Ons word mos kleintyd geleer dat elke persoon se vingerafdruk uniek is, maar ons word nie geleer dat vingerafdrukke kan verdwyn of beskadig nie.
Toortsie se vingerafdrukke beteken ‘n ronde nul en na aanleiding van ‘n gesprek op Faceboek, wil ek dink dat dit onder ons blogmaats meer voorkom as wat ek sou dink. Dalk het ons ons hande deurgewerk, of stukkend kitaar gespeel, of opgeblog! Wie weet? Dis tog interessant dat my man, wat baie harde fisiese werk met sy hande gedoen het, se vingerafdrukke steeds perfek is. Dis nou te sê, as hulle sy vingerafdrukke geneem kan kry. Sy hande is effens kromgetrek deur Artritis.
So, elke keer wat hierdie ewige toeris oorsee wil gaan, kom hier so ‘n onrustigheidjie oor my. Ook as ek by ‘n bank moet instap, want dan kom die groot woord ter sprake: Vingerafdrukke. En Toortsie hét nie so iets nie. Of eerder, hulle voel Toortsie se vingerafdrukke is nie op standaard nie.
(Ek ontmoet so ‘n rukkie ‘n belangrike, statige, dame. Haar man het by die vingerafdrukafdeling in die staatsdiens gewerk. Volgens haar is dit totaal onmoontlik dat iemand nie ‘n vingerafdruk kan hê nie. Toortsie droom duidelik al weer!)
Toe wil ons Amerika toe en almal waarsku ons: Húlle is erg!
Ek en pappa gaan vir ons visumafspraak, met arms vol dokumente soos op die lysie deurgegee. Wat is die eerste versoek? Vingerafdrukke, natuurlik, hoe dan anders.
Eers Toortsie, maar sy het niks om te wys nie. Toe Toortsie se man, maar hy kry nie sy hand platgedruk om die handafdruk te neem nie. Hulle sê, ons kan maar deurgaan, ons visa sal oor 2 dae gereed wees en vra vir ons nie eers een van die lang lys dokumente nie!
Hul het seker besef hierdie ou boertjie en sy vrou is onskadelik!
Groetnis
Toortsie
Dit was lank gelede.
Toortsie by Finesse: Ek wou so graag groot dinge vir die Here doen.
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Dan kan jy nou ‘n lekker “crime” beplan siende dat hulle nie jou vingeragdrukke kan neem nie. Die plek… daardie ou murasie op Abrie se blog. Dis idiaal want as daar getuienisse is gaan hulle oë hulle verblind en hulle gaan teen mekaar praat. Bly weg van die skoorsteen, jy wil nie al gillende die bultjie afhardloop met ‘n klomp perdebye agter jou aan nie. Moenie vir Una by jou komplot betrek nie, sy gaan Bali toe en sal nie beskikbaar wees nie. Bly ook weg van Tina af… sy gaan jou ‘n pil injaag om jou tot besinning te bring. Woestynkind ook nie ‘n goeie keuse nie… as dinge tense begin rask haal sy wyn uit… en julle gaan nie tyd hê vir ‘n wyndrinkery nie. Ekmyself… mmmm…miskien, maar dan moet jy seker maak jou selfoon is af. Net miskien bel iemand en die oomblik as sy musiek hoor begin sy dans. Scrapy sou uitstekend gewerk het… maar helaas sy bly te vêr. Wegkruipertjie se hart sal nie in die saak wees nie… haar hart is op ‘n ander plek. Perdebytjie sal nie sonder haar kamera wil gaan nie… en jy wil nie fotos op die crime scene geneem hê nie. (Sy sal daardie ou skoorsteen vol perdebye wil afneem). Dan bly daar net Hester oor!!! Ja Hester sal idiaal wees as jou crime partner solank jy net nie stoepitgeit aanvang nie!!! Hou my op hoogte hoe julle vorder 😊
LikeLiked by 2 people
Lekker plan gee jy my nou! Seegogga sal my ook help en, terloops, wie sê vir jou Una is regtig Bali toe, mmm?
En wat laat jou dink ‘n bietjie rooi wyn en musiek en dans kan nie die situasie bevorder nie? 😁
Die probleem is egter dat almal my sal verdink oor my gebrek aan vingerafdrukke!
LikeLiked by 2 people
Soos dit vir my lyk gaan jy nou al wat ‘n blogger is betrek en as die spul van julle in die tronk sit… en party…. met wie gesels ek?
LikeLike
Nee, maar ons gaan mos nie gevang word nie!
