Die droogte en hulp van alle kante af

Ons almal is regtig verskriklik bekommerd oor die droogte. Dis op ons almal se lippe. Ons is bekommerd.

Dis nie net die Theewaterskloofdam wat leeg loop nie, die ander damme in die Wes-Kaap loop ook droog!

Ons spaar soveel as ons kan, tog is hier maar nog baie mense wat nié besef hoe groot die krisis is nie. Tog is daar nog mense wat sê dis ‘n wolhaarstorie!

Ek noem ‘n paar dingetjies wat my bekommer:

Ons dorpie kry genadiglik nog reën en ons het boorgate, maar hoe weet ons hoeveel water nog in die boorgate is? Boorgate is nie ‘n onuitputlike bron wat nooit droog loop nie en as dit orals om ons droog is, hoe lank kan die boorgate nog standhoudende water lewer? En dit vra ek nie in ongeloof nie. Ek kry net soms die idee dat mense dink dat boorgate net sal aanhou en aanhou water spoeg.

Ek hoor nou die dag op die radio dat daar nóg 2 nuwe woonbuurtes in Kaapstad goedgekeur is. My vraag is: Weet daardie ouens wat daardie besluite neem, nie van die waterprobleem nie en weet hulle dat, sou dit nou begin reën, die waterkrisis in die Kaap nie sommer net opgelos is nie?

Toe sê iemand vir my van hoeveel swembaddens die afgelope somer goedgekeur is in die Kaap. Dit mag glo nie met Kaapse water volgemaak word nie, waar kom daardie water vandaan?

As ek in die Kaap-omgewing gaan kuier, neem ek bottels water vir my mense saam, water uit ons eie krane. So 3 x 5 liter kanne. Die probleem is, elke persoon in ons dorp voel soos ek om ‘n paar bottels water saam te neem en voor ons ons kom kry, het ons ons boorgatwater leeggery Kaap toe.

‘n Vriend vertel my dat daardie swembaddens waarvan ek hierbo vertel, uit die omliggende dorpe volgery word. My bekommernis was dat ons ons boorgate gaan leeg ry met drinkwater, maar regtig? Ons kan mos nie die Kaap se swembaddens onderhou met ons kosbare drinkwater nie? Dink mense wat hulle doen?

Ek wonder ook of die oppot van water, wat tans gebeur, nie die situasie vererger nie. Water raak oud. Dit het ons al gesien as ons vakansies water in kanne see toe neem. Later is daardie water nie meer lekker nie. Gaan dit dan weggegooi word, of wat?

Mag God dringend uitkoms bring met goeie reën in die Wes-Kaap. Mag ons wat nog water het, oordeelkundig daarmee werk.

Groetnis

Toortsie

34 thoughts on “Die droogte en hulp van alle kante af

        1. Ek hoor op die radio dag 0 is uitgestel tot in Mei oor die boere bespaar het. Dis water wat die boere eenvoudig net nie meer kry nie. Boorde word uitgehaal, skape word geslag, melkerye maak toe omdat daar nie water is nie.

          Liked by 1 person

  1. Ek het 27 Januarie by Theewaterskloofdam gaan stap. Dir was vir my ‘n emosionele ervaring. Ek hoop om binnekort daaroor te blog. Ek het in die begin van die somerseisoen vir die kinders gese dat daar nie water gaan wees vir die swenbad en dit is toegemaak met ‘n seil.

    Liked by 1 person

  2. Baie mense se persepsie dat daar genoeg water is gebaseer op op die Steenbras damme wat saam egter slegs 122 % van die die kapasitiet van die Theewaterskloofdam het. D-dag is egter wel vandag aangeskuif na 12 Mei nadat dit op stadum 12 April was.

    Liked by 1 person

  3. Mense se houdings jeens die krisis is in my opinie nog n groter probleem as die gebrek aan reen. Die gepeupel mors lekker voort en ons leiers blameer mekaar oor wie nie wat gedoen het nie. Met ons onlangse droogte hier in die Noorde, toe daar ook baie ernstige waterbeperkings ingestel was, het ons Koreaanse bure my en my vrou so gevloek (gelukkig in Koreaans so ons verstaan niks daarvan nie) toe ons hulle telkens daarop moes wys dat dit nie wenslik is om 12:00 in die middag tuin nat te maak nie. En al het ons elke dag daaroor baklei het dit hulle nie in die minste geskeel nie.

    Ons bid saam met julle vir uitkoms, Toortsie.

    Liked by 1 person

  4. Ons sien en hoor ook op nuus daarvan- wanneer ek wel nuus kyk, min goed wat my so depress soos die nuus, so ek kyk net nie. My pa val seker van sy wolkie af terwyl ek dit sê… Dit is regtig hartseer dat daar so baie mense is wat nog nie besef hoe erg die droogte regtig is nie. As iemand vir my paar jaar terug gesê het daar is eers so ‘n moontlikheid, sou ek so gelag het, veral in die Kaap. Ek vat wat hier aangaan, in ‘n woestyn land. Mens sou dink as daar nou ‘n plek is waar mense sal weet van spaar, dan is dit hier. Maar moet nie glo nie, seker erger as enige ander plek. Is dit hier omdat mense in ‘n totale “Disney world” konsep leef van ons het geld om alles te koop, of is mense net van nature so vêr verwyderd van realitieit, dat dit nie vir hulle sin maak nie. Hoe ouer ek word, hoe meer maak daai hele “Green people” konsep vir my sin. Ek bid saam..

    Liked by 1 person

  5. Swak beplanning en oorbevolking is ook deel van die probleem. Mense leef werklik vêr van die natuur af. As jy elke dag by ‘n rivier moet water skep, sal jy besef water kom nie uit krane nie. Die slegste is dat elke plassie met liters water weggespoel word en iewers uitloop as rioolgemors! Die ou puttoilet was nie so ‘n mal idee nie….seker net nie prakties in groot stede met hokkies vol mense nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!