Bloedgroep en Banting?

Ek het ‘n navraag gehad wat ek graag hier wil antwoord. Is daar sekere bloedgroepe wat nie werk met Banting nie?

Ek is geen wetenskaplike nie, so ek gaan maar net antwoord soos wat ek dink en soos wat ek uit ondervinding gesien het.

My, Toortsie, se bloed is A+. Baie jare gelede het ek die bloedgroepdieet bestudeer toe dit hoogmode was. Volgens dít sou ‘n meer vegetariese dieet baie beter by my werk.

Ek moes, volgens die bloedgroepdieet, eerder die vleise los, en meer konsentreer op die stysels. Tipiese eetprogramme soos deur die bekende gewigsverliesprogramme voorgeskryf, sou goed met my werk. Die enigste vleis wat ek omtrent kon eet, was haas!

En ja, dit hét uitstekend met my gewerk. Ek het maerder as ‘n kraai geword, te mooi, super seksie. Die probleem was dat ek nie daarby kon hou nie! Op die lange duur kon ek nie daarmee volhou nie en sodra ek die eerste swakplek in my mondering gevind het, het ek aan die eet geraak en geswel soos nooit tevore nie.

My man, weer, moes, volgens die bloedgroepdieet eerder vleis eet en stysels los.

Nou ja, met Banting het ek nou nog nie so maer soos ‘n kraai geword nie, my gewig het lankal gestabiliseer. My man eet ook die Bantingkos, maar eet wel soms stysel ook en hy lyk ook goed.

So, wat is my gevolgtrekking?

Toets Banting en kyk hoe dit met jou werk, ongeag jou bloedgroep. Soos ek al hoeveel keer gesê het, Banting werk vir my, selfs met my nie-Banting bloedgroep, as daar so iets sou wees. Van alle diëte wat ek al in my lewe gevolg het, werk Banting vir my die beste. Onthou, in samewerking met jou dokter, hoor!

Toortsie

22 thoughts on “Bloedgroep en Banting?

  1. Ek ken nie eers my bloedgroep nie. Het nou met my hart se nonsens gevra hulle moet vir my spesiaal bloed trek en dit vir my uitvind…. toe vergeet ek om hulle die uitslag te vra. Kry ‘n mens ‘n bloedgroep wat nie lief is vir kos nie… maar vir tjoklits? Ek behoort aan daardie een 😀😀

    Liked by 2 people

      1. Ek ook nie, haha! Ek weet net ek het dit. Ook nou nie enige ou klaargesnyde winkelbrood nie – ordentlike brood wat iets om die lyf het asseblief. Plaasbrood. Of die fênsie Italiaanse brode wat my seun bak. Hulle moet kan smààk.

        Liked by 2 people

        1. Ek sê ook nie nee vir ‘n stuk warm plaasbrood met botter en stroop nie. Oooo en die kondensmelkbrood wat my dogter bak is ook lekker… maar een snytjie is genoeg. 😊 Jy het ook ‘n kombuisseun…. myne steek my in die skande met sy kosvernuf 😐

          Liked by 2 people

      1. Ek verloor baie goed op hom en ek word glad nie honger nie, ‘n mens kan nogal lekker rondspeel met hom omdat daar verskillende groente en vrugte opsies is en dit jou nie bind nie, ook die ontbyt. Ek hou van die detox idee ook. Maar ek moet jou se ek worry bietjie oor daar nie olie/vet in is nie, mens se lyf, vel en brein het dit tog nodig. Ek het nogal goed gedoen op banting ook, dit bly n wenner maar oi as die manne like mos van rys en aartappel.

        Like

Gesels saam, asseblief!