Ek het hierdie nou so geniet…. maar om die humor agter dit te verstaan plaas ek ‘n vorige inskrywing rondom die heiligheid van my bed.
Ons bed, of beter nog slaapkamer het ‘n storie. Deur die jare het ek stelselmatig elke vertrek in ons huis opgetof, of is dit nou uitgedos; maar ons slaapkamer het agterweë gebly. Die bedkassie was nouwel nie meer ‘n “toolbox” met ‘n gordyntjie om nie; maar die kamer het maar sleg afgesteek teen die res van die huis.
Een middag lê die drie kleintjies – toe reeds in hoërskool – op ons bed en gesels. Kenneth ons kunskind, kom plak homself met vuil oorpak en al, tussen hulle neer. Na ‘n rukkie se gesels vra hy, “Wanneer maak mamma eendag julle kamer mooi?” “Die dag wanneer julle kinders besluit om vir julle ‘n ander geselsplek te kry,” antwoord ek. “Dan is dit nooit,” laat hy ewe droog van hom hoor.
Ons trek stad toe. Die kinders het die nes verlaat, en ek besluit dit is nou uiteindelik my beurt vir ‘n kamer waarvoor ek my nie hoef te skaam nie. Maar ek het my met die klomp misgis, Ken insluitend. Soos een man kom hulle in opstand teen ‘n bed waarop hulle nie mag lê en kuier nie. Die bed word “Mamma se heilige bed,” gedoop.
Jare het intussen verloop maar my bed behou sy status. Dinsdag pas ek ons kleinseun op, en sit ‘n foto van die slapende baba op ons familiegroepie. Dié terugvoer is nie wat ek verwag het nie… maar dit het my lekker laat lag.
Dit dan van Chanté af:
En nogsteeds bly ek lief vir my kinders.
Ek lê soos ek lag! Uit die mond van die suigeling… of te wel ons eige kinners, né Kameel.
LikeLike
Liewe land Una gaan die kinders ons nooit genade betoon nie? Hulle sit mens gedurig op jou plek. Ek het hierdie een darem gate uit geniet 😀😀😀
LikeLiked by 1 person
Kostelik!
LikeLiked by 1 person
‘n Mens kan maar net lag!!! Huil gaan nie help nie 😀😀😀😀😀
LikeLiked by 1 person
Kinders moet maar die een of ander tyd besef dat kleinkinders ‘n besonder bevoorregte spesie is.
LikeLiked by 2 people
Definitief Frannie. Dis ‘n anderste liefde dié!!
LikeLiked by 1 person
Praat jy, my ma dans saam my tieners, gmf, sy sou nooit saam my dans toe ek n tiener was nie 🙂 Oudste word Februarie 17jr oud en het die Desember vakansie sommige aande steeds TUSSEN ouma en oupa geslaap. Met hulle 3 se paar dae in n wildreservaat het SY bestuur. Dankie Liewe Jesus vir ouma’s en oupa’s.
LikeLiked by 2 people
Dis nou so mooi!!!!
LikeLike
Dankie liewe Jesus vir kleinkinders…
LikeLiked by 2 people
Natuurlik bly jy lief vir hulle. 😁😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Eienaardige liefde wat ‘n mens vir jou kinders het. ‘n Mens kan ophou lief wees vir jou man… maar aikôna wanneer dit by jou kroos kom. Soos my ousus eenkeer gesê het….. “Jy hou nie altyd van jou kinders nie, maar jy bly lief vir hulle.” 😄😄😄
LikeLiked by 2 people
Jajaaa
LikeLike
Ek kan duidelik die gesigsuitdrukking sien as die kinders so vir mekaar kyk en stil beduie dat jy koekoes is oor jou kamer.(Tong in kies hoor! Jy is nie rerig nie!)
LikeLiked by 1 person
Scrapy sou ek my aan die klomp steur (skoonseuns ingesluit) was ek lankal koekoes. Lekker rus…. een van die dae is dit “back to Plateau.” 😕
LikeLike
Stem saam hul kan mens se kop soms lekker deurmekaar maak. Ja amper weer tyd vir terug hok toe. Wonder of daar beginnertjies gaan wees? Hul is in die begin maar n hand vol so vroeg soggens. Huil en klou aan ma ens! Sal maar solank weer n paar omkoop idees moet uitdink. My kop is so besig met skryf dat my lyf skoon moeg is aan die einde van die dag en dan wil die ou brein mos nie gaan slaap nie. Gaan vanoggend bietjie na Bea kyk-dis n afleiding. Lekker slaap.
LikeLiked by 1 person
Whaha, ek is nie enigste een met snipperige kinders nie. Hoe lekker kry ek nou! Karen sit my mooi op my plek: “Nie alles draai om Ma nie!” Sê WIE? Ek is belangrik.
LikeLiked by 1 person
Sê ek ook!!! Ons het mos ook ‘n binneste… of hoe?
LikeLiked by 1 person
Gee hulle net daai KYK, Kameel. Dan bly hulle gou-gou stil.
LikeLiked by 1 person
Lag ek nou kliphard… my seun kom lê nogsteeds op my bed en gesels met my – dit is baie swaar vir my om hom nie te jaag nie. Dit lyk net verkeerd as hy homself so kom neerplak. Maar my dogtertjie, sy doen die geselsding nerens meer nie – ons is half vervreemd van mekaar, daar het ‘n groot stilte tussen ons kom lê en vrymoedigheid met mekaar bestaan nie meer nie, daarom verduur ek maar die man kind se tuismaak op my bed en sy geselse van sy alledaagse lewe 😊
LikeLiked by 1 person
Dis jammer oor jou dogter!!! Hoop werklik dinge tussen julle kom weer reg. Dis nie net mooi woorde nie… ek hoop werklik dit kom weer reg. My seun het al gewerk toe hy so met vuil oorpak en al hom kom neerplak het. As ek daaraan terugdink was dit werklik kosbare tye. Geniet maar die man kind in jou bed…. kort voor lank het hy sy eie gesin en dan is alles net ‘n herinnering.
LikeLike
Ja ek weet, hy is nou 32 en hy doen dit pens en pootjies en ek los maar. Die lewe is te kort om te worry oor skoon linne. My dogter sal weer haar ouself word want dit is een van my gebede by die Vader se voete.
LikeLiked by 1 person
Laat jy my nou terugdink, beste tye ooit toe die kinders nog klein was en Saterdag-oggend by my kom inkruip het
LikeLiked by 1 person
Dis van die kosbaarste herinneringe. Lekker tyd om te bind 😊
LikeLike