” en met die woorde stap hy weg.
‘n Ruk later met die grinder en discs veilig in lekkervurig se lorrietjie, ry Camilla straat af. By die rooi verkeerslig gooi sy haar kop agteroor en lag kliphard. Hoe geniet sy nie hierdie toneelspel nie. Nog ‘n paar draaie om as blonde poppie gereedskap vir hulle misdaad te kry, dan kan sy teruggaan George hotel toe en ontslae raak van hierdie ongemaklike klere, dik grimering en vals oogwimpers. Una kan haar pruik terugkry wanneer sy haar by Toweropstal sien. Sou hulle misdaad skeefloop sal daar verniet gesoek word na die blonde poppie, sy bestaan nie meer nie.
Lekkervurig was omtrent gaaf om soveel tot die misdaad by te dra… sy hoop net sy verstaan hoekom sy wat Camilla is nog ‘n grinder gekry het; sy wou van die begin af haar eie grinder hê… net vir ingeval.
Heelwat later stap Camilla by George hotel uit. Die bruinkop vrou in haar denim, t-hemp en gemaklike tekkies lyk alles behalwe na die poppie van vroeër. Sy voel tevrede met haarself. Sy het die meeste van die gereedskap wat Abrie op sy lys genoem het gekry en klaar by toweropstal gaan aflaai. Die rookmasjien, flitse, en duikgereedskap kan iemand anders kry. Môre lewer Una se skoonseun die hoenderhokke en hoenders af… sy wonder tog watse houvas Una op hierdie skoonseun van haar het. Nou gaan sy kos koop en dan die pad vat toweropstal toe.
Alleen gaan sy nie daardie opstal takel en skoonmaak nie. Slange, spinnekoppe….. spoke!!!! Nee Toorts moet kom help… maar Toorts se vrees vir spinnekoppe sal haar viervoet laat vassteek. Meteens gaan die lig aan… SCRAPY…. ja Scrapy kan die leisels vat, die opstal skoonmaak, ontslae raak van die slange en spinnekoppe…. en spoke…. en die plek leefbaar maak. Wat sou Hester tog met leefbaar bedoel het? Ag wat laat Scrapy daaroor besluit. Sy wat Camilla is sal die hoenders kos gee totdat die ander opdaag en by haar oorvat.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Sjoe Kamerl,die storie skop goed af!Ek kan nie wag vor die res van die deelnemers se pittige bydraes nie🤣
LikeLiked by 1 person
Dankie Perdebytjie…. weet nie hoe pittig jy gaan wees as jy jou geliefde perdebye moet gaan uitrook nie. Ek dink hulle gaan jou die job gee. Nou kan ek terugsit en die ander s’n geniet.
LikeLiked by 1 person
Ek sal mooipraat met die spulletjie!
LikeLiked by 1 person
The Wasp Whisperer
LikeLiked by 2 people
Bwahahaaa – “Sement en Ketting se discs in die musiekafdeling”, dis klassiek, Kameel!
LikeLiked by 5 people
Dankie Frannie 😊 Hoop jy het jou naam op vir die misdaad!!!
LikeLiked by 1 person
Nee…ek is te sleg met spertye, ek sou net die verloop van sake vertraag. Maar ek volg die gebeure met toegespitste aandag!
LikeLiked by 1 person
Dis jammer maar ek verstaan. Dankie ook vir Sement en Ketting…. het dit na hoofletters gaan verander; beter so. Lekker slaap.
LikeLiked by 1 person
Tannie Frannie ek hou van tannie is ‘n pilaar van die gemeenskap met ‘n goeie naam en al – ‘n eerbare skelm. As tannie nie self skryf nie kan ander mense tannie dalk in hulle stories indskryf en tannie dinge laat doen wat tannie wil doen nie!
LikeLiked by 3 people
Dankie vir die waarskuwing – maar ek’s nog steeds te lui…
LikeLiked by 1 person
Ek raak al hoe meer gespanne, nue oor die misdaad nie, nie oor die tronk nie, maar oor my BEURT! Kameel, wanneer dit my beurt is, gaan ek jou omkoop om myne ook te skryf. Jy sal mos, nê? Asseblief, man!
