Lank, lank gelede, het ons graag blogspeletjies gespeel. Toe het dit doodgeloop. Hierdie een was my gunsteling.
Julle mag vir my iets vra, en ek moet dit met ‘n liedjie antwoord. Jy mag meer as een vragie ook vra, maar elkeen in sy eie kommentaar, want hoe gaan ek anders vir jou antwoord. Moenie moeilike vrae vra nie! Ek is al ‘n ouma en my kop is spierwitgrys!
Let’s go! Vra die vragie. Skoon vrages, né! Ek hoop ek kan julle antwoord! 😱 Bang is ek nou!
En dan daag ek julle uit, sit dit by julle ook op sodat ons vir julle ook kan vra.
Toortsie
Ek verstaan nie die speletjie nie. Ek vra hoe kom wysheid met die Grysheid? Jy sê mos jy is al grys.
LikeLike
Jy vra moeilike vrae. Ek moet bietjie dink.
LikeLike
Sien daar kom die wysheid nou uit!
LikeLiked by 1 person
Jy het my dadelik gewen.
Op ‘n ernstige noot: Wysheid begin deur die dien van die Here. En daarby is die lied, ‘O diepte vsn die Wysheid en kennis van God. ‘
Google vertel my dat Christa Steyn ‘n liedjie het van die wysheid en die geysheid, maar ek kan nie nou dink hoe dit klink nie.
LikeLiked by 1 person
Ah ha daars hy. Baie goed geantwoord. Sal bietjie gaan kyk vir die liedjie!
LikeLiked by 1 person
Ek hoor die wysie, maar die woorde is nie nou reg nie.
LikeLike
Daar is mos so ‘n kinderliedjie: As oupa kom kuier …
LikeLike
As Oupa so sê Elizabeth Fourie http://www.deezer.com/en/track/142815578
LikeLiked by 1 person
Ja!
LikeLike
Gaan nou eers Baby sit!
LikeLiked by 1 person
En hier word ek nou wakker.
LikeLike
Lekker ge baby sit en nou gaan ek middagete eet! Jy slaap sekerlik nou al.
LikeLiked by 1 person
Ons dag en nag is behoorlik omgekeer! 😁
LikeLike
Netso. Ek doen n online 5 dae ding oor “writers block”. Dis vir my in die middel van die nag. Gelukkig neem sy dit op videa sodat mens later daarna kan luister en sy gee ook n email met skriftelike promps wat mens kan doen voordat jy luister. O, dis op Face Book in n geslote groep.
LikeLiked by 1 person
Sou jy ‘n keuse hê om in enige ander land te woon, watter land sal jy kies?
LikeLike
Dis ‘n land. (Carike Keuzenkamp)
Ons vir jou, Suid-Afrika, Ons vir jou, Suid Afrikaaaa , Gee nie om wie voor ons staan, la la la la ka la la, ons vir jou Suid Afrika!
❤️
LikeLiked by 2 people
Laat jy my nou lag…. kan jou hoor sing Afrikaaaa 😁😁😁
LikeLike
Daai lied het sulke erg aksente. Baie militaristies.
LikeLiked by 1 person
Ons kom uit die Ooste, ons kom uit die Suid…
LikeLiked by 1 person
O enige ander land.
Mooi Griekeland …
Amerika! (Onthou jy daai song?)
Maar eintlik seker … Once a jolly swagman camped by his billybong, under the shade of a coolibah tree…
LikeLiked by 1 person
Nee ek onthou dit nie maar ek like dit. Onse Toort onder ‘n coolibah tree!!! 😊
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Vraag vir jou, Toortsie: Wat doen jy as jy moeg gewerk is en jou voete is seer?
LikeLike
Ek het ‘n huisie by die see, dis nag. …
Kom nag, kom see en wind, kom oseaan, dit us ‘n rots waarop my huisie staan.
Of
Sweef soos ‘n arend! 😁
LikeLiked by 1 person
Ja… kan werk vir my!
LikeLiked by 1 person
Of dalk die Drinking Song? 😁
LikeLike
Dit behoort die kermende voete reg te sien 😆
LikeLiked by 1 person
Jajaaa
LikeLike
Is jy ingeskryf vir Mei se Capital Skngers?
LikeLike
Oh ja! Mens moet jou voete gaan straf en baie warm kry, ter wille van mysiek 😘 Kom julle weer?
