Lê jou eier oor Manhare

In opdrag van Hester, die Minister van Bloguitdagings. Ek dink nogals dis vir haar ‘n uitdaging om buite-die-boks-uitdagings te gee en ek moet erken, mens kan nie anders as om deel daarvan te wil wees nie.

Manhare, kan jy nou meer!

Ek is maar net ‘n gewone ou boeretannie en is nie so ‘n groot borshaarentoesias nie. Blykbaar vertel manlike harigheid van manlikheid, maar ek moet regtig sê, my man is manlik verby met sy groterwordende bles en al!

My pa se gesig was netjies skoongeskeer, my man dra ‘n snor. My een broer het in sy vlootdae regtig ‘n mooi baard gehad en was ‘n baie aantreklike seeman, veral as hy in sy formele vlootdrag geklee was. My ouboet het graag baard gedra, so ‘n klossiesbaard.

Een dag ry ek in ons dorp verby ‘n baie vriendelike man wat my op die naam groet. Hy lyk vaagweg bekend. Toe besef ek: Dis my ouboet wat sy baard afgeskeer het! 😂

Persoonlik lag ek stilweg in my mou as mans hulle hare kleur, gryskopmans is eintlik vir my mooi.

Maar nou ja, ek is uit de oude doos en affieplaas, so, borshare wat by halfoopgeknoopte hemde uitsteek, tattoes, oorbelle in mans-ore, ‘n growwe goue ketting wat oor die behaarde bors hang, is nie een regtig my smaak nie. Maar smaak verskil mos, of hoe?

Lang hare kan nog werk as hulle skoon en mooi versorg is, veral as hul ‘n effense krul in het.

Soos ons in ons kinderdae gesing het: ‘Mamma, ek wil ‘n man hê’, verkies ek steeds my doodgewone boereman, met of sonder hare op sy hoof.

Groetnis

Toortsie

Hester, ek werk met my foon. As ek nie regkom met die paddatjie nie, mag jy regtig my skakel by Inlinks gaan plaas.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:< a href=”http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=761578″&gt;< a href=”http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=761578″>http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=761578<<<&lt;
ie reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Advertisements

13 thoughts on “Lê jou eier oor Manhare

  1. Dankie tog dat ons ouer is en nie al die nuwerwetse geite van manne hoef te beleef nie. ñ Doodgewone, doodgoeie maat, dis wat ek ook verkies. Myne is blond, en sy hare nog baie. Maar wat, as als uitval, sal hy steeds net my Bertie wees.

    Like

  2. Al die punte wat jy hier noem stem ek mee saam. Watse gehare stories het die manne aan die gang! Ek dink hul is onder “vroue”druk om al daardie fancy hare-goed te doen.(ek smile nou sommer lekker. Het saam klein Bea en haar Mamma gaan inkopies doen. Mamma sê toe sy wil vir Pappa(my seun) n afspraak maak om sy hare en baard netjies te laat sny. Sy doen dit meestal sommer met die knipper!) Grand verby!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s