Kameel – Nuwejaar en nuwe streke

Die kersnaweek het gekom, en gegaan, en toe was daar stilte. Om vyftien grootmense, ses tieners, vyf laerskoolkinders, drie driejariges en twee babas op een erf te onthaal…. en gelukkig te hou, verg voorbereiding, en hier het Marlé haar goed van haar taak gekwyt. Die vroue het uitgehaal met hulle beste geregte, en tot een van ons skoonseuns het opdrag gekry om sy lekker gestolde wortelslaai te maak.  Vir drie dae was die lug gevul met jillende, huilende, laggende stemme, om nie eers van die musiek te praat nie. Daar is geeët, nogmaals geeët, en weereens geeët. Kinders en tieners het op die onmoontlikste plekke geselsend sit en eet, en ‘n mens moes mooitrap om nie raak te trap nie. Ek het werklik jammer gevoel vir die bure, veral wanneer die klomp laataand vir die soveelste keer op een dag in die swembad spring, en uitbundig te kere gaan.

Die dag na kersfees pak almal hulle goed en vertrek of na hulle huise toe, of met vakansie en los my en Ken stoksielalleen op ‘n erf wat net die vorige dag krioel het van lewe. By toe was my dronkkop so oorlaai dat ek gesukkel het om af te skakel, en dit het ‘n dag of twee gevat om weer rigting te kry.

Die week verloop heel rustig maar Ken kry rooimiere en besluit om sy skootlessenaar stywer te stop; wat beteken dat daar ‘n nuwe oortreksel gemaak moet word. Dit is net hier waar die paw-paw die fan strike. Ek ken nie Marlé se naaimasjien of omkapmasjien nie, maar daarvan wil Ken niks hoor nie. Hy spring in met my rooi dingetjie, trek die ou oortreksel los, en help my tot om ‘n nuwe oortreksel te sny. By die masjiene val alles egter plat. Beide masjiene se garing breek, en probeer soos ons wil, ons kry dit nie weer bedraad nie. Ken sit nou sonder ‘n skootlessenaar, en ek wag vir Marlé om terug te kom van vakansie om my te help om die oortreksel te maak.

Ek het gedink dat Ken nou tot ruste sal kom, maar nee gister verleng hy ons wi-fi kabel, met die gevolg dat ons onbeperkte wi-fi – wat daar doer vanaf die groothuis se studeerkamer kom – nou heeltemal beperk is en ons nie wi-fi het nie. Nou wag ons vir skoonseun om van vakansie af terug te kom om reg te stel wat Ken verbrou het.

Dit gaan twee laaaaaang weke wees; Geen getoerdery op Earth meer nie. Geen vinnige fliek kyk of game speel nie. Geen musiek luister of die wêreld oor gesels nie. Ek lees, en studeer my bybel op die internet. Dit dan is hoe 2018 vir ons afgeskop het; dit gaan ‘n interessante jaar wees…. tot die skaal haak vanoggend vas toe Ken op hom klim.

Vir julle wat hier lees, mag God se goedheid en guns julle volg in die jaar wat voorlê. Kameel

 

Advertisements

21 thoughts on “Kameel – Nuwejaar en nuwe streke

    1. Goeiemôre woestynkind 😊 Die jaar het voorwaar maar hobbelrig begin. Die skaal is juis op geklim om te sien hoeveel het hy oor die kerstyd opgetel!!!

      Like

    1. Dankie Hester. Jinne ek moet my kop in skaamte laat sak dat ek nie eers die naaimasjien kan bedraad nie…. maar dan weer ek het jaaaaare voor ‘n naaimasjien deurgebring, dis nou ander se beurt.

      Liked by 1 person

  1. Ha ha, rus en vrede! Nie net sonder al die gesellige familie nie maar ook sonder die flieks ens ens.Kan nogal saamvoel met jou. Ongelukkig het ek nie eers n Ken wat kan help om dinge nie te laat werk nie. Dis alles my eie skuld as iets verkeerd loop. Eerste wat gevra word as jy hulp soek: Watter knoppie het ma gedruk? Verduidelik ek dan kom die antw: Hoekom doen ma dit of wat wil ma daarmee doen? Nou vra ek nie sommer nie en delete my brousel eers voordat ek hulp vra. Dis soos om met n uitveër die potloodmerke uit te vee. Ongelukkig maak mens maklik n hele kol wat nie wil uitvee nie. Ha ha, hier sit ek my nou en verkneukel oor jou delemma. Mooi nuwe jaar vir jou en Ken. Ek hoop daar gaan mooi hoogtepunte wees om te herdenk later.
    Net n laastetjie: een van die kinders s hoenders wat ek oppas is vanoggend hoenderhemel toe. Wonder of sy n haraanval gehad het. Net n laaste gekrys gegee en poef sy lê morsdood.

    Liked by 1 person

    1. Geniet ek nou jou kommentaar scrapy 😊 Eerder ‘n Ken as by myself…. ek sal totaal verlore wees. Hy wys my darem baie keer watter knoppies om te druk… al doen hy dit ook hoe knorrig. Hy sou nie ‘n goeie meneer uitgemaak het nie, te ongeduldig. Hoe jy rekenskap gaan gee oor ‘n hoender wat in jou sorg die gees gegaf het, weet ek nie. Gelukkig het ‘n hoender nie knoppies wat jy per ongeluk verkeerd gedruk het nie!!!

      Like

  2. Klink soos my ma en pa as hulle fone of die TV skielik “uitstel” en dan gewoonlik is dit so ou klein dingetjie… sterkte. Jeng, klink of julle klomp behoorlik lekker gekuier het.
    Mooi en geseende jaar vir jou en Ken.

    Liked by 1 person

    1. Dankie 😊 Ken konnie wag nie…. Telkom laat uitkom, en ja in die studeerkamer het Ken een of ander draad in verkeerde gaatjie ingedruk. Die skaal is gebreek… en die masjiene wag nog vir Marlé.

      Liked by 1 person

    1. Die skaal is gebreek 😕 My man het Telkom laat uitkim vandag…. sien nie kans vir my geselskap vir twee weke nie 😁 (skoonseun het oor die foon vir hom gesê hy moet maar met my gesels terwyl lyn af is.) Masjiene wag vir Marlé.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s