LikeLike
Ek het ook nie vingerafdrukke nie, so jy hoef tog nou nie weer so “spesiaal” te voel nie! Waarin wil Kameel ons nou betrek? Ek is ‘n eerlike dief.
LikeLike
Lyk my om in blogland toegelaat te word, mag jy nie vingerafdrukke hê nie! Kameel het groot planne. Ek gaan vir julle beskuit bak en bring as julle in die tronk sit.
LikeLiked by 1 person
Mmm, heerlike boerebesuit!
LikeLiked by 1 person
So, suster, sorg dat jy in die tronk kom!
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek stel jou aan om ‘n lekker crime storie te skryf. Jy hou mos van ‘n uitdaging!
LikeLiked by 1 person
Dis Abrie en sy magic murasie wat so met my kop smokkel. 😐
LikeLiked by 1 person
Skryf daai storie!
LikeLike
Dis ‘n tall order juffrou… ek weet van crime niks 😢
LikeLike
Ek wonder darem, met jou verbeelding skort daar niks. Maak dit ‘n vervolgverhaal wat jy die eerste deel skryf en die volgende een tag.
LikeLiked by 3 people
Jy is kostelik, Kameel!
LikeLiked by 1 person
Kry so wan en dan ‘n gier en klim op die verhoog. Wou mos graag drama gaan swot het 😀😀😀
LikeLiked by 2 people
Hier’s jou kans! Skryf hom!
LikeLiked by 1 person
Jy doen dit uitstekend!
LikeLiked by 2 people
Hier sit ek in die lughawe sitkamer en lag vir julle! Ek hou van hierdie idee…maar Toortsie, die beplanning is belangrik jong! Onthou, my geheue is nie altyd goed nie, so as ek nou undercover moet terug sluip S.A. toe, moet een van julle my iewers kom haal vir die geleentheid. Geleentheid menende ons crime. Kameel is super slim. Niemand, maar niemand gaan ons verdink nie!!!
LikeLiked by 1 person
Natuurlik sal niemand ons verdink jy! Jy het ‘n alibi! En ek sit sonder sein op ‘n verafgeleë plaas by Riversdal. Totaal onskadelik!
LikeLike
Maar jy moet mooi vlieg, hoor jy, en mooi na jouself kyk.
LikeLike
Geniet jou tyd in Bali Una… ons vlieg in gedagte saam 😊
LikeLiked by 1 person
Ek kan saam met jou ‘n rooftog beplan, want ek het ook nie vingerafdrukke nie! Elke lisensie en paspoort sê, “no fingerprints”. Wanneer kom ons bymekaar vir die groot beplanning?
LikeLiked by 1 person
Die storie raak net beterser en beterder.
LikeLiked by 1 person
Met Kameel se aanbevelings, kan ons dit omskep in ‘n hele sameswering van bloggers!
LikeLiked by 1 person
Jy en jou kamera is klaar in die storie Perdebytjie. Jy gaan die aas uitgooi!!!
LikeLike
Hier kom ‘n ding hier kom ‘n ding hier kom ‘n ding. Ek bestudeer nie almal so goed nie, jy is die een om die hele verhaal te skryf.
LikeLiked by 1 person
Nee Tooets dit moet ‘n spanpoging wees…. ek het nie ‘n kriminele brein nie 😢
LikeLike
Ek ook nie! Dalk sal die man met die hoed kan help?
LikeLike
Ek sal die toneel vooraf skelm afneem, dan kan ons goed beplan 😂
LikeLiked by 2 people
Heeter, dalk kan jy vra wie wat wil doen?
LikeLiked by 1 person
Lekker kuier julle nou. Ek dog dis eintlik so ‘n simpel storie, my vingerafdrukstorie en Kameel se verbeelding loop op hol en ons s’n agterna. 😂
LikeLiked by 1 person
Dit wys jou mens is nooit te oud om die verbeelding te laat loop met interessante stories nie.Hierdie was nou so lekker….alles Kameel se skuld!😀
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Ek pleit onskuldig edelagbare. Dis daardie magical murasie se skuld!!!
LikeLiked by 2 people
Ek hoop Abrie het ook hier gelees, om te sien watter reaksie sy foto veroorsaak het!
LikeLiked by 2 people
Abrie, Abrie kom in asseblief! Jy kan nie net wil foto’s plaas en vorentoe kyk nie. Jy moet buetjie agtertoe kyk ook, die skare raak mal!
LikeLiked by 1 person
Toortsie, ek dink jy moet vir hom ‘n skakel op sy eie werf gaan plaas.
