Blogspeletjie

Lank, lank gelede, het ons graag blogspeletjies gespeel. Toe het dit doodgeloop. Hierdie een was my gunsteling.

Julle mag vir my iets vra, en ek moet dit met ‘n liedjie antwoord. Jy mag meer as een vragie ook vra, maar elkeen in sy eie kommentaar, want hoe gaan ek anders vir jou antwoord. Moenie moeilike vrae vra nie! Ek is al ‘n ouma en my kop is spierwitgrys!

Let’s go! Vra die vragie. Skoon vrages, né! Ek hoop ek kan julle antwoord! 😱 Bang is ek nou!

En dan daag ek julle uit, sit dit by julle ook op sodat ons vir julle ook kan vra.

Toortsie

57 thoughts on “Blogspeletjie

    1. Jy het my dadelik gewen.
      Op ‘n ernstige noot: Wysheid begin deur die dien van die Here. En daarby is die lied, ‘O diepte vsn die Wysheid en kennis van God. ‘
      Google vertel my dat Christa Steyn ‘n liedjie het van die wysheid en die geysheid, maar ek kan nie nou dink hoe dit klink nie.

      Liked by 1 person

              1. Netso. Ek doen n online 5 dae ding oor “writers block”. Dis vir my in die middel van die nag. Gelukkig neem sy dit op videa sodat mens later daarna kan luister en sy gee ook n email met skriftelike promps wat mens kan doen voordat jy luister. O, dis op Face Book in n geslote groep.

                Liked by 1 person

            1. Liezl kom weer. My voete het nie gekla nie, my rug wel. (Ek het ‘n baie swak rug. )
              Ek sal weer kom wanneer my dogter kan saamkom. Dit het vir my goed gewerk in die week omdat ek bedags my rug kon laat rus. Ek is bekommerd dat ek nie ‘n naweek sal kan uithou nie, dis dan baie volgepak en ‘n mens kan net soveel pynpille drink.

              Like

    1. Anneli Botes sing:
      Ek lewe, gemaak om na liefde te strewe, sonder vrae, sonder vrese.

      Nee, ek is nie ‘n adrenalienjunkie nie. Alhoewel, ek doen goed daarop.
      Wat egter wel waar is, dat die gependel baie van my vra en my maklik kan insluk. Daarom is dit vir my soms ekstra nodig om goed te doen waarvan ek hou. Verlede jaar het alles egter op ‘n hoop gekom. Die Here het my gehelp om mooi deur alles te seil, maar op die lange duur kan ek nie so aanhou nie en sal dit nie so glad verloop nie. 😁

      Liked by 1 person

    2. Nog ‘n liedjie om jou te antwoord:
      Dit is die dag, dit is die dag
      Deur die Heer gemaak, deur die Heer gemaak
      Kom ons wees bly, kom ons wees bly
      En verheug daarin en verheug daarin!
      Dit is die dag deur die Heer gemaak
      Kom ons wees bly en verheug daarin
      Dit is die dag, dit is die dag
      Deur die Heer gemaak.

      Liked by 1 person

          1. Ook oulik gedink, maar nee….
            Kom ek help – Forever in blue jeans
            Money talks
            But it don’t sing and dance
            And it don’t walk
            And long as I can have you here with me
            I’d much rather be
            Forever in blue jeans
            Honey’s sweet
            But it ain’t nothin’ next to baby’s treat
            And if you pardon me
            I’d like to say
            We’ll do okay
            Forever in blue jeans

            Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Kameel Kanselleer antwoord