Ek wonder waar handig ‘n mens jou bedankingsbrief in as ma. Van daardie dag – toe Timothy as ‘n klein seuntjie op die agtertrappies gesit en vir my gevra het of Jesus die son gemaak het – en op my “ja” gesê het, “jô, maar Hy het hom hoog op-ge-jack,” het ek nog nooit ophou vrae beantwoord nie. My brein as ma is leeggetap, en dis tyd om te bedank.
My kinders glo ek is ‘n verklarende woordeboek, ‘n ensiklopedie, ‘n skrywer wat gedigte, opstelle, praatjies, versies, toneelopvoerings ens uit ‘n hoed uit kan haal…. en om alles te kroon dat ek die bybel vanaf Genesis 1:1 tot Openbaring 22:21 uit my kop uit ken, en weet wat elke vers beteken…. en daarom alle wysheid in pag het.
In die huis was tot vir hulle maats gesê hulle kan na my toe kom as hulle vrae oor die lewe, of persoonlike probleme het waarop hulle antwoorde soek. Dit was in die huis – die nes het intussen leeggeloop – maar die vrae het bly kom… en kom nogsteeds.
Wanneer een van die tienerjarige kleinseuns op hierdie erf hier instap, homself tuismaak en sê hy het iets om te vra – kan ek maar weet Marlé het gesê “gaan vra vir ouma.” Vrae oor God word na ouma toe verwys.
Net in hierdie week wou Jay weet wat beteken Genesis 3:6. ‘n Dag later bel Chanté in ‘n groot penarie. Sy en haar man het uit Eksodus 4 vir hulle twee dogtertjies voorgelees (waar Sippora haar seun besny, en met die voorhuid Moses se voete aangeraak het.) Sewejarige Vilani wil nou weet wat is ‘n voorhuid, en hoe moet sy dit nou aan die kind verduidelik. En dan wil haar man sommer ook weet waarom wou God Moses doodmaak.
In die week moes ek ook ‘n paar keer vertalingswerk doen. Gister s’n het my goed laat kop krap; Wat de swernoot is “Nutrition Facts” in Afrikaans? Dit is toe dat ek besef het – dit is tyd om te bedank.
Hoe het jy dit toe vertaal?? Jammer vir jou, liewe Kameel, maar jy weet mos ma/oumawees is ‘n lewenslange beroep!
LikeLiked by 1 person
Frannie ek moes hier erken dat ek net mens is en nie weet nie. Ek hou van voedingswaarde…. maar dit is nie korrek nie. Voedingsfeite? Voedingsinformasie? Who knows? Ja, eenmaal ma… altyd ma…. en ouma 😊
LikeLiked by 1 person
Geed bedankings brief of aftree ouderdom vir n ma nie – jy sal maar moet vasbyt!
LikeLiked by 1 person
Ek probeer maar tot die tande raak stomp 😊 Hoop jy het jou naam by Hester gaan ingee vir deelneem aan ons crime storie. Jy kan dit nie verby laat gaan nie… alhoewel ek vir Toorts gesê het jy mag ‘n gevaar inhou. As jy musiek hoor gaan jy dans…. en wat maak sy dan met jou!!!
LikeLiked by 1 person
Jong ek weet nie of ek my moet uitgee om deel te neem nie, as ek so per toeval daar beland sal ek dit aanvat, natuurlik al dansende! 😉
LikeLiked by 1 person
Ouma msg datem ook vur kalkien gasn vra. Kalkoen weet mos alles. Toe die plaadiere hom vra hoe hy dit regkry om alles te weet, antwoord hy mos:” googlegooglegoogle”.
LikeLike
Ouma maak baie gebruik van die slim kalkoen se onuitputlike kennis…. maar gister het hy ouma lelik in die steek gelaat.
LikeLiked by 1 person
Jou kinders en kleinkinders is geseen. My ma het kort en klaar gese “husse met lang ore”
LikeLiked by 1 person
Oooo woestynkind ons het ook as kinders en kleinkinders daardie een gehoor. ‘n Mens gaan dan maar baie onkundig die wêreld in.
LikeLike
Baie ja
LikeLike
Haha! Ma’s en Ouma’s kan nie bedank nie, they just fade away!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir die wonderlike vooruitsig Lewies….. they just fade away 😦
LikeLike
Ek wou sê ek voel deesdae so ‘n bietjie faded. Toemaar Kameel, een dag, net skielik, begin jou kinders dink hulle is slimmer as jy Dan moet jy slim wees en maak asof jy wel dom is.