LikeLike
Toortsie skryf enigiets en ontken net dat jy dit geskryf het. Jy vingerafdukke is mos nie op die pen of sleutelbord nie.
LikeLiked by 3 people
Haha
LikeLiked by 1 person
Van wanneer af is onse Toort bang?? Jy gaan skryf en goed skryf…. vra raad as jy dit nodig het. Just enjoy it!!!
LikeLiked by 1 person
Ahaaa ek weet nou. Op een of ander manier moet die polisie se aandag afgetrek word, en ek dink ek weet hoe! Ek bied aan om dit te dien wanneer nodig.
LikeLiked by 1 person
Jy gaan genomineer word… weet nie vir watse werk nie… maar Hester het gesê daar moet gepatroleer word. Kry jou gedagtes agter mekaar 😊
LikeLiked by 1 person
Dis net te mooi wat’n blonde kop en ‘n paar hormone alles kan regkry! 😁
LikeLiked by 1 person
Ek het nou daardie image van my afgewas. Gmmmf die blonde poppies wat die mans so rondjaag… maar moet sê dit was nogal lekker om die manne so om my pinkie te draai.
LikeLiked by 2 people
Maar ek vermoed jy is ‘n expert! 😁
LikeLiked by 1 person
Nooit gesien nie Toorts!!! Hoe gekrenk voel ek nou. 😊
LikeLike
Ai jai jai, dis jammer.
LikeLiked by 1 person
Sjoe Camilla ek was nou skoon down gewees omdat ek nie mooi geslaag het om vir jou te verduidellik wat jy moet koop nie, maar toe onthou ek dat jy ‘n blond is en voel toe beter. Ek moet egter erken dat met die ketting discs jy nie heeltemal verkeerd is as jy dit musiek noem nie – die genre is heavy metal
LikeLiked by 4 people
En net vir die rekord hierdie was baie goed – musiek in my ore
LikeLiked by 2 people
Bly jy het daarvan gehou Boss!! Ag verskoon ek werk nie meer vir die mafia nie…. Abrie 😊
LikeLike
Ek stem!
LikeLiked by 1 person
Dankie…. het jy gehoor hoe daar musiek gemaak gaan word? Jy sal jou hulp moet aanbied… dink net jy kan vir nagte bo-op die koorsteen dans en niemand gaan jou skeef aankyk nie.
LikeLiked by 1 person
Klink na n goeie plan, dan het ek sommer baie hoogte en ek kan dalk op so manier waghou en sien dat daar nie onwelkom besoekers of agies opdaag nie – die musiek moet net lekker lewendig wees. Ek
LikeLiked by 2 people
Nou toe meld jouself aan. Ek dink Toorts gaan die job kry om die plek te laat patroleer .. dan slaan jy sommer twee vlieë met een klap.
LikeLiked by 1 person
Dan help jy sommer patroleer… en hou die musiek aan die gang!!! Twee vlieë met een klap.
LikeLiked by 1 person
Die blond het haar werk goed gedoen danksy Abrie se naam wat sy so los rondgegooi het. Thumbs up vir die heavy metal!!!
LikeLike
Sjoe, hier ontdek ek nou vanoggend dat ek my moet aanmeld vir die skoonmaak sessie. Ek moet eers speurwerk gaan doen om te sien waat Abrie die ou geslepe leier ons heen lei. Ek is juis oppad om my eie huis te ontruim. n Ekstra skoonmaak sal nie kwaad doen nie.
LikeLiked by 1 person
Scrapy, ek sien Camilla het die huisleefbaar en spokeverdryf deel van haar taak vir jou gelos. Jy sal haar moet terugkry daar voor. Miskien ‘n spokie in ‘n bottel bêre vir later?
LikeLiked by 1 person
Jy moenie so skeef na my kyk nie lekkervurig…. ek is baie bang vir slange, spinnekoppe en spoke. Vir Scrapy se hande staan daar niks verkeerd nie… moenie eers verbaas wees as daar pragtige quilts te siene gaan wees nadat sy die plek leefbaar gemaak het nie.
