Ag hoe verlang ek nou na Elvis en sy lekker lyfswaai musiek. Ek wil net een aand weer my soepel lyf… en dronklose kop terug hê. Ek wil ruk en rol, en jive totdat ek van uitputting op die grond gaan sit – met dankbaarheid diep drink uit die eerste beste glas wat in my hand gestop word – net om weer op te spring en my lyf verder rond te gooi.
Nou wat het hierdie behoefte in my wakker gemaak? ‘n Whatsapp boodskap van my vriendin vir haar ouboet bedoel – wat per ongeluk na my toe gestuur is. Ek stuur ‘n boodskap terug; “Return to sender…. address unknown…. no such number… no such zone.” Met die tik van die woorde hoor ek Elvis, en voel hoe die musiek deur my are begin pols.
Lekker, lekker ou dae!!!
Kameel, onthou jy nog die flieks waarin hy gespeel het? Ai, hy was darem ń mooie man. Ek kan glo jy verlang na ń lekker dronklose-lyfswaai aand.
LikeLiked by 1 person
Ooooo ons meisies was almal smoorloos verlief op hom. Het nog altyd ‘n sagte plekkie vir hom in my hart.
LikeLiked by 1 person
Gesels ons vandag weer op dieselfde golflengte? Ek moet nou deesdae behoorlik my spiere “opwen” om aan die gang te kom, maar die lus bly nog daar sit – tussen die twee ore.
LikeLiked by 2 people
Dis die probleem…. die kop wil nog alles doen…. dan sê die lyf “Jy wil WAT!!!” 😨
LikeLiked by 1 person
😄
LikeLiked by 1 person
Reblogged this on Wag 'n Bietjie.
LikeLike
❤️ Kameel, jy is steeds prettig en sal dit altyd bly.
LikeLike
Dit troos bietjie…. dankie Toorts 😀😀😀
LikeLike
Daardie sorgelose tyd is so vinnig verby, maar gelukkig het mens die herinneringe waarop jy kan teer. Mooi geskryf, Kameel.
LikeLiked by 1 person
Dankie perdebytjie. Sug ja, vinnig gaan dit verby en dan kom al die verantwoordlikhede.
LikeLiked by 1 person
Those were the days, we thought they’d never end. 😦
LikeLike
We’d sing and dance forever and a day
We’d live the life we choose 😊 Nie aan fade away toe gedink nie.
LikeLiked by 1 person