Gee my ‘n uitgewerkte program, asseblief!

Het jy nie ‘n program waarvolgens jy werk nie? Het jy nie vir my ‘n uiteensetting van hoe jy elke dag eet nie? Toortsie, sal jy asb in jou volgende boek ‘n lys gee van kosse en porsies vir elke dag en ‘n inkopielys? Hoe begin ek met Banting?

Dis die tipe vrae wat ek gereeld kry en hulle is baie welkom, maar dis die tipe vrae waarvoor ek nie antwoorde het nie en ek altyd voel of ek die mense met leë hande wegstuur en selfs of my antwoorde bot is, terwyl ek dit nie so bedoel nie.

Maar Toortsie is nie ‘n lysiemens nie en Toortsie volg so ‘n program verskriklik moeilik. Vir Toortsie is dit nodig om die algemene riglyne te weet en binne die reëls te hou, maar om haar eie inisiatief te neem.

Ek het wel baie goeie nuus: Sou jy die Bantingleefstyl wou volg en jy weet nie waar om te begin nie, is die Toortsieboeke ideaal. Al die resepte in daardie boeke is volgens die Bantingleefstyl en binne die reëls. Jy kan basies deur die boeke blaai en enige van die resepte maak waarvoor jy lus kry en eet daarvan soveel soos wat jou liggaam vra, en jy sal nie verkeerd wees nie. Maak vir jou uit die Toortsies waarvoor jy lus het en geniet dit, so maklik soos dit!

Ek hoop dat hierdie antwoord dit vir jou meer verstaanbaar maak.

En ek ken ook nie ‘n 7 dae plan en ‘n 90 dae plan en watter ander planne ook nog nie. Ek volg Tim Noakes se voorskrifte en soos ek dit verstaan, begin jy sommer net voluit met Banting. 😁

So, liewe vriende, of jy nou Bant of nie, blaai deur die Toortsieboeke en kyk waarvoor jy lus het, maak die vinnige, maklike en smaakvolle resep en geniet dit! Jy is op die regte spoor!

Groetnis

Toortsie

Advertisements

10 thoughts on “Gee my ‘n uitgewerkte program, asseblief!

  1. Sodra mens vplgens n program banting vat dit die lekke van banting weg en dan voel dit regtig soos n diet. Dit was juis vir my lekker toe ek op dit was… jy kan eet wat en hoe jy wil solank dit volgens die reels is… nie spesifiek
    onbyt – toast
    middag – tamatie slaai
    aand – hoenderlewer
    en daarby MOET jy bly…..
    Nee, dit is juis die lekker van banting. Ek dink mense is net lui om te dink, sorry

    Like

    1. Ek raak angstig as ek so van ‘n lysie af moet eet. Soos die 28 dae dieet. Dan sit ons by die bybelstudie en eet aan die heerlikste kos, terwyl een persoon cup a soup eet. (Daar is altyd een of ander persoon op die 28 dae dieet, gewoonlik enige iets tussen dag 1 en 4. Nog nooit uemand gesien wat verder gevorder het nie !)

      Liked by 1 person

    1. Banting is ‘n eetprogram waar ons alle stysel en suiker vermy en vetinname verhoog.
      Dis die eetprogram wat Dr Tim Noakes weer bekendgrmaak het. Dis vernoem na William Banting, wat dit die eerste keer gedoen het. Dis ‘n Hoë vet, lae koolhidraat eetprogram.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s