LikeLike
Kameel, haal asem. Die perdebye en bye en slange is in die skoorsteen vir Perdebytjie om te takel…. hoe gaan ons vir Piet Joubert opgeroep kry as Scrapy hom nie vang nie. Capice? Ek laaik dat Scrapy se talente reg aangewend word.
LikeLiked by 2 people
Daar is nie ‘n manier waarop perdebytjie hulle skade gaan aandoen nie. Ek weet wat sy gaan doen…. fotos van hulle neem… en daarmee tyd verspil. Nee, die spul moet nek omgedraai word sodat die job kan aangaan.
LikeLike
Jinne Kameel, jou skadukant kom uit….hehe
LikeLiked by 1 person
Ouch….ja, net gou weer my masker reg trek.
LikeLike
Ja, kry sal ek haar kry. Aan die anderkant is dit n span poging en daar sal nog dinge opduik wat net reg vir Kameel gaan wees. Sien jy kans vir stap 4?
LikeLiked by 1 person
Stap 3 is die paarties Dit klink soos Una en kie. Stap 4 is sekuriteit klink soos Toorts want sy gaan die polieste kan omkoop met lekker kos…dink jy nie?
LikeLike
Oooo okay. Ek is veronderstel om taak 3 te doen.
LikeLiked by 1 person
Kameel sê nee – jy moet deel twee van taak 2 doen, en iemand tag om stap drie te doen.
LikeLiked by 1 person
Okay, okay jy moet onthou ek kom van ver af!
LikeLiked by 1 person
Dis hoekom on ‘n bende is, ons kyk uit vir mekaar. Lekker skoonmaak. Groetnis.
LikeLiked by 1 person
Ha ha, my planne het net bietjie verander. Dankie vir die hulp.
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan scrapy…. dis jet lag 😕
LikeLike
En hoe, daardie vuurpyl trek so vinnig en gaan stadig gaooi my af en is weer weg. Hy’s mos oppad mars toe. Nou moet hul die volgende vuurpyl regkry om my weer op te laai want ek is onwettig in die land, moter en al, ha ha/
LikeLiked by 1 person
Liewe, ek het al gehoor ‘n boer maak ‘n plan…. maar ‘n gewese boeremeisie vat die koek!!!
LikeLike
Ha ha, skort niks met my verbeelding nie. Hulle het mos verlede week hier n vuurpyl suksesvol opgestuur toe dink ek Aaa daar gaat ek.
LikeLiked by 1 person
Neeeeeee scrapy….. jy help my met taak twee…. het die harde werk …. ag ek bedoel die werk wat jou so goed pas…. met liefde aan jou oorhandig. Jy moet as jy klaar is iemand tag vir taak 3. Lekkervurig het idees gegee van wie hulle goed van hulle taak sal kwyt.
LikeLike
Jaaaaa, ek verstaan nou! My blonde oomblik het my geheel van koers af laat dink.(en dis al half tien hier ek moet gaan slaap.
LikeLiked by 1 person
Lekker slaap 😊
LikeLike
Dankie. Ek het gehoor ons gaan nie hierdie naweek maar volgende een trek. Nou beter ek begin inpak ook.
LikeLiked by 1 person
Scrapy!!!! Onthou ons is vriende. Veel eerder kan jy een van jou mooi quilts oor my gooi wanneer jy sien ek kry koud as ek lê en slaap terwyl die ander werk. Onthou ons is nog besig met taak 2… jy moet ‘n blogger vir taak 3 tag.
LikeLike
Oh no. Ek het sommer taak drie begin maar dis okay. Jy sal sien hoe dit werk.Eks amper klaar geskryf!
LikeLiked by 1 person
Dis hoekom ek jou die huis laat leefbaar maak het… jou hande vat mos vas… en as mens jou oë uitvee is die taak afgehandel. Well done my friend!!
LikeLike
Het jy gelees wat ek vir ons gereël het?
LikeLiked by 1 person
Nee…. waar moet ek lees?
LikeLike
Het nounet hom gepos. All yours now. Laat Bytjie asb weet sy moet haar klom familie kom kalmeer want hul voel heel onrustig op die oomblik.