LikeLiked by 1 person
Ek wonder hoekom was daar nie ‘n boek wat my presies voorberei het op wat van my as ma verwag gaan word nie. Al inligting wat ek by my ma gekry het was; “Ek troos myself daaraan dat jy ook eendag ‘n ma gaan wees,” en “Terwyl jy jou kinders onder een kombers kan toemaak gaan dit nog goed…. maar die dag as hulle daar uitklim begin die moeilikheid.” En hier fade ons nou onder dit alles weg 😯
LikeLiked by 1 person
Ek het my kinders altyd belowe dat, eendag wanneer hulle groot is groot is, gaan ek my honde en katte vat en by hulle gaan kuier. Ek gaan nie die diere se poef en hare optel nie, ons gaan almal op hulle sitkamerbanke rondlê en daarop spring as ons so voel, ons gaan hulle kombuiskaste leeg eet en elke glas of koffiebeker in die huis elke dag gebruik en net so vuil los. Ek het nie hierdie belofte nagekom nie. Nog nie.
LikeLiked by 2 people
Ek laaik!!! 😀😀😀😀
LikeLiked by 1 person
Ek kom jou net hier in kennis stel dat jy genomineer is om ‘n misdadiger te word http://www.hesterleynel.co.za/2018/02/07/le-jou-eier-nou-word-ons-almal-misdadigers/. Los nou maar eers die kinders dat hulle hulle eie potjie krap.
LikeLiked by 1 person
Ek maak so…. maar jou Las Vegas vreet aan my 😬
LikeLiked by 1 person
Kameel! Ek is nou geskok oor jou mosie van wantroue! Ons twee “lees” mos mekaar se gedagtes en jy sal mos weet as ek met die lyfwag wegloop. Nee wag, ek bedoel … as ek met die geld wegloop.
LikeLiked by 1 person
Soos dit vir my klink is dit die lyfwag en die geld!!! Ek het ‘n idee jy vat die lyfwag…. en ek die geld. Haai nee siestog…. wat van al die ander bloggers. Alweer my sin vir regverdigheid wat hier praat. Abrie het gesê ek kan ‘n ander karakter aanneem… maar dis nogal moeilik.
LikeLiked by 1 person
Die lyfwag moet dan nou juis die geld oppas …
LikeLiked by 1 person
Hy moet sy oog op jou hou Hester!!! Ek probeer hard om jou te vertrou…. maar jy maak dit moeilik.
LikeLiked by 1 person
😕
LikeLike
Ek probeer al vir 33jr bedank… sonder sukses, ek sit nogsteeds en wroeg langs ateliekbane, debatte, redenaars en, en …. as introvert is dit rerig erg om nie te kan bedank nie. Hie hie hie…
LikeLike
Ons kan ‘n klub stig vir ma’s wat nie kan bedank nie. Net miskien praat ons mekaar moed in vir die lewenslange taak. Lewies sê nie verniet ma’s kannie bedank nie… they fade away 😊
LikeLike
Beslis…. they fade away nes Lewies sê….
LikeLiked by 1 person
As jy uitvind hoe om te bedank, laat weet my ook asseblief. Haha!
LikeLiked by 1 person
Sal so maak!!! Dink egter dit is ‘n onbegonne taak… net vanmiddag bel ons jongste dogter my om haar dogtertjie se praatjie vir my te lees. Ek moet dan met voorstelle kom hoe om dit te verbeter. Laat ons maar skouer aan die wiel sit, en voortbeur 😊
LikeLiked by 1 person
Ken dit! Ek moet ook my skoonsus se dogtertjie se praatjies aanpas.
LikeLiked by 1 person
My dearie. Jy kan g’n nou al wil loop bedank nie! Vat eerder net ‘n langnaweek!
LikeLiked by 2 people
Laat jy my nou glimlag dearie!!!! Moet my net die dearie as ons oog tot oog kontak het nie…. mag jou miskien aan die keel gryp 😀😀😀😀
LikeLiked by 1 person
Haai oeee blommie! 😁
LikeLiked by 1 person
Dis my nuwe persona…. ons gaan mos ‘n crime pleeg. Maar al is ek net kameel… moet my asseblief nie dearie nie.
