Is Toortsie ‘n rebel?

Daar is al vir Toortsie gesê dat sy ‘n rebel is, gewoonlik darem nie op ‘n lelike manier gesê nie, maar wel. Ek dink nie so nie, tensy ek ‘n verkeerde idee van ‘n rebel het.

Google sê ‘n rebel is:

a person who refuses allegiance to, resists, or rises in arms against the government or ruler of his or her country. 2. a person who resists any authority, control, or tradition. adjective.

Nee, Toortsie is beslis nie ‘n rebel nie. Toortsie het nog altyd haar aan gesag onderwerp. Sy onderwerp haar selfs aan haar landswette! Toortsie het geen probleem om goeie leiers te volg nie. Sy is nie sommer net aspris dwars omdat dit haar geaardheid is nie. Sy sal graag ‘n goeie projek laat slaag en werk dan goed saam met die span.

Tog doen Toortsie dinge soms anders as al die ander om haar en dit sal mense laat dink sy is teen die stroom, ‘n rebel. Want Toortsie is ook ‘n individualis.

Nee, wat Toortsie wel doen, is om haar verstand te gebruik. Asseblief, ek weet baie mense gebruik hulle verstand, en veral almal wat hier lees, gebruik hulle verstand! Mense wat lees doen dinge alreeds anders as die grootste persentasie van mense.

Toortsie doen meestal goed spontaan, lank voor sy gedink het, op die ingewing van die oomblik, en dít maak haar ook anders. Sy tree baie keer op soos wat instink haar laat doen.

Maar, al is Toortsie so ‘n spontane mens wat doen voor sy dink, dink sy ook soms wel. Raar, maar waar! Sy wonder soms of die manier wat almal dit al vir eeue doen, wel die beste manier van doen is. Is daar nie ‘n makliker manier om by dieselfde eindpunt uit te kom nie? Of, is die aanvaarde eindpunt wel die regte eindpunt?

Verder praat Toortsie ook baie keer vinniger as wat sy dink, en glip daar soms woorde by haar mond uit wat haarself, en haar omgangers verbaas. Woorde wat ander miskien sou dink, maar nie sê nie. Oeps, en dan is dit nou gesê, en wat nou? En dan spring daar ‘n muis uit die hoed waar almal eintlik ‘n haas verwag het en daar is ‘n verskriklike bohaai! Ai tog.

En ja, Toortsie ís mos maar ‘n bietjie vreemd soms, eintlik komieklik, en waaghalsig om dalk die ding effens anders te sê of te doen, maar maak dit haar ‘n rebel?

Nooit nie, man!

Filosofiese ontleding gedoen deur wie weet wie

Geniet jou dag!

40 thoughts on “Is Toortsie ‘n rebel?

  1. Sterke stukje. Ik vind het zo leuk om Afrikaans te lezen. IK begreep het helemaal. Als we allemaal eens naar onszelf meer zouden luisteren dan zijn we sterk en rebels. En uiteindelijk komen we dan waar we naartoe moeten.

    Like

      1. Ik sta volledig achter jou en ben het volkomen met jou eens.
        Ik zal regelmatig wat meer over Zuid-Afrika publiceren, het zal misschien niet veel uithalen, maar wie weet. Zuid Afrika is destijds in de problemen geraakt door bemoeizucht van uit het buitenland.
        Ik zal in elk geval mijn best doen.
        Groetjes van de ene Rebel naar de andere Rebel
        Theo

        Like

  2. Rebel is jy definitief nie. Jy het ‘n goeie dosis cholerie weg en dit maak jou ‘n go getter. Die res van die mengsel maak jou uniek jy 😊

    Like

    1. Is ek nie ook Sanguine nie?
      Ag, ek het al daai goed opgelees, maar nou kan ek al weer nie onthou wie ek is nie! Wie, wie is ek? Persoonlikheidskrisis! Toortsie weet nie wie sy is nie! Hellllpppp! 🙂

      Like

      1. Definitief ‘n goeie klap sanguine ook weg!!!! Flegmaties en melancholie het jy vrygespring…. of as jy daarvan het is dit net ‘n pinch of each.

        Like

        1. Oh, well, let me be me. Ek dink dis ‘n goeie geskenk om vir God te gee: Om sommer net die beste Jy te wees wat jy kan wees. Daardeur wys jy mos vir Hom dat jy tevrede is met hoe Hy jou gemaak het, of hoe? Natuurlik werk ons daagliks aan onsself, maar ons persoonlikheid is mos maar ons persoonlikheid en klaar.

          Liked by 1 person

  3. Ek is ook maar net ek, kan nie iemand anders wees nie en ek is die enigste een wat ek kan wees. Choleric? Definitief.
    Toorts, die bietjie wat ek van jou leer ken het is jy ook net jy, rebel? ek dink nie so nie. Net 100% gemaklik met wie jy is

    Liked by 1 person

  4. My tannie was en is nog altyd baie spesiaal!! Sy is ‘n groot bron van inspirasie!

    Van kleins af het ek my verstom aangekyk vir die tannie van my. Die dat sy so kans sien vir alles en nie terug staan en wag vir iemand anders nie, maar dinge self doen en ‘n groot sukses maak van dit!

    En dinge sê wat ander te bang is Om te sê, maar die dinge moet ook gesê word, Anders gaan niks gebeur of niks gaan verander nie…

    Dankie Tannie!!!

    Bewonder tannie nogsteeds van hier ver oor die water.

    Baie liefde

    Like

            1. Toe ek begin blog het, was hier ‘n ander platvorm waar Afrikaanse mense geblog het. Ek vermoed daar was ‘n groot trolteenwoordigheid.
              Ek vra toe wat die verskil is tussen die 2. Die persoon sê toe as ‘n WordPresser daar blog, is dit soos om ‘n goudvis tussen pirannas vry te laat.
              Ek is ook dankbaar vir lekker blogmaats. In al my blogtyd het ek met 4 trolle te doen gekry.

              Like

              1. Ek het self op daardie stadium begin blog op aandrang van suster. Gelukkig was ek nie so geitereseerd in die klomp se getrollery nie en het eintlik dadelik op wordpress begin blog, Ek is steeds gelukkig hier en ons behandel mekaar met respek. Hier het nou juis vanmore n vreemde volger my begin volg. Ek kyk meestal na die nuwe ouens se about bl om te sien of dit die moeitewerd is om terug te volg. Lang storie kort. Die nuwe ou hetmy lys met ouens wat ek volg oorgedra op sy blog as blogs wat hy volg. Het dit dadeik gesien omdat myne meeste Afrikaanse bloggers is. Blêddie skel, moet ek sê.

                Like

Gesels saam, asseblief!