LikeLike
Kameel, jy is ñ regte bo-baas misdaad skrywer! Die prentjie daarby het my met afwagting gevul. Camilla het haar goed van haar taak gekwyt. Manne wat darem so maklik vir ñ paar lang bene in rooi skoene kan val! Onthou om die pruik vir my by die afgespreekte plek af te laai, ek wil gereed wees vir my beurt! En Abrie, ek kan goed glo jy glimlag breed vir hoe dinge afgeskop het.☺
LikeLiked by 3 people
Die pruik lê in sta-soft…. hy sal gereed wees vir wanneer jy land. Fluister… het voorheen so ‘n paar werkies vir die mafia gedoen ook.
LikeLiked by 1 person
Jy is ń goeie een om as kontak in my boekie te hê, Kameel. Dalk ń privaat opdraggie eens ons ons miljoene gemaak het…???
LikeLiked by 1 person
Why not? Die lewe kan maar boring raak so sonder ‘n bietjie drama hier en daar. 😊
LikeLike
Flip, hoop Camilla het die Lekker braai logos van die lorretjie afgehaal….Kameel jy is briljant.
LikeLiked by 1 person
Not to worry lekkervurig, het dit afgehaal. Ek het my net as ‘n dom blond voorgehou… maar agter dit was Camilla se verstand helder aan die werk.
LikeLike
Phew, net vir oomblik gedink ons perfekte misdaad gaan deur my branding in die wiele gery word. Dankie Kameel.
LikeLiked by 1 person
Jou lorretjie ry heel lekker. Nadese gaan jy genoeg geld hê om julle brand landwyd te bemark. Ag wat praat ek nou…. jy sal sekerlik eerder die wêreld wil gaan toer. Hester bekommer my rêgtig…. sy praat van wegvlug Suid Amerika toe. Ek wou vir my ‘n villa in Italië kry maar volgens haar lewer hulle uit. Voel jy gerus oor Hester?
LikeLike
Kameel, dis nou nuus. Laas het ek verneem sy wil Los Angeles toe…ek sal my feite moet nagaan. Suid-Amerika…ons sal daai lyfwag wat Una wil saamstuur goed moet indoktrineer om in ons almal se belang Hester op die nou weg te hou. Ek dog sy wil gaan kyk of sy die geld wat julke so oorbetaal het aan haar wil verdubbel. Ek het gedink om Nkandla by JZ oor te neem vir R1. Die land sal verlig wees….hehe
LikeLiked by 1 person
Sy is glo Las Vegas toe om kopers vir die goud te soek. Alles in ons belang sê sy. Wanneer die misdaad afgehandel en die goud verkoop en die geld in haar bankrekening inbetaal is…. en sy ons dele uitbetaal het… gaan sy Suid Amerika toe. Sou dinge hier skeefloop kan sy nie oorgelewer word nie. Daardie lyfwag sal sy storie moet ken!!!
En jy gaan Nkandla oorkoop 😀😀😀😀 Is jy seker die land gaan nie de hoenders in wees daaroor nie. Hester sê klaar die reserwebank en die regering gaan smoorkwaad wees oor hierdie diefstal wat so onder hulle neuse plaasgevind het. Maar dan weer…. ons kan lekker by Nkandla paartie….daar sal plek vir al die bloggers wees om oor te slaap.
LikeLiked by 1 person
Dis nou wat ek gedink het – ons eie Blogland nessie om verder eiers te lê, en JZ sê juis die krag en water is verniet….
LikeLiked by 1 person
Hoe klink jy so familiar met JZ? Ken jy die Guptas…. of is dit ‘n te persoonlike vraag?
LikeLike
Nie persoonlik nie, maar baiegoed na ek Desember by hulle kersopgesteek toe ek “President’s keepers” van Jaqcues Pauw gelees het. Dis goeie misdadige leesstof. Boonop “Boardwalk Empire” en Sopranos van begin tot einde geshowmax. Ek is goed gemafia….
LikeLiked by 1 person
Sien jy het jou vinger op die pols. Ons het jou broodnodig om ons op track te hou.
