Cavity – ‘n Gat in die tand

Daily prompt.

Tandpyn. Jy kan my niks van tandpyn vertel nie. Ek het die swakste melktande gehad denkbaar en tandpyn was ‘n realiteit. Ek dink ook dat swak mondhigiëne en lekkers saans met bedtoegaantyd ook ‘n groot aandeel daarin gehad het. Menige dae het ek gehuil van tandpyn.

Later jare het my dogter net so gesukkel met haar melktandjies en, teen my sin, het tandartse die gaatjies probeer stop. Een keer moes ons ook dringend tandarts toe, toe ons daardie dag by ‘n vrouetandarts uitkom, self ‘n ma, en sy het voorgestel dat ons sommer die tand trek. Ek wou haar sommer net daar soen!

Een keer het ek vreeslik tandpyn gehad en ons dorp het nie ‘n tandarts gehad nie. Ons is Hermanus toe om die tand te laat trek, Toortsie natuurlik al huilende.

Ek wys vir die tandarts watter kiestand is seer en hy sê, nee, dis die tand in die ander kies! Huil-huil met tandpyn is ons terug huis toe, die verkeerde tand was getrek!

Onuitgesorteerde dinge wat mens pla, kan net soos ‘n tandpyn wees. Daardie dinge wat jy dink jy het verwerk, maar eintlik het jy dit net diep gaan wegbêre en probeer om dit te ignoreer. Maar, net soos ‘n tandpyn kan dit nie geïgnoreer word nie en net soos ‘n seer tand is dit soms nodig om die gat in die tand oop te maak en selfs dieper te boor, al is dit ongemaklk.

Het jy so ‘n ‘seer tand’ wat jou pla? Asseblief, hê die moed en maak daardie seer oop, praat daaroor met iemand wat jou kan help, boor die gat dieper dat die vrot kan uitkom en die seer gesond kan word. ‘n Goed gestopte tand is tog baie beter as ‘n vrot tand, of hoe?

Toortsie

Toortsie by Finesse: Ek wou so graag groot dinge vir die Here doen.

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

22 thoughts on “Cavity – ‘n Gat in die tand

        1. Die seer word oopgenaak, maar ek vertrou hy sou vir daardie spesifieke iets wel heling ook gekry het. Stappie vir stappie vorentoe. As hy voel dit het vir hom gewerk, dink ek hy sal uit sy eie weer gaan wanneer sy siel vir hom sê dis tyd.

          Liked by 1 person

  1. Soms wens ‘n mens dat jy jou binneste seer kan uitpluk soos ‘n slegte tand en dan daarvan vergeet, maar dis nie moontlik nie. Heelmaak deur oopmaak en skoonmaak en dan toemaak is die enigste oplossing, dis waar Toortsie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!