LikeLiked by 1 person
Ek sal hom loop sê. 😁
LikeLiked by 1 person
Jou inskrywing het soveel reaksie gelok,dat jy naderhand nie meer plek vir kommentare gaan he nie…lol!
LikeLiked by 1 person
En ek dog dis ‘n simpel storie. Maar eintlik het Kamerl die stof opgejaag. 😁
LikeLiked by 1 person
Hy het gelees, en ek hoop regtig hy gaan vir ons ‘n goeie plot uitwerk. Ek dink op die einde moet hy tronk toe gaan… hy wil mos met ons koppe smokkel.
LikeLiked by 2 people
Soos ons in SA maak…dis alles sy skuld…blaamverskuiwing!
LikeLiked by 2 people
En daar maak ek myself skuldig aan so ‘n euwel. Ek laat my kop in skaamte sak!!!
LikeLiked by 2 people
Dis alles in orde ,Kameel…dis in die gees van die tyd waarin ons lewe!
LikeLiked by 2 people
😂
LikeLike
Arme onskuldige ek, ek mag miskien dieselfde haarstyl as nommer 1 he maar ek ontken summier dat ek bevriend is met die Guptas.
Ek moes na myself geluister het en my hand nie aan fiksie gewaag het nie kyk hoe in die sop is ek nou. Kan mens ‘n vyl in sop sit? Maak dit ‘n dik donker sop.
LikeLiked by 2 people
‘n Vyl is bietjie lig in die broek om jou uit die maksimum gevangenis uit te vyl! Jy sal kontant benodig vir omkoopgeld.
LikeLiked by 2 people
Ek voel ook so. Ek weet hy het hier gelees, maar ek het nou ‘n klag gaan lê daar by hom oor die chaos wat hy hier op ons blog kom veroorsaak het, en wie moet nou skoonmaak agter hom?
Wat ek wel sien, is die herlewing van blogspeletjies, en dít maak my opgewonde.
LikeLiked by 2 people
Die juffrou het gepraat…. en ek hoop Abrie gehoorsaam!!! Hoop werklik ons kry die storie van die grond af!!!
LikeLiked by 2 people
Arme onskuldige ek, ek mag miskien dieselfde haarstyl as nommer 1 he maar ek ontken summier dat ek bevriend is met die Guptas.
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Ek het ‘n voorstel! Abrie weet presies wat by die murasie aangaan – laat hy beskryf watter soort crime daar gepleeg kan word om ons almal ryk te maak. Dan kan hy vir Perdebytjie tag om met die beplanning te begin. Bytjie tag vir Toortsie sodat sy kan besluit watter blogger welke taak moet uitvoer. Toortsie tag vir die eerste persoon wat ‘n taak moet afhandel (Kameel!). Elkeen wat wil deelneem moet ‘n taak kry en binne drie dae die blog plaas om te sê wat gedoen is. Sodra jou taak afgehandel is, tag jy die volgende persoon. Elke blogger skryf sy deel van die vervolverhaal op sy eie blog (±500 woorde). Sodra Abrie die woord gee, sal ek ‘n “event” oopmaak op InLinkz en elke blogger las sy skakel by soos wat sy taak voltooi word. Dan het ons die vervolgverhaal in mooi chronologiese volgorde bymekaar, maar elke blogger se blog kry blootstelling, want almal moet by mekaar lees, aanmoedig en raad gee (of uitskel). Almal wat wil deelneem moet sy duim kom wys hier. Ek stel voor dat Storieklong deurlopend ‘n oog hou en kommentaar lewer op die suksesse en mislukkings, sodat ons aanpassings kan maak in die plan waar nodig.
LikeLiked by 2 people
Klink rof, maar if dit kan werk.
LikeLiked by 1 person
Ek like Hester… as almal nou net wil inval. Maak dit op jou blog bekend as die taak van die week… dan kyk ons of ons ‘n storie bymekaar kan sit.
LikeLiked by 2 people
Ek dink dit gaan langer as ‘n week neem! Ek sal so maak as die bloggers instem om deel te neem.
LikeLiked by 3 people
Ag, wie nie wil saamspeel nie, hoef nie. 😁 Dis mos maar altyd vrywillig.
LikeLiked by 1 person
Ja, maar om die beplanning te doen, moet ons voor die tyd weet wie bereid is om deel te neem.
LikeLiked by 2 people
Jy sê ek moet beplan wie doen wat. Ek wonder of dit die regte werk vir my is? Dalk moet ek ook net ‘n spesifieke opdrag kry. Is jy nie goed met sulke logistieke werk nie?
