Die waarde van verniet werk

‘Shadow’ noem hulle dit deesdae. Om jou dienste gratis aan te bied.

Jy het geld nodig om van te lewe, watter simpel idee is dit om verniet te gaan werk?

Die probleem is mos dat werkloosheid ‘n realiteit is in ons land. Daar is soveel mense wat smag na ‘n werk, maar dit nie kry nie, om verskillende redes. Dalk is die politiek teen hulle. Dalk is hulle te oud, te jonk, te duur, sonder ondervinding, sonder opleiding. Dalk hét jy al daardie goed in plek, maar jy kry steeds nie ‘n werk nie. Jammer dat ek dit sê, maar dalk is jy te neusoptrekkerig!

My raad? Kyk waar daar ‘n behoefte is wat jy kan vervul en bied dit gratis aan. Sê vir die persoon jy kan hom help en hy hoef jou nie te betaal nie. En dan help jy hom met ‘n mooi gesindheid na die beste van jou vermoë.

Trek vir jou skoon aan, was en kam jou hare, borsel jou tande, sorg dat jou baard netjies is. Onthou, jy is besig om jouself te bemark! Jy weet nie wie anders sien jou dalk raak as potensiële werknemer nie. Dalk is hierdie ‘gratis werkgewer’ van jou só beïndruk met wat jy doen, dat hy jou betaal net omdat jy so oulik is, of bied vir jou werk aan.

En dís die waarde van gratis werk: Jy kry soveel meer. Jy doen in die proses ‘n bietjie mensekennis op, jy kry ‘n bietjie ondervinding, jy voel waardevol en dalk, net dalk sien jy iets interessants raak wat jy kan doen. Intussen wys jy vir mense wat in jou steek en iemand ken dalk net vir iemand wat vir iemand ken wat vir jou ‘n werk kan aanbied.

Doen dit! Ek het dit ook gedoen.

Groetnis

Toortsie

Advertisements

6 thoughts on “Die waarde van verniet werk

  1. stem met my hele hart saam. Het dit ook al gedoen, en uit dit uit het soveel gevloei – dalk omdat daar juis nie ‘n verwagting aan gekoppel was. Iets doen – enige iets is beter as om te sit en verknons oor dat jy niks het. Bybel se: doen wat jou hande vind om te doen…. elke liewe keer het dit deure oopgemaak.

    Liked by 1 person

  2. Jy bedoel dat die shadow ministers in die opposisieparty verniet werk? Toemaar, ek trek net jou been. Jy is reg, ons het al almal by geleentheid hulp aangebied en later voordeel daaruit getrek. Sò bou jy ‘n netwerk op van mense war weet waartoe jy in staat is.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s