Tandpyn. Jy kan my niks van tandpyn vertel nie. Ek het die swakste melktande gehad denkbaar en tandpyn was ‘n realiteit. Ek dink ook dat swak mondhigiëne en lekkers saans met bedtoegaantyd ook ‘n groot aandeel daarin gehad het. Menige dae het ek gehuil van tandpyn.
Later jare het my dogter net so gesukkel met haar melktandjies en, teen my sin, het tandartse die gaatjies probeer stop. Een keer moes ons ook dringend tandarts toe, toe ons daardie dag by ‘n vrouetandarts uitkom, self ‘n ma, en sy het voorgestel dat ons sommer die tand trek. Ek wou haar sommer net daar soen!
Een keer het ek vreeslik tandpyn gehad en ons dorp het nie ‘n tandarts gehad nie. Ons is Hermanus toe om die tand te laat trek, Toortsie natuurlik al huilende.
Ek wys vir die tandarts watter kiestand is seer en hy sê, nee, dis die tand in die ander kies! Huil-huil met tandpyn is ons terug huis toe, die verkeerde tand was getrek!
Onuitgesorteerde dinge wat mens pla, kan net soos ‘n tandpyn wees. Daardie dinge wat jy dink jy het verwerk, maar eintlik het jy dit net diep gaan wegbêre en probeer om dit te ignoreer. Maar, net soos ‘n tandpyn kan dit nie geïgnoreer word nie en net soos ‘n seer tand is dit soms nodig om die gat in die tand oop te maak en selfs dieper te boor, al is dit ongemaklk.
Het jy so ‘n ‘seer tand’ wat jou pla? Asseblief, hê die moed en maak daardie seer oop, praat daaroor met iemand wat jou kan help, boor die gat dieper dat die vrot kan uitkom en die seer gesond kan word. ‘n Goed gestopte tand is tog baie beter as ‘n vrot tand, of hoe?
Toortsie
Toortsie by Finesse: Ek wou so graag groot dinge vir die Here doen.
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Ek dink meeste van ons bly eerder stil omdat dit veilig voel – maar ja, nes die tand moet mens partykeer maar dieper delf solank dit by mense is waar jy rerig veilig voel.
LikeLiked by 2 people
Ja, dit voel veilig daar, ek weet, maar ek weet ook hoe geweldig bevrydend dit is as dit opgelos is.
LikeLiked by 1 person
Dit is belangrik om gesond of sonder pyn te wees. Oopmaak help om vuilgoed uit te haal en skoon te kry sodat n gesonde deel kan voortgaan.
LikeLiked by 1 person
Ja. Dis nie lekker om dit oop te maak en weer die seer te beleef nie, maar so bevrydend.
LikeLike
Dit is so waar soos padda manel dra. My wond het nig n paar roofies wat nog aandag moet kry maar wil nie op oomblik daaraan krap nie.
LikeLiked by 1 person
Wanneer die tyd ryp is. ❤️
LikeLike
Beslis.
LikeLike
Ja en daardie abses wat gevorm word…
Goeie raad!
LikeLike
Oee daardie abses wat druk en druk en druk en DRUK!
LikeLike
Ek hoop dit vir my seun op die oomblik Toorts. Hy was vir sy eerste TPM sessie…. sê dis seer.
LikeLike
Was hy sowaar? Ek hoop regtig hy kry heling en vernuwing.
LikeLiked by 1 person
Ek vertrou hy sal weer gaan (kan hom nie forseer nie.) En ja dat hy heel sal word.
LikeLike
Die seer word oopgenaak, maar ek vertrou hy sou vir daardie spesifieke iets wel heling ook gekry het. Stappie vir stappie vorentoe. As hy voel dit het vir hom gewerk, dink ek hy sal uit sy eie weer gaan wanneer sy siel vir hom sê dis tyd.
LikeLiked by 1 person
Ek stem Toortsie. Wanneer mens praat oor jou seer word dit net gesond. Ek sien dit so baie wanneer mense in my happiness coaching gemakstoel kom sit. Hulle het net ‘n oor nodig om te luister.
LikeLiked by 1 person
Ek doen weer TPM en dis ongelooflik watter verskil heling bring.
LikeLiked by 1 person
Soms wens ‘n mens dat jy jou binneste seer kan uitpluk soos ‘n slegte tand en dan daarvan vergeet, maar dis nie moontlik nie. Heelmaak deur oopmaak en skoonmaak en dan toemaak is die enigste oplossing, dis waar Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Ongelukkig is dit al manier. As mens dit uitruk soos ‘n seer tand, bly daar altyd ‘n onooglike gat.
LikeLiked by 1 person
Mooi vergelyking,Toortsie. Ons het almal seer wat moet oop en uit!
LikeLike
❤️
LikeLiked by 1 person
So waar 😉
LikeLiked by 1 person
Ai tandpyn kom dan altyd in die nag en as die tandaarts ‘op kursus if vakansie’ is! Vrek dit bly darem maar seer
LikeLiked by 1 person
Sleg!
LikeLike