LikeLike
Nee 🙂 Wanneer ek ‘dearie’, moet jy weet. Dis ook nie my normale manier van praat nie. 🙂 🙂 LLEN
LikeLiked by 1 person
Vreemd hoe die lewe is. Die een ma/ouma voel om ‘n langnaweek te neem, terwyl die ander ma/ouma na haar kinders smag en hoop n bid en wens dat haar kind haar weer sal vertrou soos wat hy vir 28 jaar van sy lewe gedoen het. ❤️
LikeLiked by 1 person
Die lewe het nog nooit veel sin gemaak nie nê Toorts. 💜 Hy loop sy pad en as kind van God vertrou jy dat God Sy belofte sal waarmaak, en alles ten goede sal laat meewerk…. maar die seer van die pad is ‘n werklikheid.
LikeLike
Ja, maklik is dit nie altyd nie.
LikeLike
Ha ha wat n grap. Daar is nie neersgeskryfde reëls omdat daar dan nie terug verwys kan word na wat jy mag weet of nie. Ja jong, eenmaal n ma altyd n ma – veral as daar vrae is om te vra. (Ek gaan binnekort trek uit my plek na kinders se “ou” huis . Hul het ander plek gekoop!)
LikeLike
Is jy bly oor die verandering?
Klein Bea word groot…. maak jou gereed vir al die vrae!!!
LikeLike
Ha ha, vrae straal alreeds uit die gesiggie! Juis gisteraand gebaby sit. Klein kabouter staan al op haar eie sonder dat sy dit besef.
LikeLike
Scrapy ek moet binne 3 dae my deel van die misdaadstorie plaas. As ek jou betrek sien jy kans om in so ‘n kort tydjie jou deel te skryf?
LikeLike
Ja ek is reg. Het nou eers jou storie gelees en moes terugblaai om te sien wat aangaan. Moet nog Hester sn lees. Het Abrie se inligting neergeskryf sodat die drama verder kan ontplooi
LikeLiked by 1 person
Ek is bly ek kon op jou knoppie druk…. en jy is beskikbaar. Ons het net drie dae vir hierdie taak… dus by Saterdag moet jou blog op wees. Onthou net om te sê dis ‘n vervolg van taak 2. Dan kyk jy by Hester wat taak 3 is en nomineer iemand wat jy dink die taak sal kan verrig. Nou kan ek lekker slaap. En jy, sterkte met altwee huise se skoonmaak.
LikeLike
Okay, ek verstaan. Het gou eers opgevang en gaa kyk wat daardie twee baas organiseerders in die mou voer. Lekker slaap.
LikeLiked by 1 person
Ek sit en wonder hoe ek hierop wil reageer, want wat ek vir jou sê, geld dan vir myself ook… Nee wat, Kameel, ons kan nog nie bedank nie. Hoe sal ons dit ooit regkry om stil te bly as die klompie begin rondskarrel! Ek vermoed ek gaan selfs vanuit die hemel my eier wil lê, waar dit my nageslag aanbetref. Dalk ń walkie-talkie saam opsmokkel… O ja, net so tussen jou en my. Indien ek eerste huis toe gaan, my oudste weet hoe om met jou in aanraking te kom as sy raad nodig het!😉 Wie sê mens kan nie uit die hemel bly regeer nie?😂
LikeLiked by 2 people
‘n Walkie-talkie nê???? Soos Marlé so paar jaar terug in trane uitgeroep het “Mamma kannie nou wil doodgaan nie, wie gaan dan vir ons bid!!” Nee Una, die dag as ek die hemel instap het ek klaar gepraat 😊 Sê gister vir die Here ek gesels nou al 40 jaar met Hom omtrent net oor ons familie. Daar by Hom gaan ek oor ander dinge gesels…. weet nog nie wat nie…. maar ander dinge. Miskien gesels ek net met Hom…. oor Hom en sy Majesteit!!! So tussen ons…. ek het toe nie alle kennis in pag nie, maar jou dogter is meer dan welkom 😄😄😄
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n voorreg dat jy steeds vir almal ‘n bron van kennis en raadgee kan wees. Soos mens ouer word, word mens se opinie al hoe minder geag…ongelukkig.
LikeLiked by 1 person
Dis so waar perdebytjie. ‘n Persoon in ons kerk wat op sy dae ‘n baie prominênte posisie beklee het, het eendag dit so mooi vir my gestel. Ons is soos die son…. ons lig begin al helderder skyn totdat dit sy “peak” bereik… en dan begin dit weer stelselmatig verdof.
LikeLiked by 1 person