Die eerste bloguitdaging van 2018 waaraan ek deelneem: Growth
Groei. Groei in myself.
Ek het die mooiste aanhaling gehoor, dit was so iets: ‘Jy kan slegs op water loop as jy uit die boot klim.’
‘n Pragtige jong vrou skryf op Facebook: ‘Hulle sê dat jy die meeste groei as jy buite jou gemaksone beweeg.’
Om te groei in jouself, moet jy werk aan jouself. Dis natuurlik te sê, ás jy wil groei. Baie mense is regtig gelukkig in hulle gemaksone en tevrede om ‘n hele leeftyd daar te bly.
By Amway se Dreambuilders Assosiation het ek geleer: ‘If you want to play where others don’t, you have to do what others won’t.’
Klein dingetjies. Klein treetjies wat jy anders begin gee. Aan die begin kom jy nie eers die verskil agter nie, maar met tyd raak daardie klein treetjies groot spronge.
Klein goedjies, soos:
Om te begin spaar. Mik eers vir 10 persent van jou inkomste. Is dit te veel? Begin by 1 persent waaraan jy nooit mag raak nie en stoot dit geleidelik op tot tien persent, en dan mik jy selfs vir hoër.
Om dinge soms anders as die groep te doen. Om selfs ‘boring’ te klink omdat jy nie nou iets doen nie, met die oog op iets groter.
Om op te hou rook. Minder te drink dalk.
Om ‘n opbouende boek te lees. ‘n Kursus te doen. ‘n Leerbare gees te hê.
Om te kyk wat suksesvolle mense doen en hul te na-aap. Leer by hulle. Suksesvolle mense doen gewoonlk iets reg! 😁
Die belangrikste: Waag dit. Gee daardie eerste tree, want dít is waar dit begin: By die eerste tree.
Daar is egter ‘n gevaar betrokke, wees gewaarsku: Groei is verslawend. Die gevoel wat jy kry as jy buite jou gemaksone is, kan lekker raak, en jy kan selfs meer waag, meer groei, uitstyg.
Mag jy eendag, as jy terugkyk oor jou lewe, bly wees oor dit wat jy gewaag het, mag jy groei sien in jouself.
David Salton het gesê: ‘Accept the challenges so that you may feel the exilaration of victory.’ Doen dit!
Toortsie
Laat dit my nou aan ‘n Rose dink. Sy was ‘n tipe ma vir ons jongeres daar tussen die mielielande. Deur my bybelstudies por ek die dames aan om dit dieper in die rivier te waag in hulle verhouding met God…. en so te groei. Op ‘n dag sê sy vir my “Gaan swem jy daar diepwater met God as jy wil, maar los my net hier by die voet van die kruis. Ek is gered, en dit is goed genoeg vir my.”
LikeLiked by 2 people
Ja. Ek, veral, wat verslaaf geraak het aan die tevorl buite my comfort zone, moet besef dat baie mense die veiligheid daarvan verkies.
LikeLiked by 1 person
Jip, mens moenie jou brein laat roes nie, want dan het jy net seer stêrre oor om jou geselskap te hou.
LikeLiked by 1 person
Seer stêre het ons in elk geval, vir die res moet ons sorg! 😁
LikeLiked by 1 person
Ek hou hiervan, baie goeie raad!
LikeLike
Dankie
LikeLiked by 1 person
Groei is belangrik maak nie saak in watter rigting nie. Goed gestel.
LikeLiked by 1 person
Die ding is, mens stagneer nooit regtig nie. Jy beweeg in ‘n positiewe rigting of andersom. Mens mag dalk dink jy is veilig in jou gemaksone en dan agteruit beweeg wonder dat jy dit besef. Xx
LikeLike
Dis so waar. dis belangrik om nuwe dinge te doen of te leer. Ek sien dt rondom my. Baie van die dames word net ouer en krankliker terwyl ek bv dieselfde ouderdom is en ek floreer nog steeds. Sodra jy aan n sitplek vasgeplak is kom jy nie sommer weer daar weg nie.
LikeLike
Jy is regtig ‘n voorbeeld. ❤️
LikeLike
Die beste is ek geniet dit om so aan te gaan en dit is tog waaroor die lewe regtig gaan.
LikeLiked by 1 person
Om end-uit te leef. As mens dit eers agtergekom het, raak dit lekkerder by die dag.
LikeLike
Beslis ja. Ek moet net regtig nog aan my geloof werk. Dis n leemte op die oomblik.
LikeLiked by 1 person
Wat is dan die probleem?
LikeLike
Ek het deur my eie toedoen myself afgesny van “sosiale” godsdiens. Voor ek weg is het ek al met my predikant redenasies gehad wat hy nie kon insien nie. Nou is ek hier en daar is nie regtig gevoel of aanklank by die kerke hier nie. Die Afrikaanse kerke wat hier is is meer gerig om vas te klou aan ou Suid Afrkaanse maniere. Wil ook nie eintlik noem dat ek nie regtig n “happy clappy” is nie. Hul stem my onrustig.