LikeLiked by 1 person
O ek het net voorbeelde genoem van hoe ons dit kan hanteer, maar ek gee nie om nie – ek sal dit doen.
LikeLiked by 2 people
💃💃💃
LikeLiked by 1 person
🧐💰👺
LikeLiked by 1 person
Ek is in…sal solank my kameralense blink vryf.
LikeLiked by 2 people
Haha, jy gaan ons almal in die tronk laat beland!
LikeLiked by 2 people
Ek sal genoeg omkoopgeld saamvat,sodat ek my kamera kan saamvat en “under cover” kan foto’s neem van al die euwels in die tjoekie.
LikeLiked by 2 people
Smokkel tog net ‘n ou eetdingetjie en ‘n vyl ook in.
LikeLiked by 2 people
Ek sal mos beskuit bring, maar die waarheid is dat ek eintlik nie meer beskuit bak nie. Dalk ‘n skaapboud met ‘n vyl. Of bobotie.
LikeLiked by 1 person
Dis ook maar reg so.
LikeLike
Julle laat my nou so lekker lag…baie pret!
LikeLiked by 2 people
Geeftag neeftag of is dit nou nigtag. Mense sonder vingerafdrukke – dit klink ernstig verdag.
Ek daarenteen het vigerafdukke wat selfs duidellik is in water en boonop ‘n volronde hoofafdruk en los orals DNA soos ek my nie-beskermende hoof op plekke stukkend kap. Klink vir my of die bewyse teem my gaan draai. Ten minste het ek nie ‘n polisierekord nie, soos die mense wat hulle vingerafdrukke uitgewis het…
LikeLiked by 2 people
Dan raak dit hoog tyd!
LikeLike
Dis almal bloggers wat hulle vingerafdrukke verloor het. Dit laat my wonder oor bloggery!
LikeLike
Oooooooo nou het ek darem lekker hier gelees. Ou Kameel is darem n doring wat haar verbeelding goed gebruik. Dit klink regtig soos n vervolgverhaal wat later in n volwaardige speurverhaal of riller kan ontwikkil. Ek is in, al het ek nog vingerafdrukke.
LikeLiked by 1 person
Yesss! 😁
LikeLiked by 1 person
Onthou as jy oorkom SAtoe vir die crime, dat ek iewers vir jou ‘n boek los. 😁
LikeLike
Ha ha, Ek het my eie satalliet en quadcopter om alles te volg.
LikeLiked by 1 person
Viva die ouderdom het voordele. My Ma se vingerafdrukke kan ook nêrens gelees word nie. Nie eens by hulle fênsie hek wat daarmee oopsluit nie. Erg snaaks
LikeLiked by 2 people
So jou ma kan ook aan ons crime storie deelneem. As jy nie verstaan nie…. dis alles in die kommentare saamgevat. Kry julle nie vreeslik warm daar doer bo in Afrika nie?
LikeLiked by 2 people
Maar Daniel moet saamspeel! Sy kan ‘n Afrikageurtjie aan die storie bring!
LikeLiked by 1 person
Sal gaaf wees…. hoe lyk dit Daniël, is jy lus vir bietjie aksie?
LikeLike
Hie hie ek het die deel oor iets krimineel aanvang gelees 🙂 Dis plak warm hierso, 07:30am is dit reeds 28 grade en dis soos somer weer in Durban. Plakwarm. Vergeet van sybloesies dra en hou by katoen onderklere. Vandag net onder veertig grade in die mouter gedraai. Selfs al reën dit, is die reënwater warm.
LikeLiked by 2 people
Neeee ek sal net voor ‘n waaier sit en niks doen nie. Februarie is juis so ‘n ekstra warm maand. Sterkte daar!!!
LikeLiked by 2 people
Soms ‘n groot pyn! 😁
LikeLike
Verstaan ek nou heeltemal! Die een en enigste maal wat die uwe oorsee is, was die besoek aan die Italiaanse ambassade nogal ‘n toets. Eers het my ore nie gewys op die foto nie, en moes ek terug na die fotohokkie. En toe die liewe vingerafdrukke. Dit was ‘n gespook van ‘n ander wêreld om uiteindelik die vereiste aantal duidelike afdrukke te kry. So hittete of ek het daardie toetsie nie geslaag nie!
LikeLiked by 1 person
Ai en as hul nee sê, is dit nee. Gelukkig het ek ‘n polisieklaring dat my vingerafdrukke onbruikbaar is.
LikeLike
Die knaap agter die toonbank het al begin praat van polisie toe gaan, probeer toe nog een keer , gelukkig 😯
LikeLiked by 1 person
Sjoe!
LikeLike