LikeLike
Fantasties! Jy is ‘n briljante misdadiger. Die “ankle grinder” het my daar hoendervleis gegee vir ‘n paar oomblikke. Sement en Ketting se discs – daai is ‘n ander soort musiek.
LikeLiked by 2 people
Heavy metal musiek soos Abrie sê 😀😀 van kettings gepraat… daar is mos ‘n gesegte wat lui “Klein diewe het ysterkettings, groot diewe goue kettings.” Ek hoop van harte ons het gouekettings… is nie lus om in die tronk te gaan sit nie. Hou maar daardie ankle grinder in gedagte!!!
LikeLiked by 1 person
Hoe gaan jy dit in die tronk insmokkel? Of dreig jy my? Haha.
LikeLiked by 1 person
Sê maar net 😇
LikeLiked by 1 person
Puik, jy oortrek jouself, ek hou van die heavy metal in die musiek afdeling.
LikeLiked by 1 person
Dankie…. hoekom is ek nie verbaas dat jy van die musiekgedeelte hou nie. Heavy metal sê jy? Sal jou graag op dit sien dans.
LikeLiked by 1 person
Sjoe julle is almal ywerig aan die werk. Camilla is die perfekte undercover-blond. Kan nie wag vir my beurt nie
LikeLiked by 1 person
Bly jy het uit jou wegkruipplek gekom. Wonder wat jy gaan doen…. ek hou nou my asem op vir die ander bloggers. Hopenlik loop almal se planne glad!!!
LikeLiked by 1 person
Joh julle almal skryf so vining, gaan kyk Una het al taak 3 klaargemaak. Ek dink daai Kruger-rande gaan teen die einde van die week ons s’n wees
LikeLiked by 1 person
Liewe Moses!!!! en hier dog ek sy sit nog in Bali 😕 Wag laat ek gaan kyk wie nog by toweropstal opgedaag het. Dankie vir die laat weet.
LikeLiked by 1 person
Ek probeer nou kophou hier. Jy sê ons kort nog net ‘n rookmasjien, flitse, en duikgereedskap. Una het mos rookmasjiene en ek neem aan dit gaan gebruik word vir Taak 3 (die paarties) ook. Dalk moet Una sommer genomineer word hierdie taak, want daar moet darem seker klanktoerusting en harde musiek doscs (heavy metal?) ook aangeskaf word. Die ou wat genomineer word vir Taak 7 (die duikers) kan mos maar sorg vir die duiktoerusting?
LikeLiked by 1 person
Het jy nog nie op en wakker scrapy se blog gelees nie. Agtermekaar vrou daardie!!! Wanneer jy klaar gelees het kan ons sien wat kort nog. Ek het ook gedink die duikers kan vir hulself sorg….. wat weet ek nou van duiktoerusting af.
LikeLiked by 1 person
Nee, ek was die hele oggend tussen besig met bloedtoetse en goete en daarna gou inkopies gaan doen. Selfoon was af. Het nou-net Scrapy se blog gelees en sien julle skryf soos blits. Ek het nogal in die uitdaging drie dae tyd gelos vir elke blog! Snoep agter daardie goud aan, nè?
LikeLiked by 1 person
O ja, jy sou gaan vir toetse vir jou hart.. vertrou alles is reg?
Ek het vinnig geskryf of anders maal my gedagtes vir dae rondom dit. Scrapy gaan trek… so sy wou die takie ook vinnig afhandel.
LikeLiked by 1 person
Ek het net die bloedtoetse laat doen vandag. Ek sien die kardioloog die 12de. Ek sien Scrapy gaan trek – wou haar nog vra waarheen.
LikeLiked by 1 person
Haar seun het ‘n nuwe huis gekoop… sy trek in hulle huidige huis in. Vra maar net as jy iets wil weet 😀😀😀😀😀
LikeLiked by 1 person
O okei. Ek het geweet haar seun was besig om te kyk na ‘n plasie (plot?), maar daarvandaan verder het ek alweer die gesprek gemis.
LikeLike
Die plot het deur die mat geval.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop hulle gaan nog naby haar wees.
LikeLiked by 1 person
Ek het so aangeneem…. dit het nie geklink asof hulle vêr wegtrek nie.
LikeLiked by 1 person