Kameel : Manne en hulle hare

Lê jou eier oor “Manscaping.”

images (1)

Het ek in die bybelse tyd gelewe glo ek Simson sou my knieë lam gemaak het. Nie oor sy gespierde lyf nie maar oor daardie lokke van hom. Ek besef hy het in die krag van God ‘n leeu verskeur, ‘n duisend man met die kakebeen van ‘n donkie doodgeslaan, en die stadspoort van Gasa se deure met hulle kosyne en al uitgeruk, en alles op sy skouer teen die berg opgedra – my prentjie van hom is die ene spiere ja…. maar daardie hare!!! Hoe Delila dit oor haar hart gekry het om ‘n man te roep om sy hare af te sny weet nugter alleen. As dit van my afgehang het was Simson se hare in veilige hande…. in liefderyke hande… in… wag dis nou genoeg.  Watwou die Filistyne se silwerstukke as beloning

‘n Man met lang hare is ‘n mooi gesig. Of die res van sy lyf hare op het is bysaak. Die dag toe ek Ken ontmoet het, het sy skouerlengte hare vir hom hoë punte gescore – dat hy net drie borshare gehad het, het my min geskeel. Hoe moes ek weet dat met tyd die kophare gaan verminder en die gesig en borshare gaan toeneem. Sy later jare se kersfeesvaderbaard was vir my ‘n groot verrassing….. veral as ek terugdink aan daardie mooi gladde gesig. Verlede winter het hy die ondenkbare gedoen en ‘n middelpaadjie deur sy baard gesny. Dit is seker wat jy “manscaping” noem.

Alles neem mos deesdae ‘n kunsvorm aan… hoekom sal ons nou nie die manne hulle maanhaarkuns gun nie?

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=761578

 

 

Advertisements

16 thoughts on “Kameel : Manne en hulle hare

    1. Ja Maanhaarkuns 😊 Nee, ek het niks om oor te kla nie al begin die hare op sy lyf hulle so weerbarstig gedra… hy sê self hy begin soos ‘n steekhaarbrak lyk 😀😀😀😀😀

      Liked by 1 person

    1. Dié sal ons nou nooit weet nie…. maar gelukkig kan ons, ons eie prentjies maak. Hy is nou nie my gunsteling bybelkarakter nie…. klink of hy maar ‘n humeur aan hom gehad het…. maar daardie haredos moes iets besonders gewees het.

      Like

  1. Klink of Ken n moderne man is met sy paadjie deur die baard! Ek weet nie van daar nie maar hier is dit nou hierdie kaal sykante met net sulke patroon paadjies ingeskeer en dan hierdie m….se klos wilde hare bo-op die kop. Selfs vrouens dra dit ook so. Verkyk my altyd aan die rugby-spelers en hul kapsels.

    Liked by 1 person

    1. Dit was net ‘n gier wat hom beetgepak het toe hy sy lang baard afgeskeer en net ‘n bokkiebaard gehou het. Gelukkig het die gier net sowat ‘n maand gehou…. toe skeer hy alles af.

      Like

    1. My gunsteling bybelkarakter is Josef. Ek kannie ‘n definitiewe prentjie van hom vorm nie, maar hy klink vir my net mooi die teenoorgestelde van Simson. Dis net Simson se hare wat my bekoor 😊

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s