‘n Vakansie is ‘n wonderlike ding. Jy geniet hom verskriklik, jy wil jou dae rek sodat dit net nie moet omgaan nie, jy wil elke oomblik bewaar, maar iewers raak dit tyd vir huistoegaan. Iewers, behalwe dat die tyd verstreke is, begin jou liggaam vir jou sê: Dis tyd.
Selfs al hou jy hoé lekker vakansie, selfs al is jy omring met die beste mense in die wêreld, selfs al word jy behoorlik bederf en sien jy elke dag nuwe dinge, sê jy binneste iewers vir jou: Dis tyd.
Wanneer dit sulke tyd raak is snaaks nie meer snaaks nie, vreemd nie meer fraai nie, anders beslis anders, die koue wat jy as avontuur gesien het, nie meer ‘n avontuur nie. Sulke tyd begin jy terugverlang na jou bekende, jou plek, jou mense, jou klimaat, jou honde. Jy keuse van klere raak beperk, om die waarheid te sê, al die klere is inderwaarheid vuil en jy verlang na jou klere by die huis, selfs na jou wasmasjien! Ja, jy verlang na jou gerief wat jy volgens jou smaak vir jouself ingerig het. Jy verlang na jou eie kombuis waar jy kos op jou eie manier gaarmaak, jou eie ritme waar jy self besluit hoe en waar jy dinge doen. Jou eie bed. ‘n Regte boerebraai. Bredie. Eiers gebak presies soos jy daarvan hou.
Huistoegaantyd is ‘n wonderlike tyd. Dis die tyd wanneer jy jou eie omgewing die meeste waardeer, wanneer jy besef jy woon op die beste plek op aarde, wanneer jy weer dit wat joune is en dit wat jy doen, met nuwe oê bekyk, met nuwe durf en passie aanpak, nuwe idees toepas.
Dis ‘n tyd van dankbaarheid: Dankbaar vir die voorreg om te kon vakansie hou, maar ook dankbaar vir jou huis, jou plek, jou werk.
Mag elkeen wat bevoorreg is om ‘n bietjie ‘weg te kom’ van die normake roetine, ook die voorreg hê om nuut en vars en verfris terug te keer na hulle plekke.
Groetnis
Toortsie
Dis’n baie goeie beskrywing Toorts!!! Welkom terug op eie bodem…. dis nou wanneer julle hier land. 😊
LikeLike
Jy moet kyk. Ek het ook geskryf van my vriendin.
LikeLiked by 1 person
Ek sien niks nie 😯
LikeLike
Dis baie vreemd. By blogposts wys dit gepubliseer, maar as ek die blog oopmaak, wys dit nie. Ek het hom nou weer gepubliseer.
LikeLike
Ware woorde.Heerlik om so rond te gaan maar heerliker om te dink jy gaan huistoe. Geniet jou terugvlug.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Lank en verrr.
LikeLike
Dankie Toortsie. Soms is huis toe gaan nie lekker nie, maar sodra mens by die huis kom, is mens maar bly jy is terug.
LikeLiked by 1 person
Ja wat, dan maak jy weer die beste daarvan. 😁
LikeLike
Dankie, vir jou beskrywings! Aan die einde van so ‘n toer, besef mens die waarheid van “oos wes, tuis bes”.
LikeLiked by 1 person
Die besteding van vakansie is die huistoekom. 😁
LikeLike
Dis so waar. Is dit nie eienaardig nie? Ons hunker na avontuur en tog bly die “on-avontuurlike” die beste deel van die vakansie.
LikeLiked by 1 person
Vakansie laat jou weer jou natuurlike omgeeing geniet. Dis tog immers die omgewing wat jy vir jouself skep volgens jou eie smaak. 😁
LikeLiked by 1 person
Net so
LikeLiked by 1 person
Oegh en daai 1ste aand in jou eie, eie, eie bed is meer as hemels vir my xx
LikeLiked by 1 person
O ja! 😁
LikeLike