LikeLike
Ek hoop dat jy weer ‘n plekkie vind waar jy gemaklik voel. Ek is seker daar sal een wees, deesdae is daar so baie variasies van erg eng tot erg lewendig.
LikeLike
Ek moet net die bul by die horings pak en gaan. My probleem is ek het een nodig om my net aan my hand te vat en aan die vreemdes voor te stel.
LikeLiked by 1 person
Ja dis moeilik as jy alleen is. Probeer dalk ‘n diens bywoon en hopelik sien iemand jou raak wat jou intrek. Gemeenskap van gelowiges is baie belangrik.
LikeLike
Dis waar ek voel ek aan moet werk om myself weer te vind en regtig terug te keer na my geloof. Nie dat ek sê ek glo nie. Dis net half wankelrig en ek het n gemis.
LikeLiked by 1 person
Het heelwat jare terug na Kwasisabantu in Natal gegaan en n week daar deurgebring met mede gelowiges, plat op die aarde. Dit het my beindruk.
LikeLiked by 1 person
Ken dit glad nie. Vertel meer?
LikeLike
Dis n sendingstasie. Was of is n Duitse sendeling wat onder die “agtergeblewenes” gewerk het. Hul het gereeld veral in vakansietyd hul rondawels oopgestel vir mense wat soekende was. Hul het n hele program gevolg vir die week.
Daar was meestal veral saans baie uit die omgewing wat die dienste bygewoon het. Alles was gratis. Daar was veral swart mense wat getuig het. Die preke is ook op so n manier gedoen dat die swart kultuur gebruik is vir uitbeeldings. Ek het juis daar vir een tot een sessies met die sendeling gehad. Dit was die tyd wat my huwelik op sy slegste was en ek nie meer geweet het wat om te doen nie. Sjoe jy het my nou ver terug laat dink.
LikeLiked by 1 person
Dis goed om soms ver terug te dink. Dan sien jy hoe jy gegroei het, of sien dalk nuwe leemtes raak waaraan jy weer kan werk.
LikeLike
Dis beslis waar. Noudat ek so alls neerskryf het ek heel rustiger geraak. k was maar altyd sinies oor alles.
LikeLiked by 1 person
Daar is ‘n verskriklike oulike bybelstudie. Dis ook in boekvorm. Beleef God. Experience God. Blackaby
LikeLike
Kan jy dalk n boekwinkel of n drukker vir my gee sodat ek dit dalk in die hande kan kry asb?
LikeLiked by 1 person
Ek gaan bietjie kyk op die internet
LikeLiked by 1 person
Ek het myne destyds by Cum boeke gekoop. Ek wonder of dit nog te koop is. As jy Experience God google, wonder ek of jy nie gaan regkom nie.
LikeLike
Dis by Amazon beskikbaar.
Experiencing God: Knowing and Doing the Will of God, Revised and Expanded
LikeLike
Baie dankie. Ek gaan gou kyk en sommer een bestel as dit is. My Afrikaanse Bybelstudie boeke is almal al n paarkeer deurgewerk.
LikeLiked by 1 person
Die boek bewerg baie vinnig en het baie om te verteer. Dit mag dalk op ‘n stadium te erg voel. Dan sit jy hom ‘n hele ruk neer en later begin jy hom weer van voor af. Dan is hy sommer baie makliker en sal jy hom klaar kry. Dis regtig lewensveranderend.
LikeLike
Thanks a lot. Jy is dierbaar.
LikeLike
Het een by book depositry bestel. Amazone ship nie na NZ nie.(stupid ding maar wie is ek om te argumenteer. Dis tipies USA)
LikeLiked by 1 person
‘Jy kan slegs op water loop as jy uit die boot klim…’ Gister oppad terug uit Mosambiek het ek hierdie skrywe van jou gesit en lees, en die woorde het my bygebly. Lank het ek en manlief daaroor sit en praat. Baie waar skrywe, Toortsie. En welkom terug!!
LikeLiked by 1 person
Dankie en baie welkom terug jy ook! Die boot en die water is nie my woorde nie. Dis geleen.
LikeLiked by 1 person
Ek het die dag voor ons teruggekom het, ure oor die see uitgestaar en met ons Pa gesit en praat. Duidelik het ek die prentjie van Hom af terug gekry, saam met woorde: Bly loop op die water, Una, want jou geloof is sterk genoeg. Moenie terug wil beweeg na die bootjie toe nie. Bly net loop.
Ek sit aanmekaar hieroor en dink, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
En daar herhaal Hy dit sowaar! 😁🛶
LikeLiked by 1 person
Ja, dit het my nogal gevang toe ek dit by jou ook raaklees.xxx
LikeLike
Ek glo vreeslik in die herhaling van ‘n opdrag. Xx
LikeLiked by 1 person
Geleen, maar dit het my getref. Dit was mos Petrus wat dit gedoen het, en ek aard mos na hom. ❤️
LikeLiked by 1 person