LikeLiked by 1 person
Liezl kom weer. My voete het nie gekla nie, my rug wel. (Ek het ‘n baie swak rug. )
Ek sal weer kom wanneer my dogter kan saamkom. Dit het vir my goed gewerk in die week omdat ek bedags my rug kon laat rus. Ek is bekommerd dat ek nie ‘n naweek sal kan uithou nie, dis dan baie volgepak en ‘n mens kan net soveel pynpille drink.
LikeLike
Maar dat dit’n wonderlike geleentheid was, is nie altemit nie.
LikeLike
Mooiste droom?
LikeLiked by 1 person
Sommer eennwat so pas waar geword het.
I’m dreaming of a white christmas!
LikeLiked by 1 person
Mmmmmm dit was darem net te maklik!
LikeLiked by 1 person
Vra maar ‘n ander een.
LikeLike
Die allermooiste prentjie!
LikeLiked by 1 person
We are riding ona rainbow, we are riding free. We are riding on a rainbow, just you and me.
LikeLiked by 1 person
Welgedaan! ❤
LikeLiked by 1 person
Nou, na aanleiding van jou laaste plasing “static”, kan ek jou vra – is jy ‘n adrenaline junkie m.a.w., voel jy besonder goed oor die lewe wanneer jy nuwe uitdagings kan aanpak?
LikeLike
Anneli Botes sing:
Ek lewe, gemaak om na liefde te strewe, sonder vrae, sonder vrese.
Nee, ek is nie ‘n adrenalienjunkie nie. Alhoewel, ek doen goed daarop.
Wat egter wel waar is, dat die gependel baie van my vra en my maklik kan insluk. Daarom is dit vir my soms ekstra nodig om goed te doen waarvan ek hou. Verlede jaar het alles egter op ‘n hoop gekom. Die Here het my gehelp om mooi deur alles te seil, maar op die lange duur kan ek nie so aanhou nie en sal dit nie so glad verloop nie. 😁
LikeLiked by 1 person
Dit raak soms te veel, nè? Net so terloops, Anneli van Rooyen is een van die min Afrikaanse sangers waarna ek gereeld luister – daardie diep warm stem soos Albany sjokolade! Ek het hierdie CD pal in my motor.
LikeLiked by 1 person
Ek hou ook van haar. Het ek Botes geskryf?
LikeLiked by 1 person
Toemaar, ons lees sommer by die glipsies verby.
LikeLike
😁
LikeLiked by 1 person
Nog ‘n liedjie om jou te antwoord:
Dit is die dag, dit is die dag
Deur die Heer gemaak, deur die Heer gemaak
Kom ons wees bly, kom ons wees bly
En verheug daarin en verheug daarin!
Dit is die dag deur die Heer gemaak
Kom ons wees bly en verheug daarin
Dit is die dag, dit is die dag
Deur die Heer gemaak.
LikeLiked by 1 person
Ek voel vandag presies net so. Ons het nou van die strand af teruggekom – heerlike weer – heerlike ete – mooi musiek – geswem soos ‘n vis. Ek gaan nou omkap en gaan slaap.
LikeLiked by 1 person
Ek is rerig blonde – en my man sal dadelik vir jou sê, “sy speel nie speletjies nie, want sy is rerig blonde” 🤔😣😥
LikeLike
So, het jy nie vir my ‘n vragie nie?
LikeLike
Mmm…. nee…
LikeLike
My liedjje vir jou is: She’s a long legged woman dressed in black.
LikeLike
Geld praat maar dit is ook al….
LikeLike
Ek sou kon doen met ‘n miljoen. 💰
LikeLike
Nie helemal nie, maar dit kan werk. Dink bietjie in die rooi taal…
LikeLike
Money, money, money, must be funny, in a rich man’s world! 😁
LikeLike
Ook oulik gedink, maar nee….
Kom ek help – Forever in blue jeans
Money talks
But it don’t sing and dance
And it don’t walk
And long as I can have you here with me
I’d much rather be
Forever in blue jeans
Honey’s sweet
But it ain’t nothin’ next to baby’s treat
And if you pardon me
I’d like to say
We’ll do okay
Forever in blue jeans
LikeLiked by 1 person
Kyk hoe oulik is jy!
LikeLiked by 1 person