My vermoede is reg. Hier is ‘n dringendheidjie in die lug, want dit is mos nou weer daai tyd van die jaar.
Daai tyd is wanneer die vakansietyd verby is en die werklikheid weer inskop. Wanneer braaivleis, rugby, sonneskyn en Chevrolet sy tol geëis het. Wanneer krismis en nuwe jaar en alles wat daarmee saamgaan, verby is en ons weer ‘n slag in die spieël kyk. Of, eintlik hoef ons nie eers in die spieël te kyk nie, ons klere wys dit vir ons. Klere wat mooi en netjies gesit het, bult en trek en span nou op allerhande plekke.
Ons is moedeloos met onsself. Ons het geen beheer oor wat ons eet nie en wil alles wat voorkom, in ons monde druk. Ons voel ongemaklik. Ons voel sleg. Aaklig. Wil nie ander mense in die oë kyk nie.
Nee! Só kan dit nie aangaan nie! Ons moet drasties iets doen!
😱
Toortsie het op Facebook gevra hoekom mense van haar resepteboeke sal wil hê. My vermoede was reg oor hoekom, ek was mos vir lank in daardie selfde bootjie. Dit was nou vóór Banting.
Kyk wat sê die mense:
Een skryf dat sy wens Toortsie wil nou terugkom van oorsee af sodat sy die boeke kan koop voordat sy rol en nie meer loop nie.
Iemand anders skryf: My man is ‘n diabeet en ek het jare lank met spastiese derm simptome gesukkel. Banting werk uitstekend vir ons albei! En ek is mal oor Toortsie se blog!
En hierdie een: Omdat ek myself vanoggend in die spieël gesien het! Al die ander diëte het nie lank gehou nie! So baie gehoor van jou Banting boek dat ek dink dis nou n goeie begin vir die nuwejaar!
Kyk hier: Omdat ek van die 20kg wat ek in 2017 wou verloor, nog net 30 oor het…en omdat my cholesterol hemelhoog is en pre-diabetes nie juis help nie…
Toortsie kan niks belowe nie, maar Toortsie wil jou graag help. Ry jy ook in daardie bootjie?
<<
s dalk net die moeite werd om te probeer. Wat kan jy verloor?
Kyk by Bidorbuy.
Groete
Toortsie
Terloops, Toortsie Bant reeds 3 en 'n halwe jaar en behou haar gewig. Geen resultate kan egter gewaarborg word nie, dit verskil van persoon tot persoon. Raadpleeg ook asseblief jou dokter voor jy die drastiese stap oorweeg.
Ik volg sedert een zware darmoperatie begin 2011 een speciaal dieet met shakes die ik zelf maak.
Ik ben bezig met een bericht waar ik die recepten in geef.
Zodra het gereed is geef ik het je door
Vriendelijke Groet
Theo
LikeLike
Ja die liewe feestyd is nie net n tyd van feesvier met familie en vriende nie die fees lê in die “lekker” eet. Dan sukkel mens weer die hele jaar om by tekom en dan is dit die volgende feestyd. Ek dik ek moet nou ernstig begin met jou manier van kosmaak. Ek het mos darm boek een.
Sjoe maar die advertensies wat so verby flits op jou blog maak my skoon hoenderkop. Dit bly aanhoudend verander.(lyk soos Fishpond wat so aanhoudend sy boeke adverteer!)
LikeLike
Ek dink ek moet die fooi betaal dat daar nie advertensies verskyn nie. Dit raak net meer en meer!
LikeLike
Ek weet daar is iets met die advertensie storie want my seun het dit ook op sy webblad. Dis egter net advertensies wat te doen het met sy tipe besigheid. Die wat by jou opgekom het was van Fishpond NZ n aanlyn boekverkoper en Ezybuy NZ wat klere aanlyn verkoop. Ek weet dit het ook met die leser se belangstelling te doen. AS ek op een adv kliek behoort jy n paar sente kommisie te kry. So iets
LikeLiked by 1 person
Ek gaan dit beslis verander.
LikeLiked by 1 person
Haai sus Hoekom sien jy advertensies? Hier by my is nie ‘n enkele advertensie nie.
LikeLiked by 1 person
Ek weet nie of dit die plan is wat ek gekies het nie. Ek is mos toortsie.com.
LikeLiked by 1 person
Dis op ouens wat dit op hul blogs sit en hul kry dan n paar sente vir elke reaksie wat die advertensie kry. Toorts s’n is omdat sy die boek besigheid het. Mens kan ook kies watter advertensies jy wil wys.
LikeLiked by 1 person
Ek dink nie mens kannregtig kies nie. Toe ek daai plan gekies het, was daar min advertensies. Dit raak regtig nou baie. Sodra ek by my rekenaar kom, sal ek probeer om dit te verander. Ek het destyds gehoop om ‘n paar sent te kry, maar helaas, daar het nog niks gebeur nie. 😁
LikeLike
Dis interessant Gelukkig sien ek niks
LikeLike
Jys veronderstel om op Toorts se blog dit te sien want hare is aan.
LikeLiked by 2 people
Ek lees net haar blog op my leser en sien dan niks.
LikeLiked by 1 person
Dis nou reggestel. Daar mag nie weer advertensies kom nie.
LikeLiked by 1 person
*fluister* … ek het nie gekla nie want ek het dit nooit gesien nie… ❤
LikeLiked by 1 person
Alles reg, maar dit was regtig ‘n seer oog.
LikeLiked by 1 person
Dis hoekom!
LikeLiked by 1 person
Ek het die voorreg gehad om ons Toortsie te ontmoet, en sy is inderdaad pragtig skraal.
LikeLiked by 1 person
Die voorreg was wederkerig. Ons Una is self ‘n pragtige meisie en Kameel daarby saam. ❤️
LikeLike
Die tyd van die jaar is die gesondheidswinkels en die gyms propvol. Dalk mense se Nuwejaars voornemes? Wens ek het die selfdissipline gehad om gesond te bly, ek gee gewoonlik na so vyf dae op…
LikeLiked by 1 person
Dis wat Banting vir my anders gemaak het. Hierdie keer kon ek aanhou. 😁
LikeLike