Pendel kan soms lekker ook wees

Kyk, dis nie aldag lekker om te pendel nie. Weekliks kos en klere inpak om te kan gaan werk en terug om huis te hou.

Soms kry ek ‘n dag grasie wat die wêreldse verskil maak. Net ‘n ekstra daggie by die huis wat ek dan sommer ‘n klompie gaar kos en slaaie maak om die pendelry ietwat te vergemaklik.

Vandag het ek so ‘n grasiedag gehad en het eers vyfuur die middag by die huis weggetrek met bakke vol gaar kos. Hierdie week is dit net soveel makliker.

Maar die heel lekkerste was die telefoonoproep wat ek kry toe ek so tien kilometer van my bestemming is: Waar is jy? Ons wil ‘n sundowner drink en die son gaan onder. 😁

En dís die lekker van die pendel. Hier sit ons nou op die stoep met ‘n glasie in die hand.

Môre werk ons weer.

Toortsie

Toortsie by Finesse: Ek wou so graag groot dinge vir die Here doen.

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

15 thoughts on “Pendel kan soms lekker ook wees

    1. Darem nie heeltemal so baie bakke kos nie. Dit moet die hele week hou!
      Daar was nog beesrol oor van Sondag, wat nou op is. En ‘n maalvleisrol en ‘n koolslaai.
      Dis ek en manlief en baie keer my seun ook nog en dan kom daar altyd ‘n verrassing of twee by. Hier is tans 3 ekstra mans in die huis, maar twee van hulle, eintlik al drie, is veronderstel om vir hulleself te sorg. Ek het die vermoede dat een van hulle ook my verantwoordelikheid is. 🙂
      So, teen vanaand, anders, môremiddag, is daardie bakke leeg. Dolleeg. Maar tot dan help dit sommer baie.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!