Ek het ‘n vriendin

Laurika Rauch sing: ‘Ek het ‘n vriendin.’ Ék het ook ‘n vriendin. Nee, ek het baie vriendinne, maar hierdie een is anders.

Met my hele toer is daar ‘n klompie mense wat daagliks die foto’s volg en op so ‘n manier ‘saam met ons toer’. Ek het ook sommer die eerste dag al ‘opdrag’ gekry van my FB om asseblief by te skryf waar en wat dit elke foto geneem is. Baie mense herleef hulle eie toere deur na die foto’s te kyk. Dankie, julle!

Maar Kameel is anders. Sy toer letterlik saam. Sy wag vir my voor die hoteldeur, sy laat weet as sy verslaap het! Gaan kyk ons ‘n ballet, is sy voor in die koor! Voor ons nog ‘n hotel bereik, het Kameel al, danksy Google, klaar deur die hotel gestap en die kamers besigtig. Besoek ons ‘n stad, lees en kyk Kameel alles wat besienswaardig is en op so ‘n manier toer sy saam. Sy bekyk die katedrale baie mooier en in detail as wat ek kan droom om te doen!

Dankie, Kaneel. Dankie aan almal wat saamtoer!

Toortsie

4 thoughts on “Ek het ‘n vriendin

  1. Ag Toorts ek moet vir jou dankie sê vir die saamtoer met julle. Dit was heerlik…. het dit gate uit geniet. Ek is klaar reg vir die volgende een 😊😊😊

    Like

Gesels saam, asseblief!